Pieter I Aleksejewitsj
(
Russies
: Пётр I Алексеевич) (
Moskou
, 9 Junie
[
O.S.
30 Mei]
1672 -
Sint Petersburg
, 8 Februarie
[
O.S.
28 Januarie]
1725), ook genoem
Pieter die Grote
(Пётр Великий; Pjotr Weliki), was van
1682
tot
1721
tsaar
en tot 1725
keiser
van
Rusland
. Tot in 1696 het hy saam met sy halfbroer
Iwan V
regeer. Pieter was die eerste Russiese tsaar wat buite die grense van sy land gereis het.
Pieter was die seun van tsaar
Aleksei
en sy tweede vrou, Natalja Narisjkina. Aleksei het ook twee seuns by sy eerste vrou, Maria Miroslafskaja gehad:
Fjodor
en
Iwan
. Na Aleksei se dood word Fjodor tsaar. Hy sterf in 1682 sonder kinders en die tienjarige Pieter word tot tsaar gekroon. ’n Magstryd ontstaan tussen die Narisjkina- en die Miroslafski-familie, want die Miroslafski's voel Pieter se ouer halfbroer, Iwan, moet tsaar word al is hy liggaamlik en geestelik gestrem. Na ’n bloedige konflik waarin baie van Pieter se familielede vermoor word, word ooreengekom dat Pieter en Iwan mede-tsaars sal wees met Pieter se halfsuster
Sofia
as regent. In 1689 stuur Pieter Sofia na ’n klooster nadat sy probeer het om sy bewind omver te werp. In 1696 sterf die sieklike Iwan. Van toe af is Pieter die alleenheerser.
Modernisering en verwestering
[
wysig
|
wysig bron
]
Pieter is bekend vir sy grootskaalse modernisering van Rusland. Onder invloed van sy Westerse raadgewers reorganiseer hy die Russiese leer volgens Westerse riglyne en droom hy daarvan om Rusland ’n sterk maritieme mag te maak. Hy skep ook ’n nuwe
aristokrasie
onder
staatsdiens
-amptenare: promosies hang nou af van prestasie en nie meer adellike afkoms nie. Hy hervorm ook die
kerk
,
handel
en
nywerheid
,
onderwys
en
gesondheid
.
Pieter onderneem twee reise na
Wes-Europa
: van Augustus
1697
tot Mei
1698
en van Desember
1716
tot Augustus
1717
, veral om steun te werf vir sy oorlog teen
Swede
. Op die eerste reis besoek hy onder meer
Nederland
, die
Verenigde Koninkryk
,
Pruise
en
Oostenryk
. Die reis bestaan bekend as die "Groot Ambassade". In Holland bestudeer hy die land se florerende
skeepsbou
en werk in
Amsterdam
op die skeepswerf om kennis op te doen.
Pieter word sterk beinvloed deur sy reise in die Weste. Hy leer horlosies en doodkiste maak, skepe bou, teken, sektering, papier maak en sy spin. Hy voer Westerse klere en kultuur in Rusland in, asook ’n
belasting
vir mense wat volgens die
Ortodokse
tradisie baarde dra. Hy stel sy mense bekend aan landskaarte, gereedskap en wapens. Die eerste hospitaal word in
Moskou
ingerig.
Pieter is gefassineer deur
sonwysers
: een van sy hervormings is die wysiging van die jaartelling en tydmeting in
1700
volgens die
Juliaanse kalender
. (In Wes-Europa is die Juliaanse kalender al in 1582 afgeskaf en vervang met die
Gregoriaanse kalender
). Die tsaar laat ook talle boeke uit
Nederlands
,
Frans
,
Duits
en
Engels
in Russies vertaal. Omdat baie skeepsterme onbekend was in Rusland, word Nederlandse terme in Russies opgeneem.
Peter bevorder ook die
kultuur
en
wetenskap
. Hy begin in
1714
met die bou van ’n somer-residensie in
Peterhof
aan die oewer van die
Newarivier
wat later bekend sou word as die Russiese
Versailles
.
