Martin Luther
Duitse teoloog en hervormer
Handtekening
Teologiese stroming
Lutheranisme
Beduidende werke
95 stellings
Von der Freiheit eines Christenmenschen (1520)
De servo arbitrio
("Die geknegte wil", 1525)
Deudsch Catechismus
("Die Groot Kategisme", 1529)
Eggenote
Katharina von Bora
Simbool
Lutherroos
Martin Luther
(
10 November
1483
in
Eisleben
?
18 Februarie
1546
in
Eisleben
, graafskap Mansfeld) was ’n
Duitse
monnik en
Rooms-Katolieke
priester wat in die
16de eeu
die grondlegger was van die
Protestantse
Hervorming in die
Christendom
.
[1]
Hy was sterk gekant teen die idee dat kwytskelding van
God
se straf vir
sonde
met geld gekoop kan word. Hy het geleer dat redding nie met goeie dade verdien kan word nie, maar slegs deur God se genade plaasvind vanwee ’n geloof in
Jesus Christus
, asook dat die
Bybel
die enigste bron van goddelike kennis is.
[2]
In 1501 het Luther begin studeer aan die
Universiteit van Erfurt
, waar hy in Januarie 1505 'n meestersgraad behaal en begin met regstudies. Hierdie regstudies sou egter gou onderbreek word, want op die 2de Julie is hy op reis deur onweer oorval. Toe 'n
weerligstraal
naby hom slaan, het hy na 'n
Rooms-Katolieke
beskermheilige, Anna, uitgeroep en belowe om 'n monnik te word. Op die 16de Julie het hy 'n afskeidgeselligheid met sy medestudente gehad, waarna hy die Swartklooster van die Augustynse orde in Erfurt betree het. Hierdie stap van die 22-jarige het sy vader geensins wel geval nie. Op 3 April 1507 is hy as Augustynse priester georden, wat meegebring het dat hy
teologie
sou studeer aan die
Universiteit van Wittenberg
. Toe hy in 1512 sy doktorsgraad (Doktor in die Heilige Skrif) aldaar behaal, is hy ook as professor in
bybelkunde
aangestel.
Op
31 Oktober
1517
het hy sy
95 stellings
teen die kerkdeur van
Wittenberg
vasgespyker. Hierin verklaar hy dat die Rooms-Katolieke leer oor saligheid verkeerd is deur Bybelse tekste aan te haal en dit te verduidelik.
Sy teologie het die gesag van die Rooms-Katolieke
pous
ondermyn. Sy weiering in 1520 om alles wat hy geskryf het terug te trek op bevel van
pous Leo X
en
keiser Karel V
van die
Heilige Romeinse Ryk
het daartoe gelei dat die pous hom die jaar daarna geekskommunikeer en die keiser hom voelvry verklaar het.
Sy vertaling van die Bybel, die Lutherse Bybel, in die spreektaal in stede van
Latyn
het dit toegankliker gemaak en het dus ’n enorme invloed op die laat
Middeleeuse
en vroee moderne samelewing, wat oorspronklik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorheers is, en die Duitse kultuur gehad.
Dit het gelei tot die ontwikkeling van ’n standaardweergawe van
Duits
, verskeie beginsels van die kuns van
vertaling
[3]
en ’n
Engelse
weergawe van die Bybel, die
King James Bible
.
[4]
Sy gesange het die ontwikkeling van sang in kerke beinvloed
[5]
en sy huwelik met
Katharina von Bora
het meegebring dat Protestantse kerklikes toegelaat is om te trou.
[6]
Martin Luther is op 10 November 1483 in
Eisleben
,
Sakse
(
Duitsland
), gebore. Sy ouers, Hans en Margaretha Luther, het van Eisleben na
Mohra
verhuis en daarna na Mansfeld, waar Luther se vader in die kopermyne gewerk het. Luther het sy skoolopleiding in
Mansfeld
,
Maagdenburg
en
Eisenach
in
Latyn
ontvang, In 1501 het hy aan die Universiteit van
Erfurt
begin studeer, waar hy in 1502 'n BA-graad en in 1505 'n MA-graad behaal het.
Hy het onder die studente die byname "die filosoof" en "die musikant" gekry omdat hy ʼn diep denker en 'n bedrewe luitspeler was. In 1505 het Luther in die regte begin studeer maar het sy studie in die rigting dieselfde jaar nog gestaak. Op 2 Julie is hy naby
Stotternheim
in 'n hewige storm vasgevang en uit vrees vir sy lewe het hy hom op die Heilige Anna beroep en 'n eed geneem om monnik te word indien hy die storm sou oorleef.
