in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marinus I
was die 108ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
. Die naam is in die
Middeleeue
dikwels verwar met Martinus.
Pous Marinus I
is gebore in
Gallese
,
Umbrie
die seun van 'n priester met die naam Palumbo.
Pous Leo IV
het hom as sub-deken aangestel.
Pous Nicolaas I
bevorder hom na diaken en
Pous Johannes VIII
maak hom biskop van Cerveteri. Dit het sy verkiesing kontroversieel gemaak omdat in die tyd van 'n biskop verwag is om nooit sy bisdom te verlaat nie. Hy was drie keer die pouslike afgevaardigde na
Konstantinopel
waar hy te doen gekry het met die stryery oor Patriarg Photius. Op
16 Desember
882
volg hy
Pous Johannes VIII
op en regeer tot sy dood op
15 Mei
884
. Hy word opgevolg deur
Pous Adrianus III
.
Die naam ‘Marinus’ beteken 'seeman'.
Reg aan die begin van sy pontifikaat het
Pous Marinus I
vir
Formosus
in ere te herstel as kardinaal-biskop van Portus. In
882
het hy ook die banvloek oor Photius uitgespreek. Weens die groot agting wat die pous gehad het vir koning Alfred die Grote het hy die Angel-Saksers in
Rome
van skatting en belasting vrygestel.
In
883
ontmoet die pous keiser Karel III, die Dikke by Nonantola.
Hy het sterk druk probeer plaas op die Oos-Romeinse keiser Basil om op te tree teen die kerkskeuring. Daar is 'n sterk vermoede dat hy vergiftig is, nadat hy probeer het om stryery tussen die Italiaanse faksies by te le.
- Davis, R. (1995). The Lives of the Ninth-Century Popes from A.D. 817 ? 891 (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0500017980
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|