Washington, D.C.
is die administratiewe
hoofstad
van die
Verenigde State van Amerika
. "D.C." is 'n afkorting vir die Distrik Columbia (
Engels
:
District of Columbia
), die federale distrik, wat egter feitlik gelykstaan aan die stad Washington. Die stad is genoem na
George Washington
, die militere leier van die
Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog
en eerste
president van die Verenigde State
.
Die Distrik Columbia en die stad Washington word deur dieselfde munisipale regering beheer. Vir die meeste praktiese doeleindes word hulle tans as dieselfde politieke en geografiese eenheid beskou. In 1871 was Georgetown egter nog 'n selfstandige stad en daar was verskillende munisipale regsgebiede in die Distrik. Alhoewel daar 'n burgemeester en munisipale regering bestaan, oefen die Kongres die hoogste gesag in die Distrik uit, sodat die burgers 'n ander status en minder verteenwoordiging in die regering het as bewoners van ander deelstate.
Die Distrik Columbia dien as die sentrum van sowel die wetgewende en uitvoerende asook die regsprekende gesag van die Verenigde State. Die stad huisves daarnaas ook die hoofkwartiere van die
Wereldbank
, die
Internasionale Monetere Fonds
, die
Organisasie van Amerikaanse Lande
en ander nasionale en internasionale instellings. Washington, en veral sy National Mall, is die plek waar 'n groot aantal betogings en proteste plaasvind.
Talle nasionale besienswaardighede, monumente en museums maak van Washington, D.C. 'n gewilde toeristebestemming. Die stad staan in die VSA algemeen bekend as
D.C.
,
The District
of net
Washington
. Om verwarring met die
deelstaat
Washington
in die Noordwestelike Stille Oseaangebied te voorkom, word die stad dikwels D.C. genoem en die deelstaat
Washington State
.
Die Distrik Columbia het volgens 'n 2019-skatting van die VSA se Sensusburo 'n bevolking van 705 749. Die metropolitaanse gebied van Washington en
Baltimore
het 'n bevolking van meer as 8 miljoen en is die vierde grootste in die land. As 'n selfstandige deelstaat sou Washington, D.C. ten opsigte van sy oppervlakte die kleinste na
Rhode Eiland
wees, die vyftigste ten opsigte van sy bevolking (nog voor
Wyoming
), die eerste ten opsigte van sy bevolkingsdigtheid nog voor
New Jersey
en die 35ste ten opsigte van sy bruto geografiese produk.
'n Groot persentasie Washingtoners is nakomelinge van arm swart gesinne uit die suide wat hulle baie generasies gelede in die hoofstad gevestig het, in 'n tydperk toe regeringsinstellings die enigste werkgewers was wat ook swartmense vir goedbetaalde loopbane en gevorderde opleiding aangestel het. Ter geleentheid van regeringswisselings of nuwe kongresse vestig enkele duisend nuwe aankomelinge hulle steeds in die hoofstad, maar die oorgrote meerderheid van die inwoners is in ander bedrywe soos nywerhede en die opvoedkundige en sosiale sektor werksaam.
Die amptelike naam van die Amerikaanse hoofstad is
District of Columbia
.
Columbia
, afgelei van die seevaarder
Christophorus Columbus
se naam, was ten tyde van die naamgewing 'n algemene poetiese term vir Amerika.
[1]
Die stad Washington is genoem na
George Washington
, opperbevelvoerder tydens die
Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog
en die eerste
President van die Verenigde State
. Toe in 1871 die stede Washington en Georgetown, asook Washington County met die
District of Columbia Organic Act
ontbind is, is bepaal, dat die gebied van die distrik, waar die vorige stad Washington gelee was, die naam
Washington
sal behou.
[2]
As
pars pro toto
het
Washington, D.C.
die algemene benaming vir die hele distrik geword.
