in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Benedictus XI
was die 194ste
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1303
tot
1304
.
Pous Benedictus XI
[1]
is gebore as
Niccolo Boccasini
in
1240
in
Treviso
,
Italie
. Hy sluit hom aan by die orde van die Dominikane en studeer en doseer
teologie
. In
1286
word hy provinsie-leier van die orde in Lombardye. In Mei
1296
word hy magister-generaal van die Dominikane. Hy was 'n kragtige verdediger van die beleid van
Pous Bonifatius VIII
en die pous bevorder hom tot kardinaal in
1298
. Op
22 Oktober
1303
volg hy Pous Bonifatius VIII op en regeer tot sy dood op
7 Julie
1304
. Hy word opgevolg deur
Pous Clemens V
. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseende’.
Pous Benedictus XI
[2]
het verwikkel geraak in konflikte met die kardinale van die Colonna-familie. Weens die spanning wat die konflikte veroorsaak het, het hy in
1304
Rome
verlaat en na Perugia gegaan. Hy het toegewings gemaak aan koning Philip IV (die Skone) van
Frankryk
en die
bul
“Cleris Laicos” amper volledig teruggetrek, maar het Guillaume de Nogaret en sy helpers, wat die aanslag op
Pous Bonifatius VIII
gepleeg het by Anagni, op
7 Junie
1304
geekskommunikeer
. Hy het ook die bul “Super cathedram” wat die bedelordes verbied het om te preek en bieg te hoor, teruggetrek.
Op
18 Desember
1303
bevorder die pous Niccolo Alberti OP tot kardinaal en op
19 Februarie
1304
vir Walter Winterburn OP.
Pous Benedictus X
word deesdae as 'n
teenpous
beskou. In Pous Benedictus XI se tyd was dit egter nie so nie. Dit is die rede hoekom Pous Benedictus XI die getal XI en nie X gekies het om sy naam aan te dui. Dit het dan ook al die volgende Benedictus pouse se nommer met een aangeskuif.
Pous Benedictus XI
is deur
Pous Clemens XII
salig verklaar op
24 April
1736
. Sy feesdag is op
7 Julie
.
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0300091656
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0500017980
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Voorafgegaan deur
Stephan von Besancon
|
Magister-Generaal van die Dominikane
1296
?
1299
|
Opgevolg deur
Albertus de Chiavari
|
Voorafgegaan deur
Leonardo
|
Biskop van Ostia
1300
?
1303
|
Opgevolg deur
Niccolo II Alberti
|
Voorafgegaan deur
Bonifatius VIII
|
Pous (Pontifex Maximus)
1303
?
1304
|
Opgevolg deur
Clemens V
|
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|