in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Siricius
was die 38ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Siricius is 'n
Romein
, die seun van
Tiburtius
waarskynlik gebore in die jaar
334
. Op
17 Desember
384
volg hy
Pous Damasus I
op en regeer tot sy dood op
26 November
399
. Hy was die eerste biskop van Rome wat die titel Pontifex Maximus (
Pous
) gedra het. Hy word opgevolg deur
Pous Anastasius I
. Die naam ‘Siricius’ beteken “uit Siris”.
Sy verkiesing is bekragtig deur keiser
Valentianus III
in 'n brief aan
Pinius
op
23 Februarie
385
.
Teenpous Ursinus
het toe nog geleef en aan sy amp bly vasklou.
Aan die begin van sy pontifikaat het
Himerius van Tarragona
in
Spanje
'n brief aan die pous geskryf met vrae oor die doop, boetedoening, kerklike dissipline en die
selibaat
. Siricius het die brief beantwoord op
10 Februarie
385
waarin hy die vrae beantwoord met volle besef van sy verantwoordelikheid as die oppergesag in die kerk. Die brief is die oudste pouslike dekreet wat behoue gebly het.
'n Sinode is in Rome gehou op
6 Januarie
386
waar kerklike dissipline vasgele is. Die pous het in al sy dekrete sy verantwoordelikheid as oppergesag van die kerk en die pastorale sorg vir al die
Christene
bevestig. Siricius het hard opgetree teen verskeie ketters. Hy het
Jovianus
en biskop
Bonosus van Sardica
veroordeel.
Tydens sy pontifikaat is die basiliek van
Paulus voor die Mure
op die
Via Ostiensis
gebou deur die keiser en in
390
deur die pous ingewy.
Siricius word as
heilige
vereer in die
Rooms-Katolieke Kerk
. Sy feesdag is op
26 November
.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
ISBN 0-85323-545-7
- Liber Pontificalis, ed; DUCHESNE, I, 216?17
- COUSTANT, Epist. Roman. Pont., I
- JAFFE, Reg. Pont. Rom., I, 2nd ed, 40?42
- BABUT, La plus ancienne Decretale (PARIS, 1904)
- LANGEN, Gesch. der rom. Kirche, I (Bonn, 1881), 611 sqq.
- RAUSCHEN, Jahrb. der christl. Kirche (Freiburg, 1897)
- GRISAR, Gesch. Roms u. der Papste, I, passim
- HEFELE, Konziliengesch., II, 2nd ed., 45?48, 51.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Siricius
.
|
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing
in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Saamgestel uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wiki’s.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|