Die Distrik Columbia, wat op 16 Julie 1790 gestig is, is volgens die Verenigde State se Grondwet 'n federale distrik waaroor die Amerikaanse Kongres uiteindelike gesag het. 'n Groot deel van hierdie gesag is egter aan die munisipale owerhede oorgedra. Die land wat die federale distrik nou beslaan, het oorspronklik van die deelstate
Maryland
en
Virginie
gekom. 'n Gebied van sowat eenhonderd vierkante kilometer (39 vierkante myl) is in 1847 aan Virginie teruggegee en maak nou deel uit van die distrik Arlington en die stad Alexandria. Na 1847 het die gebied van die distrik uitsluitend uit land bestaan, wat vroeer deel uitgemaak het van Maryland.
Gedurende die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog het die Amerikaanse Kongres meestal in
Philadelphia
vergader, die grootste stad in die destydse dertien kolonies. Die afgevaardigdes was egter nie oortuig daarvan dat die plaaslike owerhede in staat sou wees om moontlike gewelddadige betogings onder bedwang te bring nie en het in 1783 besluit om 'n nuwe hoofstad op te rig, wat nie deel sou uitmaak van 'n bestaande deelstaat nie. In 1787 het die Amerikaanse stigtingsvaders die idee van 'n federale distrik met 'n oppervlak van tot eenhonderd vierkante myl ontwikkel, waarin die Kongres die eksklusiewe wetgewende gesag sou uitoefen.
Die Kongres het drie jaar lank 'n aantal voorstelle vir 'n nuwe hoofstad oorweeg. Aanvanklik is geskikte rivierhawens langs die Atlantiese kus in oorweging geneem, waarby die noordelike deelstate ten gunste van 'n plek teen die
Delaware
- of Susquehanna-rivier was, terwyl die Suidstate die voorkeur aan die Potomac gegee het.
Gedurende 'n dinee wat deur
Thomas Jefferson
gehou is, het
James Madison
en
Alexander Hamilton
ooreengekom dat die nuwe hoofstad van die Verenigde State in die suide opgerig sou word ? in ruil vir die Suidstate se toestemming tot die oorname van oorlogs-skuldlaste deur die federale regering. Die stad is deur Pierre Charles L'Enfant, 'n majoor in die Amerikaanse leer, in die barokstyl ontwerp, met bree straalvormige lane, hoofstrate en verkeersirkels, wat uitsigte op belangrike bakens en geboue gebied het.
Die aanvanklike uitleg van die "Federale Distrik" was in die vorm van 'n gelykvormige diamant met 'n sylengte van sestien kilometer of tien myl en 'n totale oppervlakte van 256 vierkante kilometer (100 vierkante myl). Die plek teen die Potomac-rivier is deur President Washington gekies ? vermoedelik vanwee sy landskap, wat uiters geskik was vir 'n toekomstige waterweg, en omdat hy self in die Potomac-gebied woonagtig was. Dit was bowendien 'n kompromis wat sowel noordelike asook suidelike deelstate tevrede gestel het. Die stad is op 9 September 1791 amptelik "Washington" genoem. Met sy kenmerkende beskeidenheid het George Washington na die hoofstad nooit as Washington verwys nie, maar dit liewer "die Federale Stad" genoem. Alhoewel hy die plek self gekies en in die nabygelee Mount Vernon gewoon het, het hy nouliks besoek aan die stad afgele. Die Federale Distrik is "Columbia" genoem ? afgelei van die poetiese naam
Columbia
, wat destyds as sinoniem vir die Verenigde State gebruik is.
Aanvanklik het die Distrik Columbia vier verskillende seksies beslaan, waarvan die stad Washington net een was. Die ander drie was die Alexandria-distrik, Georgetown en die Washington-distrik. Georgetown het binne sy huidige grense gele. Alexandria het uit gedeeltes van die huidige stad Alexandria, asook die huidige Arlington-distrik in die deelstaat Virginie bestaan. Die stad Washington het die grootste deel van sy huidige gebied beslaan, maar het in die weste slegs tot by die huidige Rock Creek Park en in die noorde slegs tot by Floridalaan en Benningstraat gestrek. Floridalaan is destyds
Boundary Street
genoem. Die Washington-distrik het die res van die gebied beslaan.
