in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tanganjika
(
Engels
en
Swahili
:
Tanganyika
) was 'n republiek in
Oos-Afrika
binne die
Britse Statebond
en vernoem na die
Tanganjika-meer
wat die land se westelike grens vorm. Op
26 April
1964
het dit saam met die eilande van
Zanzibar
saamgesmelt om die
Verenigde Republiek van Tanzanie
te vorm.
Die naam het vir die eerste keer verskyn as die "Mandaatgebied van Tanganjika", wat van die kolonie
Duits-Oos-Afrika
gevorm is. In 1922, na die
Eerste Wereldoorlog
, is dit deur die
Volkebond
as 'n mandaat aan
Brittanje
toegeken.
Die land het in
1946
'n "trougebied" van die
Verenigde Nasies
geword, hoewel dit steeds deur die
Verenigde Koninkryk
regeer is. Tanganjika het egter op
9 Desember
1961
onafhanklikheid verkry en die "Republiek van Tanganjika" (
Swahili
:
Jamhuri ya Tanganyika
) is 'n halfjaar later, op
9 Junie
1962
, gestig.