Twee weke later, op 17 Julie 1505, het hy sy studies in die regte laat vaar en tot die Augustynse klooster in
Erfurt
toegetree, waar hy hom ernstig op teologiese studies toegele het. Op 3 April 1507 is hy as
priester
georden en hy het sy eerste Mis in Mel gelei. In 1508 is Luther na Wittenberg ontbied, waar hy as professor in die filosofie by die nuwe universiteit (gestig 1502) aangestel is.
'n Jaar later het hy na Erfurt teruggekeer om by sy eie Augustynse orde onderrig te gee, In 1510 is hy en ʼn kollega na
Rome
om probleme wat binne die Orde ontstaan het, met die pous te bespreek. Tydens die reis is hy egter geskok deur die wereldse uitkyk van die Kerk se hoogwaardigheidsbekleers. Op 19 Oktober 1512 het Luther sy doktorsgraad in die
teologie
behaal, en daarna het hy sy ou leermeester,
Johann von Staupitz
, as professor in Bybelse teologie in
Wittenberg
opgevolg.
Tydens voorbereiding vir lesings oor
Paulus se brief
aan die
Romeine
, het hy diep onder die indruk gekom van Romeine 1:16- 17, waarin
Paulus
se dat alle mense deur geloof gered kan word. Tot dusver was God vir Luther ʼn veeleisende en veroordelende regter, en daarom het hy gedurig introspeksie gedoen en gebuk gegaan onder skuldgevoelens oor sy sondigheid.
Nou het hy egter deur Paulus tot die slotsom gekom dat God 'n genadige Vader was wat aan alle gelowige mense verlossing beloof het. Hierdie Skrifgedeelte het die sleutel tot sy latere teologiese siening geword en was dus van groot betekenis in die
Hervorming
. Luther het veral bekendheid verwerf as gevolg van sy uitsprake oor die aflaatbriewe. Volgens die Rooms-Katolieke Kerk van daardie tyd kon mense hul boetedoening in die
vaevuur
na die dood verkort deur 'n goeie lewe te lei.
As iemand dus 'n goeie daad verrig het, het die kerk telkens 'n aflaatbrief, wat ʼn kwytskelding van straf was, aan hom verkoop. Die aflaatstelsel het hom tot velerlei wanpraktyke geleen. So is daar byvoorbeeld in die tyd van pous
Leo X
(die vroee
16e eeu
) oenskynlik geld vir die bou van die
St. Pieterskerk
in Rome ingesamel.
In die geheim is daar egter ʼn ooreenkoms met die aartsbiskop van
Mainz
aangegaan dat die helfte van die opbrengs aan hom gegee sou word om sy kerkskuld af te betaal. Aflaatbriewe is ten duurste verkoop en Luther was ontevrede oor die manier waarop
Johan Tetzel
(1465- 1518), 'n Dominikaan in Sakse, die mense uitgebuit het. Met die oog op 'n dispuut hieroor met sy kollegas, het Luther toe sy beroemde 95 stellings teen aflaatbriewe opgestel.
Dit was tentatiewe uitsprake waarin hy onder meer ook die pous gekritiseer het. Op 31 Oktober 1517 is hierdie stellings teen die deure van die
Slotkerk
van
Wittenberg
vasgespyker. Sommige geleerdes meen Luther het dit self gedoen, terwyl ander glo dat ʼn onbekende persoon die stellings in die hande gekry en teen die deur vasgespyker het. Die stellings het algemeen bekend geword en word as regstreekse oorsake van die Hervorming beskou.
Ontwikkelings vanaf 1518
[
wysig
|
wysig bron
]
Sommige mense het geglo dat die dispuut oor die 95 stellings slegs nog 'n twis tussen die Dominikane en die Augustyne was. Onderwyl daar ten gunste van en teen Luther se stellings betoog is, het hy sy 95 stellings in 'n lywige Latynse manuskrip verduidelik. Intussen (op 25 April 1518) het die
Augustynse Orde
'n vergadering in
Heidelberg
gehou waar Luther tot verantwoording geroep is en die pous het die stellings in Rome terselfdertyd as kettery verwerp.
Kardinaal Cajetanus
(1469- 1534) het Luther in Oktober daardie jaar vir ʼn persoonlike onderhoud na
Augsburg
ontbied. Na 'n argument het Cajetanus Luther beveel om hom te verlaat en nie terug te keer nie tensy hy sy woorde onvoorwaardelik terugtrek. Luther het egter geweier am sy stellings te herroep omdat hy geglo het dat sy oortuigings Bybels gefundeer was.
