Pous Adrianus III

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Adrianus III
Pontifikaat begin 17 Mei 884
Pontifikaat eindig 7 September 885
Voorganger Marinus I
Opvolger Stefanus V
Gebore
Rome , Italie
Sterf 7 September 885
San Cesario sul Panaro ( Modena ), Italie
Ander pouse genaamd Adrianus
Sint Pous Adrianus III
Gebore Rome , Italie
Sterfte 7 September 885 , San Cesario sul Panaro ( Modena ), Italie
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Heiligverklaring 2 Junie 1891 , Rome , Koninkryk van Italie deur Pous Leo XIII
Feesdag 8 Julie
Attribute Pouslike klere

Adrianus III was die 109de pous van die Rooms-Katolieke Kerk .

Biografie [ wysig | wysig bron ]

Pous Adrianus III is nes sy voorgangers Pous Adrianus I en Pous Adrianus II gebore in die familie van die Colonna in Rome , die seun van Benedictus. Op 17 Mei 884 volg hy Pous Marinus I op en regeer tot sy dood op 7 September 885 . Hy word opgevolg deur Pous Stefanus V . Sy sterfdatum is nie met sekerheid bekend nie, maar Pous Leo XIII het dit op 7 September vasgestel. Die naam ‘Adrianus’ beteken 'inwoner van Adrie'.

Pontifikaat [ wysig | wysig bron ]

Pous Adrianus III het baie kort regeer gedurende moeilike jare. Hy is dood in San Cesario sul Panaro (Modena) op reis na Worms in Duitsland . Hy was op pad na 'n ryksdag met keiser Karel III, die Dikke om Karel se opvolging te bespreek asook die steeds groeiende mag van die Sarasene .

Verering [ wysig | wysig bron ]

Pous Adrianus III word vereer as 'n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk . Sy feesdag is op 8 Julie .

Bibliografie [ wysig | wysig bron ]

  • Davis, R. (1995). The Lives of the Ninth-Century Popes from A.D. 817 ? 891 (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes , Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present , Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota [ wysig | wysig bron ]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse , Engelse , Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging [ wysig | wysig bron ]

Voorafgegaan deur
Marinus I
Pous (Pontifex Maximus)
884 ? 885
Opgevolg deur
Stefanus V