Pieter bevorder ook die Russiese
ekonomie
deur infrastrukturele projekte soos kanale en paaie. Na sy oorwinning in die oorlog teen Swede skuif hy die hoofstad van Moskou na
Sint Petersburg
, wat op
Wes-Europese
stede geskoei en deur
Italiaanse
argitekte
ontwerp is. Dit was sy "venster na die Weste" en het sy planne vir Rusland se toekoms as 'n groot Europese moondheid gesimboliseer. Met die drooglegging van die moerasagtige gebied en die bou van die stad het die weer, geografie en haglike omstandighede hul tol geeis. Duisende dwangarbeiders is jaarliks na die gebied vervoer, dikwels onder bewaking en selfs vasgeketting om ontsnapping te voorkom. Baie het egter ontsnap en talle ander is aan siektes en weens blootstelling aan die elemente dood. Die dodetal tydens die boutydperk van 18 jaar word op tot 100 000 geskat.
Pieter het talle oorloe gevoer, wat ’n groot finansiele las was. Hy het egter ’n oplossing gehad: nuwe en hoer belastings, die verkoop van kerkbesittings en handelsmonopoliee aan die hoogste bieders. In die Groot Noordelike Oorlog teen
Swede
,
Denemarke
en
Pole
(1700?1721) ly hy ’n groot nederlaag in die
Slag van Narva
, maar hy haal ’n oorwinning oor sy belangrikste vyand,
Karel XII van Swede
in die
Slag van Poltawa
(
1709
). Daardeur kry Pieter in die noorde toegang tot die
Oossee
en begin met die bou van Sint Petersburg. In die suide het hy oorloe gevoer teen
Persie
en die
Ottomaanse Ryk
. Ahmet III begin die
Russies-Turkse Oorlog (1710?1711)
en wen die
Slag aan die Proet
. In 1714 wen die Russiese vloot die
Slag van Hanko
en in 1720 die
Slag van die Alandseilande
. Met die Verdrag van Nystad (1721) kon hy Lyfland, Wiborg en dele van
Finland
by die Russiese Ryk voeg. Rusland was toe die belangrikste moondheid in Noord- en Oos-Europa. Pieter laat homself tot
keiser
kroon en kry die bynaam "die Grote", (ook vanwee sy lengte van meer as twee meter). Hy maak dit ook wet dat keisers hul eie opvolgers mag aanwys.
Pieter stuur talle ekspedisies uit om
Siberie
te verken. Daniel Gottlieb Messerschmidt versamel tussen
1718
en
1727
inligting oor die geografie, bevolking en natuur van Wes- en Sentraal-Siberie. In die verre ooste word die
Kamtsjatka
-skiereiland verken deur Iwan Jewrejnof en Fjodor Loezjin, en die verre noordooste deur Vitus Bering.
Pieter die Grote het veertien kinders by twee vroue gehad: drie by
Jewdokija Lopoechina
, waaronder tsarewitsj Aleksei, wat hy in 1718 laat martel omdat hy hom verdink van ’n
sameswering
. Pieter laat hom tot dood veroordeel, maar Aleksei sterf reeds voor die teregstelling aan sy wonde. Pieter het ook elf kinders gehad by sy tweede vrou, keiserin
Katharina I
(gebore Marfa Samoeilowna Skawronskaja), waaronder keiserin
Elisabeth
.
In November
1724
help Pieter met die redding van sowat twintig matrose uit die water van die koue
Newarivier
. Hy sterf drie maande later voordat hy ’n troonopvolger kan aanwys. Die hoogste staatsamptenare moet toe kies tussen die seun van die vermoorde Aleksei, die latere
Pieter II
of Pieter die Grote se vrou, die ongeletterde Katharina wat sedert 1724 mede-tsarina is. Op die ou end word laasgenoemde tsarina, maar die werklike mag le by
Aleksander Mensjikof
en ander lede van die Private Opperraad.