Paulus II
was die 211de
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1464
tot
1471
. Hy was 'n kardinaal-nepoot van
Pous Eugenius IV
en die oom van beroemde kardinale Marco Barbo, Giovanni Battista en Giovanni Michiel.
Pous Paulus II
[1]
is gebore as
Pietro Barbo
op
23 Februarie
1417
in
Venesie
,
Italie
. Hy was die seun van Niccolo Barbo, 'n ryk handelaar van Venesie en sy vrou Polixena Condulmer, 'n suster van
Pous Eugenius IV
. Hoewel hy opgelei was in buitelandse handel, besluit hy, nadat sy oom
pous
geword het, om 'n kerklike loopbaan te volg. Aan die pouslike hof volg hy kerklike studies en word in 1436 benoem as aartsdeken van
Bologna
. Hy word vervolgens biskop van
Cervia
en Vicenza en op
1 Julie
(of
4 Julie
)
1440
kardinaal-diaken van Santa Maria Nuova.
Tydens sy oom se bewind het hy verskeie belangrike poste in die Vatikaan beklee, onder andere lid van die kommissie vir die heiligverklaring van Bernardinus van Siena en hy was camerlengo van die Kollege van Kardinale van
13 Augustus
1445
tot
7 Oktober
1446
. Na die dood van Eugenius word Pietro deur
Pous Nicolaas V
benoem as kardinaal-priester van San Marco in Rome op
16 Junie
1451
. Pietro het die kerk en die aangrensende
Palazzo Venezia
deur Bernardo Rossellino laat herbou.
Onder die bewind van
Pous Callixtus III
toon Pietro sy vaardighede in diplomasie en organisasie. Hy bewerkstellig 'n wapenstilstand tussen die Orsini en Colonna families in Rome en onderhandel met Alfonso I, koning van Napels. Hy het ook die pouslike vloot, wat bestem was vir die kruistog teen die Turke, opgerig. Na die benoeming van
Pous Pius II
gaan hy saam met die pous na Mantua op
22 Januarie
1459
vir die bespreking van die kruistog teen die Turke. Pietro was in Mantua saam met Pous Pius II toe die pous sterf. Hy keer haastig terug na Rome om deel te neem aan die konklaaf.
Soos tydens vorige
sedis vacatio
's het oproer in Rome uitgebreek. Die Kollege van Kardinale was bevrees vir hulle veiligheid. Antonio Piccolomini, familielid van die gestorwe pous en ook van een van die deelnemende kardinale, wat die Engeleburg besit het, het die veiligheid van die kardinale gewaarborg en die konklaaf is in die Vatikaan gehou.
Van die 29 stemgeregtigde kardinale het 19 na Rome gereis vir die konklaaf. Daar was 10 Italiaanse, 4 Franse, 4 Spaanse en 1 Griekse kardinale. By die begin van die konklaaf is Johannes Bessarion en Guillaume d'Estoutville as gunstelinge beskou en
Rodrigo Borja y Borja
(later
Pous Alexander VI
) se naam is ook genoem.
Voor die konklaaf het die kardinale afsprake gemaak waaraan die nuwe pous homself sou moet hou. Die nuwe pous sou:
- Die mag van die Kollege van Kardinale uitbrei, waarvan die pous voorsitter sou wees
- Die maksimum aantal kardinale word op 24 gestel en die pous mag slegs nuwe kardinale aanstel met die goedkeuring van die Kollege
- Die pous mag slegs een kardinaal-neef aanstel en hy moet ouer as 24 wees.
- Die pous moet die stryd teen die Turke voortsit.
- Die pous mag Rome nie verlaat sonder die toestemming van die meerderheid van die kardinale en Italie slegs met die toestemming van al die kardinale.
- Die pous moet 'n konsilie oproep binne drie jaar na sy aanstelling.
Hoewel Pietro aanvanklik aangedui het dat hy die besluite sou onderteken, het hy dit nooit gedoen nie. Kardinaal Ludovico Trevisan het ook nie die dokument geteken nie.
