in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bonifatius I
was die 42ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Bonifatius I is gebore as
Jocundus
of
Secundius
. Sy geboortedatum en geboorteplek is onbekend. Op
28 Desember
418
volg hy
Pous Zosimus
op en regeer tot sy dood op
4 September
422
. Hy word opgevolg deur
Pous Celestinus I
. Die naam ‘Bonifatius’ beteken ‘weldoener’.
Pous Bonifatius I was een van die twee kandidate om pous te word na die dood van Pous Zosimus. Die ander kandidaat was
Eulalius
wat later
teenpous
geword het. Na die dood van Pous Zosimus was daar 'n konflik oor die rigting wat die kerk moet volg. Al twee partye het 'n pous verkies (kronologies eers Teenpous Eulalius en toe Bonifatius) en daar is besluit om keiser
Honorius
te vra om die finale keuse te maak. Die keiser bele 'n sinode in
Ravenna
op
8 Februarie
419
en het beide kandidate uit
Rome
weggestuur tot na die besluit. Teenpous Eulalius het egter na
Rome
teruggekom teen die keiser se bevel en die keiser het toe Pous Bonifatius as Pous aangestel.
Augustinus
het meerdere van sy werke aan Pous Bonifatius opgedra. Bonifatius het ook die
Pelagianisme
verwerp. Hy het ook keiser
Theodosius II
van die
Oos-Romeinse Ryk
oorgehaal om
Illiricum
aan
Rome
toe te ken eerder as aan
Konstantinopel
.
Pous Bonifatius I word as 'n heilige vereer in die
Rooms-Katolieke Kerk
. Sy feesdag is op
25 Oktober
.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
ISBN 0-85323-545-7
Saamgestel uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|