In 1791?92 het Andrew Ellicott en Benjamin Banneker die grense van die Distrik met Maryland en Virginie opgemeet en by elke mylpaal grensstene geplaas, waarvan baie tot vandag bewaar is. Die hoeksteen van die Withuis, die eerste nuut opgerigte gebou van die nuwe hoofstad, is op 13 Oktober 1792 gele ? een dag na die eerste plegtige viering van Columbusdag op die 300ste verjaarsdag van die ontdekking van Amerika.
In een van die merkwaardigste strooptogte van die
Engels-Amerikaanse Oorlog
van die jaar 1812 het die Britte op 24 Augustus 1812 die Amerikaanse hoofstad aan die brand gesteek ? as vergelding vir 'n Amerikaanse aanval in die
winter
, waartydens die stad York (die huidige
Toronto
) geplunder en neergebrand is en wat talle Kanadese dakloos gelaat het. President
James Madison
en die Amerikaanse troepe het gevlug voordat die Britse soldate Washington ingeneem en sy openbare geboue, waaronder die Kapitool, die
Withuis
en die gebou van die Departement van Finansies, afgebrand het.
Die arsenaal van die
Amerikaanse Vloot
is deur matrose afgebrand om te voorkom dat die skepe en voorrade in Britse hande sou val. Die huis van die Kommandant van die Marinekorps is as een van min regeringsgeboue deur die Britse soldate gespaar ? as 'n teken van respek. Dit is tans een van die oudste openbare geboue wat nog steeds in gebruik is.
Tydens die besetting het 'n
orkaan
, wat ook 'n
tornado
ingesluit het, oor die gebied getrek en sowel skade by die Britse troepe asook in die Amerikaanse hoofstad berokken. Die storm het vinnig verswak, maar was voldoende om die vlamme te blus. Die Britte het Washington 26 ure lank beset en was daarna binne 'n week op pad na hul volgende teiken, Baltimore.
Gedurende die 1830's is een van die grootste slawehandelstransaksies in die land in die Federale Distrik deurgevoer. Die hawestad Georgetown was 'n groot mededinger vir Alexandria en uit vrees dat die
slawerny
in die hoofstad afgeskaf sou word, het die bevolking van die Alexandria-distrik in 1846 in 'n referendum gestem waarmee die Kongres oorreed is om Alexandria op 9 Julie van daardie jaar weer by die deelstaat Virginie in te lyf.
Tot by die uitbreek van die
Amerikaanse Burgeroorlog
in 1861 het Washington 'n klein stad gebly ? volgens die sensus van 1860 het sy bevolking 75 000 beloop. As gevolg van die krygsvoering en die gepaardgaande administratiewe laste het die bevolking vinnig toegeneem. In 1870 was daar reeds 132 000 inwoners in die distrik.
In Julie 1864 het Gekonfedereerde troepe onder die bevel van generaal Jubal Anderson Early 'n aanval op Washington geloods, maar hulle is in die Slag van Fort Stevens afgeweer en Early het uiteindelik na die Shenandoah-vallei teruggekeer. Dit was die enigste slag in die Verenigde State waartydens 'n president,
Abraham Lincoln
, onder vyandelike vuur gekom het.
In die vroee 1870's het Washington 'n streekregering gekry, maar die goewerneur Alexander Robey Shepherd het bekend gestaan vir verkwisting en uiteindelik het die Kongres sy amp afgeskaf en die hoofstad weer regstreeks beheer ? 'n politieke toestand wat vervolgens 'n eeu lank voortgeduur het. In 1878 het die Kongres 'n Organiese Wet goedgekeur waarmee die grense van die stad Washington en die van die Distrik van Columbia saamgeval het. Die distrik Washington is hierdeur ontbind, terwyl Georgetown ten minste nominaal 'n aparte gebied gebly het, totdat dit in 1895 met Washington versmelt het.
Die Washington-monument is in 1888 ingewy. Daar was planne om die monumentele aspekte van die stad deur argitektoniese bydraes van bekende persoonlikhede soos Frederick Law Olmsted en Daniel Burnham verder te ontwikkel. Die boubedrywighede vir die Lincoln-gedenkteken en ander geboue op die National Mall het egter eers in die vroee 20ste eeu begin.
