in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oesbekistan
of
Oezbekistan
, amptelik die
Republiek van Oesbekistan
(
Oesbekies
:
O?zbekiston Respublikasi
, ?збекистон Республикаси), is 'n
landingeslote land
in
Sentraal-Asie
, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die
Sowjetunie
gereken is. Sy
hoofstad
en grootste stad is
Tasjkent
(Oesbekies:
Tosjkent
) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van
katoen
.
In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van
Rusland
te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en
Islamitiese
fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.
Sowat 75 persent van die bevolking is
Oesbeke
, ses persent is
Russe
, vyf persent
Tadjiks
en vier persent
Kasakke
. 74,3 persent van die bevolking praat
Oesbekies
('n
Turkse taal
) en 14 persent
Russies
. 88 persent van die Oesbeke is aanhangers van die
Islam
, nege persent is
Ortodokse Christene
.
Protestante
maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. Die
Evangelies-Lutherse Kerk
in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent en die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, maar daar bestaan wel huiskerke van Oesbeke. Duisende Oesbeke het na 1991 die Christengeloof aangeneem. Christene word egter baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer wat 3 jaar gevangenestraf voorskryf vir die druk van godsdienstige boeke. Die regering vervolg Christene ekstensief, en in afgelee streke word ook sterk druk op Christene geplaas uit Islamitiese oorde.
- Protestantisme