By die eerste stemming op
30 Augustus
1464
kry Pietro 11 van die 19 stemme, drie kort om verkies te word. Die kardinale mag egter na die verkiesing hulle stem verander (die reg van "accessus") en sodoende het Pietro die drie stemme wat hy nodig gehad het, gekry en word dus verkies om
Pous Pius II
op te volg. Hy wou eers die naam Formosus II neem maar die naam beteken "aantreklik" en die kardinale was nie daarvoor te vinde nie. Sy tweede keuse was Markus, maar dit was die strydkreet van Venesie en ook nie aanvaarbaar nie. Niemand het egter beswaar gehad teen die naam Paulus II nie. Hy word op
16 Desember
1464
gekroon deur kardinaal
Rodrigo de Borja y Borja
en regeer tot sy dood op
26 Julie
1471
. Hy word opgevolg deur
Pous Sixtus IV
.
Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.
Pous Paulus II
[2]
het die eerste karnaval in Rome georganiseer en hele volk van Rome daarby betrek om liefdadigheids werk vir die armes te doen. In sy bul "Ineffabilis providentia" bepaal hy dat die jaar
1475
'n jubeljaar sou wees; hy sterf egter in
1471
. In
1469
verleen hy dispensasie vir die troue van Charles van Frankryk, seun van Charles VII van Frankryk en broer van koning Lodewyk XI, en Maria van Boergondie, hoewel hulle verwant was. Die huwelik is nooit voltrek nie.
Die Fraticelli en die huis van Anguillara
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Fraticelli was monnike van Franciskaanse oorsprong wat die reel van armoede baie streng toegepas het en die rykdom van die kerk, die pous en die kardinale verag het. Hulle is reeds in die 13de eeu deur
Pous Bonifatius VIII
as ketters veroordeel en meermale vervolg. In
1466
is hulle op nuut ernstig vervolg en hulle leier Stefano de Conti is gevange gehou in die Engeleburg. Daarmee het die pous gehoop om 'n einde te maak aan die groepering, egter sonder sukses.
Die huis van Anguillara was 'n ander vyand binne die pouslike staat wat de pous graag wou elimineer. Die adellike familie het die mag oorgeneem in verskeie stede in die gebied rond Viterbo, wat deel was van die pouslike staat. Tydens die bewind van Francesco degli Anguillara word op inisiatief van Pous Paulus 'n einde gemaak aan hulle mag. Francesco word geekskommunikeer en aangehou in die Engeleburg al die besittings van die familie word gekonfiskeer.
Die kollege van Kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Die kardinale het gehoop dat hulle met die verkiesing van Pous Paulus II meer invloed sou kry in die bestuur van die kerk. Die pous egter het die outokratiese rol van sy voorganger
Pous Pius II
voortgesit en laat die kardinale 'n dokument onderteken waarin hulle sy gesag erken. Die grootste probleem was die benoeming van nuwe kardinale. Soos sy voorgangers het die pous homself omring met persoonlike vertrouelinge, veral omdat hulle hulle kardinaalspos om hom te danke het. Deurdat verskeie kardinale gesterf het en op aandrang van buitelandse vorste het hy daarin geslaag om die kollege met sy gunstelinge te vul.
Die pous het ook met die kardinale gebots toe hy verskeie oorbodige poste in die Vatikaan afgeskaf het. Onder hulle was die "Accademia Romana" waar humaniste en digters gewerk het om pouslike dokumente te formuleer. Die pous het hulle beskuldig van laksheid en amorele gedrag. Veral Bartolomeo Platina het hom heftig teen die pous verset. Platina is kortstondig in hegtenis geneem, maar gou weer vry gelaat. 'n Jaar later is hy weer gearresteer op verdenking van 'n sameswering teen die pous, saam met Filip Callimachus, en is hy gemartel. Na die dood aan die pous skryf Platina 'n weinig vleiende biografie van die pous onder die titel "Vitae pontificum" (Die lewe van die pous).
Pous Paulus II was egter nie so anti-humanisties as wat Platina voorgee nie. Hy beskerm Universiteite, ondersteun die boekdrukkuns en stig die eerste Romeinse uitgewery "Libreria Editrice Vaticana" saam met die Duitse drukkers Konrad Schweynheym en Arnold Pannartz.
Pous Paulus II het die dra van die purper "kardinaalshoed" vir kardinale ingestel. Die kardinaalshoed of "galero" het 'n ronde vorm en aan die rand hang 15 groot tossels. Die galero verwys na die diplomatieke status van 'n kardinaal as
Prins van die Kerk
. Die dra daarvan is tydens die
Tweede Vatikaanse Konsilie
afgeskaf.