Die bevolking van die Federale Distrik het in 1950 sy historiese maksimum van 802 178 bereik. Washington was destyds op agt na die grootste stad in die VSA, nog voor
Boston
en op een na
St. Louis
,
Missouri
. As gevolg van die grootskaalse verhuising na die voorstede het die inwonertal in die volgende dekades net soos in ander ouer stedelike sentrums begin krimp.
Met die 22ste verandering aan die Amerikaanse Grondwet, wat op 29 Maart 1961 bekragtig is, het die inwoners van Washington stemreg in die presidentsverkiesings gekry en hulle stemme is voortaan in die Amerikaanse kieskollege getel, so lank as wat Washington nie meer stemme in die kieskollege het as die deelstaat met die kleinste bevolking nie.
Na die moord op die burgerregte-aktivis
Martin Luther King jr.
in
Memphis
(
Tennessee
) op 4 April 1968 het swaar onluste in sommige dele van die stad uitgebreek. Die geweldpleging het vier dae lank voortgeduur en 'n aantal geboue is aan die brand gesteek. Op een punt het die geweldplegers tot twee straatsblokke van die Withuis af gevorder. President
Lyndon B. Johnson
het 13 000 federale troepe ontplooi wat die hoofstad beset het ? die grootste dergelike operasie in die VSA sedert die Burgeroorlog. Dit het Washington jare geneem om van die onluste te herstel.
Een van die belangrikste projekte wat mense hulle weer in die middestad laat vestig het, was die bou van Washington se moltreinstelsel. Sy eerste lyn met 'n lengte van 7,4 kilometer (4,6 myl) is op 27 Maart 1976 geopen.
In 1973 het die Kongres die selfregering van die Distrik Columbia en die herorganisasie van die munisipale bestuur verorden, wat op 'n nuwe stelsel met 'n verkose burgemeester en 'n stadsraad vir die Distrik uitgeloop het. Walter Washington het in 1975 die eerste verkose burgemeester van die Distrik geword. Marion Barry, wat in 1979 as sy opvolger verkies is, is op 18 Januarie 1990 deur die federale polisie
FBI
in hegtenis geneem en is later ses maande tronkstraf opgele. Barry se opvolger, Sharon Pratt Kelly, het die eerste vroulike burgemeester in 'n groot Amerikaanse stad geword, maar is deur Barry in die voorverkiesing van die jaar 1994 verslaan. Barry is vervolgens vir 'n vierde ampstermyn verkies, waartydens Washington byna insolvent geraak het en gedwing is om sy munisipale gesag gedeeltelik aan 'n finansiele kontrolebestuur af te staan, wat deur die Kongres benoem is. Anthony A. Williams, wat in 1998 as burgemeester verkies is, het die stad weer op 'n pad van fiskale dissipline gebring. Dit was een van die gasheerstede tydens die
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 1994
. Tydens die
FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2026
sal weer wedstryde hier aangebied word.
Volgens die Verenigde State se Sensusburo het die stad 'n totale oppervlak van 177 vierkante
kilometer
(68,3 vierkante myl), waarvan 159 vierkante kilometer (61,4 vierkante myl) land en 18 vierkante kilometer (6,9 vierkante myl) of 10,16 persent water is.
Washington word begrens deur die deelstate Maryland in die suidooste, noordooste en noordweste en Virginie in die weste. Die stad onderbreek die twee deelstate se gemeenskaplike grens langs die Potomac-rivier se suidoewer. Die rivierloop van die Potomac maak hier ten volle deel uit van die Distrik Columbia. Die twee ander natuurlike strome in die Distrik, Anacostia en Rock Creek, is takriviere van die Potomac. Mensgemaakte damme sluit Dalecarlia Reservoir aan die noordwestelike grens met Maryland, McMillan Reservoir naby die Howard-Universiteit en Georgetown Reservoir noord van Georgetown in.
Die hoogste punt van die Distrik Columbia met 'n hoogte van 125 meter (410 voet) bo seevlak le in Tenleytown. Seevlak is die laagste punt langs die oewers van die Anacostia- en Potomac-riviere. Die Tidal Basin, wat op seevlak le, het tydens Orkaan Isabel op 18 September 2003 met elf voet gestyg.
