in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gregorius V
was die 138ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Gregorius V
is gebore as
Bruno van Karintie
in Stainach, Steiermark ongeveer in
972
. Hy was die tweede seun van Otto I van Wormsgau ( vanaf
978
hertog van Karintie) en sy vrou Judith, dogter van graaf Heinrich en die kleinseun van keiser Otto I van die
Heilige Romeinse Ryk
. Hy is eers deur aartsbiskop Wiligis in
Mainz
en later deur Johannes Philagatos opgevoed. Bruno het as huispriester vir sy neef keiser Otto III gewerk en die keiser het hom voorgestel as die nuwe pous. Op
3 Mei
996
volg hy
Pous Johannes XV
op en regeer tot sy dood op
18 Februarie
999
. Hy word opgevolg deur
Pous Silvester II
. Hy was die eerste Duitse pous. Soms word
Pous Bonifatius II
as die eerste Duitse pous getel, maar hy was eintlik 'n
Oos-Goot
.
Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
Pous Gregorius V
was lojaal aan die keiser. Op
21 Mei
996
kroon hy sy neef Otto III tot keiser van die
Heilige Romeinse Ryk
. 'n Paar dae na die kroning hou hulle saam 'n sinode waarop Arnulf weer as aartsbiskop van
Reims
aangestel word en Gerbert die toekomstige
Pous Silvester II
afgeset word. Op dieselfde sinode word Robert II van Frankryk gedwing om die reg om biskoppe in Frankryk aan te stel, op te gee.
Tot by die sinode van Pavia
997
het Gregorius 'n teenstander gehad in
Teenpous Johannes XVI
die kandidaat van Crescentius II en die adel van
Rome
. Die keiser Otto III het 'n einde gemaak aan die probleem deur Rome te verower in April
997
. Die troepe het Johannes gevang, sy neus en ore afgesny, sy tong uitgesny en hom blind gemaak. Hy is verban na die klooster in Fulda waar hy op
2 April
1013
sterf. Crescentius is aan die mure van die Engeleburg opgehang op
29 April
998
.
[1]
Die pous sterf op
18 Februarie
999
in Rome, waarskynlik aan malaria.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0-500-01798-0
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|