in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hilarius
was die 46ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Hilarius
is gebore op die eiland
Sardinie
. As aartsdeken tydens die pontifikaat van
Pous Leo I
het hy die veroordeling van
Flavianus van Konstantinopel
op die tweede konsilie van
Efese
in
449
sterk teengestaan. Op
19 November
461
volg hy
Pous Leo I
op en regeer tot sy dood op
29 Februarie
468
. Hy word opgevolg deur
Pous Simplicius
. Die naam ‘Hilarius’ beteken 'die vrolike'.
Pous Hilarius het die werk van sy voorganger en mentor
Pous Leo I
om die oppermag van die biskop van
Rome
in die
Rooms-Katolieke Kerk
vas te le, voortgesit.
Rusticus van Narbonne
het sy aartsdeken
Hermes
as biskop aangestel sonder die toestemming van
Pous Leo I
. Hilarius het 'n sinode bele in
462
waarin Hermes as tituler biskop bevestig is, maar nie sy magte as metropoliet kry nie. In
463
het
Mamertus van Wene
'n biskop van Die gekonsekreer, hoewel die kerk volgens die besluit van
Pous Leo I
onder die jurisdiksie van die biskop van
Arles
geval het. Op Hilarius se bevel het
Leontius van Arles
'n sinode byeengeroep om die saak te ondersoek. Biskop
Antonius
het na die sinode verslag gedoen aan die pous en Hilarius het op
25 Februarie
464
'n edik uitgevaardig waarin biskop
Veranus
opdrag kry om biskop
Mamertus
te waarsku dat indien hy weer ongemagtigde konsekrasies sou uitvoer sy magte van hom af weggeneem sou word.
Die kerk in
Spanje
het in die 5de eeu buite die beheer van die pous opgetree. Verskeie dispute het ontstaan waarin
Silvanus van Calahorra
en
Nundinarius van Barcelona
betrokke was. Die sinode van Rome op
19 November
465
wat gehou is in die
Santa Maria Maggiore
basiliek het die sake besleg en die gesag van Rome versterk. Dit is die oudste Roomse sinode waarvan die oorspronklike dokumente behoue gebly het.
Pous Hilarius word as
heilige
vereer in die
Rooms-Katolieke Kerk
. Sy feesdag is op
29 Februarie
in 'n skrikkeljaar en op
28 Februarie
in nie-skrikkeljare.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
ISBN 0-85323-545-7
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Hilarius
.
|
Saamgestel uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|