Belangrike geografiese plekke in die Distrik is Theodore Roosevelt-eiland, Columbia-eiland, die Drie Susters (
Three Sisters
) en Hains-punt.
Washington is gelee op die noordelike periferie van die vogtige subtropiese klimaatsone en sy klimaat het die tipiese kenmerke van die Mid-Atlantiese Streek van die VSA, met vier vasgestelde seisoene. Die somers is gewoonlik baie warm en vogtig, met gemiddelde maksimumtemperature tussen 30 en 33 °C in Julie en Augustus. Weens die kombinasie van hitte en lugvogtigheid ervaar die gebied in die
somer
talle donderstorms, waarvan sommige tot tornado's kan ontwikkel. Lente en najaar word deur gematigde temperature gekenmerk, met gemiddelde maksimumtemperature van sowat 20 °C in April en Oktober.
Koel temperature oorheers in die winter en daar is soms
sneeuvalle
. Temperature beweeg van mid-Desember tot mid-Februarie tussen 'n gemiddelde minimum van -6 tot -2 °C en 'n gemiddelde maksimum van 4 tot 8 °C. Die gemiddelde jaarlikse sneeuvalle is 381 millimeter (15 duim). Die hoogste temperatuur, wat ooit aangeteken is, was 41 °C (106 °F) op 20 Julie 1930 en 6 Augustus 1918, die laagste -26 °C (-15 °F) op 11 Februarie 1899.
Lentetyd
tussen laat Maart en die middel van Mei is gewoonlik baie aangenaam, met 'n lae lugvogtigheid, gematigde temperature en bloeisels van onder meer Washington se
Japannese
kersiebome. Terwyl orkane in die laat somer en vroee najaar dikwels deur die gebied van Washington trek, het hulle meestal reeds verswak voordat hulle die Federale Distrik bereik.
Weergegewens vir Washington, D.C.
|
Maand
|
Jan
|
Feb
|
Mar
|
Apr
|
Mei
|
Jun
|
Jul
|
Aug
|
Sep
|
Okt
|
Nov
|
Des
|
Jaar
|
Gemiddelde maksimum (°C)
|
5,8
|
8,0
|
13,1
|
19,3
|
23,9
|
28,8
|
31,1
|
30,3
|
26,3
|
20,1
|
14,2
|
7,8
|
19,1
|
Gemiddelde minimum (°C)
|
?4,5
|
?3,3
|
0,5
|
5,6
|
10,7
|
16,1
|
18,6
|
17,9
|
13,5
|
6,6
|
1,8
|
?2,7
|
6,7
|
|
Neerslag (mm)
|
68,1
|
69,6
|
85,9
|
88,1
|
115,6
|
101,1
|
93,2
|
89,7
|
99,6
|
82,6
|
86,6
|
75,2
|
1 055,3
|
Reendae (
d
)
|
9,9
|
9,0
|
10,5
|
10,7
|
12,2
|
10,9
|
10,8
|
9,4
|
8,7
|
7,6
|
9,1
|
9,9
|
118,7
|
Bron: World Weather Information Service
[3]
|
Die Potomac-rivier is die enigste rivier in 'n groot Amerikaanse
metropool
waarvan die natuurlike loop nooit verander is nie. Die rivier was van oudsher die ekonomiese lewensaar van Washington. Die rivierhawe het in die laat 18de eeu meer tabakuitvoere gehanteer as enige ander hawe in die land. Later het die bou van die Chesapeake & Ohio-kanaal, wat Georgetown met nedersettings in die binneland verbind het, die ekonomiese groei van die hoofstad bevorder.
Weens verhoogde vlakke van rivierbesoedeling kon die Potomac egter reeds vanaf 1894 nie meer as badplek gebruik word nie. Die bakteriele besmetting van die rivierwater was in 1971 so erg dat die owerheid bewoners aangeraai het om enige kontak daarmee te voorkom. In die volgende jare is omgewingsprogramme ingestel sodat die Potomac intussen weer 'n natuurlike habitat van talle
vis
- en
voelspesies
en 'n ontspanningsgebied vir hoofstadbewoners vorm waar 'n verskeidenheid watersporte uitgeoefen word.
