in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Felix I
was die 26ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Felix I is 'n
Romein
van geboorte. Op
5 Januarie
269
volg hy
Pous Dionisius
op en regeer tot sy dood op
30 Desember
274
. Hy word opgevolg deur
Pous Eutichianus
. Die naam ‘Felix’ beteken ‘die gelukkige.
Tydens sy pontifikaat ontvang hy die verslag van die
sinode van Antiogie
geadresseer aan sy voorganger
Pous Dionisius
. Die
sinode
het die biskop
Paulus van Samosata
afgesit oor sy
kettery
oor die leerstelling van die
Drie-eenheid
. Die
Liber Pontificalis
meld dat Felix 'n basiliek op die
Via Aurelia
opgerig het. Hy het meer duidelikheid gegee oor verskeie leerstellings en die ritus van die
mis
. Hy stel die dualiteit van
Jesus van Nasaret
as twee persone,
God
en
mens
vas. Hy inisieer ook die leerstelling oor die Drie-eenheid. Hy staan ook toe dat
martelare
onder die altaar in kerke begrawe word en dat misse jaarliks op die grawe opgedra mag word. Hy het hom beywer vir die gelowiges wat onder keiser
Aurelianus
vervolg is en is uiteindelik self aan die vervolging as martelaar dood. Hy is bekend as die pous wat baie ywerig was in evangelisasie. Hy is begrawe in die
katakombe
van
Callixtus
.
Pous Felix I word as
heilige
en
martelaar
vereer. Sy feesdag in die
Rooms-Katolieke Kerk
is op
30 Desember
.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
ISBN 0-85323-545-7
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Felix I
.
|
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing
in die Catholic Encyclopedia (Engels)
Saamgestel uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wiki’s.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|