Omdat die maksimum aantal kardinale op 24 vasgestel is en die pous slegs een kardinaal-neef kon aanstel het die pous (hoewel hy nooit die onderneming geteken het nie) begin om kardinale in die geheim (in "pectore" ? die hart) aan te stel en hulle name nooit gepubliseer nie. Hulle sou slegs in sy testament bekend gemaak word. In die winter van 1464 ? 1465 het hy twee "in pectore" kardinale aangestel wat egter beide gesterf het voordat hulle bekend gemaak is. Op
18 September
1467
benoem hy vyf kroon-kardinale op aandrang van James II van Siprus, Edward IV van Engeland, Lodewyk XI van Frankryk, Matthias Corvinus van Hongarye en Ferdinand I van Napels onder hulle was 'n kardinaal-neef. Op
21 November
1468
stel hy nog twee kardinaal-neefs aan en ook nog twee "in pectore" kardinale. Aan die begin van
1471
stel hy nog vier "in pectore" kardinale aan.
- Teodoro Lelli, biskop van Treviso
- Giovanni Barozzi, patriarg van Venesie
Beide sterf voordat hulle name gepubliseer word.
- Thomas Bourchier,
aartsbiskop van Kantelberg
, kroonkardinaal.
- Istvan Vardai, aartsbiskop van Kalocza-Bacs in Hongarye, kroonkardinaal.
- Oliviero Carafa, aartsbiskop van Napels, kroonkardinaal.
- Amico Agnifili, biskop van Aquila, kroonardinaal.
- Marco Barbo, biskop van Vicenza, kardinaal-nepoot.
- Jean Balue, biskop van Angers, kroonkardinaal.
- Francesco della Rovere
, Generaal van die Franciskane, later
Pous Sixtus IV
.
- Teodoro Paleologo di Montferrato, pouslike proto-notaris.
- Giovanni Battista Zeno, pouslike proto-notaris, kardinaal-nepoot.
- Giovanni Michiel, pouslike proto-notaris, kardinaal-nepoot.
- Hugues de Coat Tredrez, biskop van Treguier, "in pectore" nooit gepubliseer nie.
- Pedro Ferris, biskop van Tarazona, "in pectore" gepubliseer deur
Pous Sixtus IV
op
18 Desember
1476
- Janos Vitez, aartsbiskop van Esztergom, Hongarye, nooit gepubliseer nie.
- Pietro Foscari, patriarg van Venesie, gepubliseer
12 Desember
1477
, deur Pous Sixtus IV
- Ferry de Clugny, biskop van Tournai, gepubliseer
15 Mei
1480
deur Pous Sixtus IV
- Giovanni Battista Savelli, pouslike proto-notaris, gepubliseer
15 Mei
1480
deur Pous Sixtus IV.
Na die val van Negroponte op
12 Julie
1470
voel die pous gesterk om die stryde teen die Turke voort te sit omdat hulle 'n bedreiging vir die hele Europa geword het. Vorige pogings om keiser Frederik III te betrek het misluk en die pous wou nie Venesie vra om te help nie omdat hy gevrees het die stad sou te magtig word. Die vorste van Hongarye en Albanie wou help, maar daar was nie resultate nie. Onderlinge geskille het samewerking gekelder en veral die konflik met Georg van Podebrady van Boheme het die saak in die wiele gery. Die Boheemse koning was 'n aanhanger van
Johannes Hus
. Op
23 Desember
1466
ekskommunikeer
die pous die koning en gee steun aan die opstandelinge in sy gebied. Hy roep die koning van Hongarye, Matthias Corvinus, op om oorlog teen Boheme te verklaar en Corvinus slaag daarin om dele van Boheme te verower. In Maart
1469
kroon pous Paulus Corvinus as koning van Boheme. Die konflik kom eers tot 'n einde met die dood van Georg Podebrady.
Die pous het weereens 'n poging aangewend om die Pragmatiese sanksies van Bourges opgehef te kry. Hy verleen die titel "mees Christelike koning" aan die Franse koning, maar dit het nie gehelp nie.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
- Burckle-Young, F. Passing the keys
- Schreiber, H. Geschichte der Papste
- Pirie, V.: The Triple Crown
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Paulus II
.
|
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|