Op 1 Julie 2014 het Washington volgens 'n skatting van die Amerikaanse Sensusburo 'n bevolking van 658 893 getel. Die bevolking van die metropolitaanse gebied van Groter Washington, wat ook aangrensende gebiede in Maryland en Virginie behels, het in 2003 5,8 miljoen beloop. Weens die groot aantal pendelaars (410 000) uit ander deelstate styg die plaaslike bevolking bedags tot meer as 980 000 ? dit is die grootste relatiewe persentasie pendelaars in vergelyking met die totale beroepsbevolking van alle groot Amerikaanse stede. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van 'n huishouding was VSA-$ 40 127, die van 'n gesin VSA-$ 46 283 en die per-capita-inkomste VSA-$ 28 659. Sowat 20,2 persent van die totale bevolking en 16,7 persent van alle gesinne het onder die broodlyn geleef.
Van die bevolking was 58,04 persent swartes, 39,02 persent blankes, 3,59 persent Asiate, 0,92
Indiane
en 0,14 persent Pasifiese Eilanders. Die meeste blankes is van Britse afkoms. Volgens die sensus van 2000 praat 83,42 persent van die bewoners wat vyf jaar of ouer is, Engels, 9,18 persent
Spaans
en 1,67 persent gebruik
Frans
as huistaal. Danksy die meer as 180 ambassades en enkele honderd internasionale organisasies, asook die internasionale gewildheid van die plaaslike universiteite onder buitelandse studente, is daar 'n relatief groot aantal buitelanders in die stad. In 2001 was 72 persent van die bevolking
Christene
(waarvan 27 persent
Rooms-Katolieke
, 19 persent Baptiste, en 26 persent lede van ander Protestantse denominasies), 13 persent ongebonde, 4 persent Boeddhiste, 2 persent
Moslems
en 1 persent
Jode
.
Die metropolitaanse gebied van Washington het saam met die van
Los Angeles
die grootste verkeersprobleme in die land ? in 2007 het pendelaars in Washington hulself 'n gemiddelde 60 uur in verkeersophopings bevind.
[4]
Nogtans maak 37,7 persent van alle pendelaars in Washington gebruik van openbare vervoer ? die tweede hoogste persentasie in die VSA.
[5]
Die stad se snelvervoerstelsels
Metrorail
(waarna dikwels kort as "The Metro" verwys word) en
Metrobus
word deur die
Washington Metropolitan Area Transit Authority (WMATA)
bestuur. Die roetes van hierdie moltrein- en busstelsel dek naas die Distrik van Columbia ook aangrensende voorstede in die deelstate Maryland en Virginie.
Metrorail
, wat op 27 Maart 1976 amptelik ingewy is, behels tans 86 stasies en moltreinspore met 'n totale lengte van 106,3 myl.
[6]
Metrorail
is na New York Stad se
New York City Subway
die tweede besigste moltreinnetwerk in die land met 'n gemiddeld van 950 000 passasiers op werkdae.
WMATA
verwag dat teen die jaar 2030 sowat 'n een miljoen passasiers per dag gebruik sal maak van die
Metrorail
-stelsel en is dus genoodsaak om sy kapasiteit uit te brei. Oorspronklike planne om 220 nuwe moltreinwaens by die huidige vloot te voeg en treinfrekwensies beter by pendelaars se behoeftes aan te pas word tans heroorweeg. Die bevolkingsgroei in die gebied het aanleiding tot planne gegee om twee nuwe Metro-lyne en 'n nuwe tremstelsel in voorstedelike gebiede te bou.
Die aangrensende distrikte beskik oor hul eie plaaslike busstelsels soos Montgomery County se
Ride On
wat by
WMATA
se dienste aansluit.
Metrorail
,
Metrobus
en alle plaaslike busstelsels maak gebruik van 'n gemeenskaplike treinpas,
SmarTrip
, wat as elektroniese betaalkaart dien.
Washington se
Union Station
is die tweede besigste treinstasie in die Verenigde State na New York se
Pennsylvania Station
en dien as die terminus vir die spoorwegmaatskappy
Amtrak
se
Northeast Corridor
en
Acela Express
-treindienste. Maryland se
MARC
-trein en Virginie se
Virginia Railway Express
-pendelaarstreindienste bied eweneens vervoer na
Union Station
aan.
