Innocentius IV
was die 180ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1243
tot
1254
na 19 maande
sedis vacatio
.
Pous Innocentius IV
[1]
is gebore as
Sinibaldo de Fieschi
in Manarola,
Italie
. Hy behoort aan die feodale familie van die Fieschi, grawe van Lavagna in Ligurie. Hy het regte gestudeer in Parma en Bologna en was een van die beste kenners van die kerkreg van sy tyd. Voor sy verkiesing as pous was hy kanselier van die kerk van
1227
tot
1228
, kardinaal-priester van St. Lorenzo in Lucina (vanaf
23 September
1227
) en goewerneur van Ancona (van Desember
1234
tot
1240
). Hy was ook verkies tot biskop van Albenga in
1235
, maar het bedank in
1238
voordat hy ooit in die amp bevestig is. Op
25 Junie
1243
[2]
volg hy
Pous Celestinus IV
op en regeer tot sy dood op
7 Desember
1254
. Hy word opgevolg deur
Pous Alexander IV
.
Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'.
Pous Innocentius IV
[3]
is met algemene stemme tot pous verkies op die konklaaf in Anagni op
25 Junie
1243
. Keiser Frederik II wat deur sy voorganger Pous Celestinus IV
geekskommunikeer
is, het opgemerk dat hy 'n kardinaal as vriend verloor het en 'n pous as vyand by gekry het. Op
31 Maart
1244
skryf die keiser 'n brief aan die pous om hulle stryd by te le, maar dit het nie gehelp nie omdat die keiser nie aan die pous onderhorig wou wees nie en voortgegaan het om onrus in Rome te stook.
Omdat sy posisie in
Rome
nie seker was nie het Innocentius in die somer van 1244 na
Genua
gevlug en vandaar na
Lyon
, waar hy op
24 Junie
1245
die dertiende algemene konsilie bymekaar geroep het. Die meeste deelnemers was egter uit
Spanje
en
Frankryk
. Keiser Frederik is verdedig deur Taddeo van Suessa, maar hy kon nie voorkom dat Frederik afgeset is nie. Dit het heelwat onrus in
Europa
veroorsaak, maar dit het bedaar met Frederik se dood op
13 Desember
1250
. Die pous kon toe terugkeer na Perugia waar hy vertoef van
1251
tot
1253
, waarna hy na Rome terugkeer.
Brief van Guyuk aan Pous Innocentius IV.
Op
16 April
1245
stuur die pous 'n
bul
met sy gesante Giovanni da Pian del Carpine en Benedictus van
Pole
, na die Mongoolse Khan. Hy vra die Mongoolse leier om Christen te word en om op te hou om Europa te bedreig. Die Kahn Guyuk skryf in
1246
terug in Persies in 'n brief, wat nog bewaar word in die Vatikaan se biblioteek, dat die pous en die ander heersers van Europa hulle aan hom moet onderwerp. Innocentius het ook 'n ander gesant Ascelin van Lombardye met ander briewe gestuur. Die gesant het die Mongoolse leier Baichu, by die
Kaspiese See
ontmoet. Baichu het dieselfde antwoord gegee as Guyuk, maar het twee gesante, Aibeg en Serkis, na die pous in Lyons gestuur. Hulle het die pous in
1248
ontmoet en die pous het weer gevra dat hulle moet ophou om
Christene
dood te maak.
[4]
Struwelinge met die Europese vorste
[
wysig
|
wysig bron
]
'n Groot deel van sy lewe het Pous Innocentius IV daaraan gewy om Manfred die buite-egtelike seun van keiser Frederik II te laat onttroon. Die pous wou die Koninkryk van Sisilie by die Pouslike Staat inlyf, maar het ekonomiese en politieke mag daarvoor gekort. Nadat sy ooreenkoms met Karel van Anjou skipbreuk gelei het, het hy Sisilie op
14 Mei
1254
aan Edmund Lancaster, die nege-jarige seun van
Hendrik III van Engeland
gegee. In dieselfde jaar het die pous Frederik se ander seun, Koenraad IV, koning van Duitsland, geekskommunikeer. Koenraad sterf egter 'n paar dae later. Innocentius verhuis toe na Anagni om Manfred se reaksie af te wag. Koenraad se seun Koenradin is in die koning se testament aan die pous toevertrou vir opvoeding. Manfred het toegegee en die pous maak hom pouslike vikaris vir Suid Italie. Op
27 Oktober
1254
vier die pous sy oorwinning met 'n triomfantelike intog in
Napels
. Manfred het egter gou sy Saraseense troepe bymekaar gemaak en op
2 Desember
1254
verslaan hy die pouslike troepe by Foggia.
Pous Innocentius IV word verder onthou sy "Apparatus in quinque libros decretalium" ('n versameling wetboeke) en die pouslike bul "Ad exstirpanda" in
15 Mei
1252
wat state die reg gegee het om ketters te folter solank dit nie die dood of ernstige letsel tot gevolg gehad het nie. Die bul word jare lank deur die
Inkwisisie
gebruik.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|