in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leo V
was die 118de
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Leo V
is waarskynlik gebore in
Ardea
,
Italie
. In Julie of Augustus
903
volg hy
Pous Benedictus IV
op en regeer tot hy deur die kardinaal en
Teenpous Christoforus
gevange geneem en afgeset word, nadat hy slegs 30 dae regeer het. Hy word opgevolg deur
Pous Sergius III
.
Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Daar is min bekend oor
Pous Leo V
. Volgens 'n Bretonse legende het Sint Tugdual, die patroonheilige van Treguier, as pelgrim na
Rome
gegaan het en is daar tot pous verkies. Ondersteuning vir die storie word gevind in die feit dat Leo V in die amptelike lyste aangegee word as "Leo britigena".
Volgens ander bronne kom hy uit Priapi, 'n dorpie naby Ardea, suid van Rome. Blykbaar was hy voor sy verkiesing nie 'n kardinaal nie.
Slegs een besluit van Leo V is bekend, waar hy 'n groep kanunnike uit Bologne vrygestel het van 'n aantal belastings.
Sy dood is ook in onsekerheid gehul. Volgens sommige bronne is hy deur Christoforus gevange geneem en verwurg
[1]
en ander bronne meen dat hy deur
Pous Sergius III
wat Christoforus 'n paar maande later verdryf het, bevry is en dat hy sy laaste dae in 'n klooster deurgebring het.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|