Belangrike verskaffers van interstedelike busdienste sluit onder meer
Greyhound Lines
,
Peter Pan Bus Lines
,
BoltBus
en
Megabus
in.
Die metropolitaanse gebied van Washington beskik oor drie lughawens waarvan een in Maryland en twee in Virginie gelee is. Die Nasionale Ronald Reagan Washington-lughawe is digby die middestad van Washington net oorkant die Potomac-rivier in Arlington County, Virginie gelee en tans die enigste lughawe in die gebied wat oor sy eie Metrorail-stasie beskik. Vanwee sy ligging naby die stad is 'n stelsel van veiligheidsmaatreels volgens die voorskrifte van die
Washington Air Defense Identification Zone
ingestel, terwyl ook beperkings op die lughawe se vliegtuiggeraas geplaas is. Aangesien die Nasionale Reagan-lughawe nie oor amptelike doeane- en grensbeveiliging (
U.S. Customs and Border Protection
) beskik nie, kan dit slegs internasionale vlugte na en vanuit lughawens hanteer wat spesiale vooraf-grenskontroles vir passasiers op pad na die Verenigde State het (waaronder bestemmings in Kanada en in die
Karibiese Seegebied
).
Die meeste internasionale vlugte land op en vertrek van Washington se
Dulles Internasionale Lughawe
wat 26,3 myl (42,3 km) wes van die stad in Fairfax County en Loudoun County, Virginie gelee is. Hierdie lughawe is die belangrikste basis vir die Amerikaanse lugdiens
United Airlines
in die oostelike Verenigde State, terwyl die lugdienste
Southwest Airlines
en Airtran Airways die
Baltimore-Washington Thurgood Marshall Internasionale Lughawe
31,7 myl (51 km) noordoos van Washington as een van hul hooflughawens gebruik.
Bekende bakens en museums
[
wysig
|
wysig bron
]
Washington spog met talle nasionale monumente en is een van die gewildste toeristebestemmings in die Verenigde State. Die National Mall is 'n uitgestrekte oop ruimte met baie monumente van Amerikaanse leiers aan weerskante. Daarnaas dien dit as 'n regstreekse verbinding tussen die Withuis en die Kapitool-geboue. In die sentrum van die Mall le die Washington-monument. Ander belangrike besienswaardighede in die gebied sluit die Jefferson-monument, die Lincoln-monument, die
Franklin Delano Roosevelt
-monument, die Nasionale Monument van die
Tweede Wereldoorlog
, die Monumente vir die Veterane van die
Korea-
en die
Vietnamoorlog
, die Oorlogsmonument van die Distrik Columbia en die
Albert Einstein
-gedenkteken.
Die wereldbekende
Smithsonian Institution
is tans 'n vereniging van museums, waaronder die Anacostia-museum, die Arthur M. Sackler-galery, die Hirshhorn-museum, die Nasionale Lug- en Ruimtevaartmuseum, die Nasionale Museum van die Amerikaanse Geskiedenis, die Nasionale Museum van die Amerikaanse Indiane, die Nasionale Natuurhistoriese Museum, die Nasionale Portretgalery, die Nasionale Posmuseum, die Smithsonian-museum vir Amerikaanse Kuns, die Renwick-galery en die Nasionale Dieretuin.
Washington besit verder 'n groot aantal kunsmuseums soos die Nasionale Kunsgalery, die Nasionale Museum van Vroue in die Kunslewe, die Corcoran-Kunsgalery en die Phillips-Versameling.
Die Kongresbiblioteek en die Nasionale Argiewe huisves duisende dokumente uit elke tydperk van die Amerikaanse geskiedenis, waaronder die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring, die Amerikaanse Grondwet en die Wet van Menseregte (
Bill of Rights
).
Die Distrik Columbia beheer sy eie biblioteekstelsel met 27 takbiblioteke dwarsoor die stad. Die hoofbiblioteek, 'n meerverdiepingsgebou van staal en glas by die kruispunt van 9de en G-Straat, Noordwes, is deur die
modernistiese
Duits
-gebore argitek
Ludwig Mies van der Rohe
ontwerp en staan bekend as Martin Luther King jr.-Gedenkbiblioteek. 'n Groot muurskildery in die hoofsaal beeld die burgerregte-aktivis uit.
Ander bekende besienswaardighede in Washington is die Arena Stage, die Basiliek van die Nasionale Heiligdom van die Onbevlekte Ontvangenis, die Blair-huis, die Katedraal van Sint-Mattheus die Apostel, die Folger-Shakespeare-biblioteek, die Ford-teater, die Nasionale Historiese
Frederick Douglass
-monument, die Internasionale Spioenmuseum, die Nasionale Boumuseum, Die
National Geographic Society
, die
Awakening at Hains
-punt, die Ou Poskantoor,
Theodore Roosevelt
-eiland, die Verenigde State se
Holocaust
-Gedenkmuseum en die
Nasionale Katedraal van Washington
.
- Bangkok
,
Thailand
, sedert 1962.
[7]
- Dakar
,
Senegal
, sedert 1980.
[7]
- Beijing
,
Volksrepubliek China
, sedert 1984.
[7]
- Brussel
,
Belgie
, sedert 1985.
[7]
- Athene
,
Griekeland
, sedert 2000.
[7]
- Parys
,
Frankryk
, sedert 2000.
[7]
- Pretoria
,
Suid-Afrika
, sedert 2002.
[7]
- Seoel
,
Suid-Korea
, sedert 2006.
[7]
- Accra
,
Ghana
, sedert 2006.
[7]
- Sunderland
,
Verenigde Koninkryk
, sedert 2006.
[7]
- Rome
,
Italie
, sedert 2011.
[7]
- Ankara
,
Turkye
, sedert 2011.
[7]
- Brasilia
,
Brasilie
, sedert 2013.
[7]
- Addis Abeba
,
Ethiopie
, sedert 2013.
[7]
- San Salvador
,
El Salvador
, sedert 2018.
[7]
- ↑
(
en
)
"Washington, D.C. History F.A.Q."
Historical Society of Washington, D.C. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 9 Februarie 2023
. Besoek op
9 Februarie
2023
.
- ↑
(
en
)
"A Century of Lawmaking for a New Nation: U.S. Congressional Documents and Debates, 1774?1875, Statutes at Large, 41st Congress, 3rd Session, Page 419 of 1314"
.
Biblioteek van die VSA-kongres
. Besoek op
15 Junie
2016
.
- ↑
(
en
)
"Washington DC"
. World Weather Information Service.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 12 September 2018
. Besoek op
17 September
2017
.
- ↑
(
en
)
Jonathan Mummalo:
A Ranking Writ in Brake Lights: D.C. 2nd in Traffic
. In:
Washington Post
- ↑
(
en
)
New Yorkers are top transit users
. In:
money.cnn.com
- ↑
(
en
)
WMATA Facts
Geargiveer
13 Januarie 2010 op
Wayback Machine
- ↑
7,00
7,01
7,02
7,03
7,04
7,05
7,06
7,07
7,08
7,09
7,10
7,11
7,12
7,13
7,14
(
en
)
"DC Sister Cities"
. Washington, D.C
. Besoek op
21 Mei
2024
.
- (
en
)
Abbott, Carl:
Political Terrain: Washington, D.C., from Tidewater Town to Global Metropolis
. Chapel Hill: University of North Carolina Press 1999
- (
en
)
Bowling, Kenneth R.:
The Creation of Washington, D.C.: The Idea and Location of the American Capital
. Fairfax, Va.: George Mason University Press 1991
- (
en
)
Cary, Francine (uitg.):
Urban Odyssey: A Multicultural History of Washington, D.C.
Washington, D.C.: Smithsonian Institution Press 1996
- (
en
)
Reps, John William:
Washington on View: The Nation's Capital Since 1790
. Chapel Hill: University of North Carolina Press 1991
- Toerisme
- Amptelike webtuistes
- Ensiklopediese inligting
- Buurte
- Geskiedenis