Gerugte het nou die ronde gedoen dat Luther in kettings na Rome gebring sou word, en hy het met behulp van sy vriende na Wittenberg teruggevlug, waar hy deur keurvors Frederik van Sakse teen pous
Leo X
beskerm is, In 1519 het die Leipzig-dispuut tussen Luther en die teoloog
Johannes Eck
plaasgevind. Eck het die Rooms-Katolieke leer verdedig en het Luther met sy briljante betoog in die skadu gestel.
Op 15 Junie 1519 het die pouslike bul
Exsurge Domine
verskyn, waarin die pous Luther met ekskommunikasie gedreig het as hy nie sy stellings herroep nie. Luther het met drie geskrifte hierop gereageer. Die eerste
, An den christlichen Adel deutscher Nation
("Adres aan die Christelike adel van die Duitse volk"), was vir die nie-geestelike leiers bedoel. Die tweede geskrif,
De captivitate Babylonica ecclesiae praeludium
("Oor die Babiloniese gevangenskap van die kerk"), wat hy vir geleerdes geskryf het, het ʼn geestelike revolusie veroorsaak omdat die sewe sakramente tot slegs drie, naamlik die Doop, Nagmaal en Boetedoening, verminder is.
Von der Freiheit eines Christenmenschen
("Oor die vryheid van ʼn Christen") het verlossing deur geloof verduidelik.
Op 3 Januarie 1521 is Luther amptelik deur die pous se
Decet Romanum pontificem
uit die Kerk geban.
Keurvors Frederik
het die keiser laat beloof dat hy Luther nie sonder verhoor sou veroordeel nie, en Luther is gevra om voor die
Ryksdag
van
Worms
te verskyn. (ʼn Ryksdag was in daardie tyd 'n soort parlementere vergadering.) Die pouslike gesant, Aleander (1480- 1542) was woedend hieroor, en het geeis dat die keiser die pous se bevel onmiddellik gehoorsaam.
Luther se vriende het hom ten sterkste afgeraai om na Worms te gaan. Hy het egter onder geleiding van 'n kavalkade van Duitse ridders vertrek, en in Worms is hy tot ergernis van sy vyande deur groot skares begroet. In April 1521 het Luther voor die vyandiggesinde keiser Karel V verskyn, sy geskrifte as Bybels geregverdig verdedig, en geweier om enigiets daarvan te herroep,. Dit was by die geleentheid dat Luther sy betoog met die nou bekende woorde sou afgesluit het: "Hier staan ek - ek kan nie anders nie! God help my! Amen."
Kort daarna is hy ingevolge die
Edik van Worms
voelvry verklaar. Sy vriende het hom in Wartburg, 'n kasteel naby Eisenach, versteek, waar hy tot Maart 1522 onder die skuilnaam Junker Jorg geleef het. Hier het hy heelwat geskryf, onder meer ʼn uitleg van die Magnificat (die loflied van
Maria
,
Jesus
se moeder, in dip, liturgie). Hy het ook preke oor die sendbriewe en
Evangelies
geskryf, asook 'n omstrede stuk waarin hy argumente van Latomus, lid van die teologiese fakulteit aan die Universiteit van Louvain, weerle het.
Uit die Hervormingsoogpunt was dit belangrik dat hy die Bybel in hierdie stadium vanuit die oorspronklike
Grieks
in
Duits
begin vertaal het. In 1522 het hy die
Nuwe Testament
en in 1534 die
Ou Testament
voltooi. Hoewel hy van medeskrywers soos Melanchton gebruik gemaak het, het die werk regstreeks onder sy leiding geskied. In Maart 1522 het Luther na Wittenberg teruggekeer omdat sekere radikale elemente wat die Hervorming met alle geweld vinniger wou laat verloop, oproer veroorsaak het deur onder meer geweldpleging in die strate en kerke. Luther het sy lesings hervat en
n veral teen onrus en geweld gepreek, omdat hy oortuig was dat hervorming deur die Woord van God moes plaasvind. Nie slegs die Rooms-Katolieke nie, maar ook die Schwarmer (fanatiese hervormers), het by Luther groot kommer gewek, In 1524 het boere-opstande in die
Swartwoud
uitgebreek, en in Mei 1525 het Luther na aanleiding daarvan die
Ermahnung zum Frieden
("Vermaning tot vrede") geskryf, waarin hy met die Swabiese boere se griewe gesimpatiseer het, maar die opstand as 'n sogenaamde "Christelike rebellie" verwerp het.
Sowat 'n jaar nadat Luther sy monnikskleed neergele het op 13 Junie 1525, is hy met die eertydse non, Katharina von Bora (1499-1552), getroud. Die jaar 1525 was om verskillende redes 'n baie belangrike jaar in Luther se lewe. Op 5 Mei het sy beskermheer, keurvors Frederik van Sakse, gesterf. Die
Slag van Frankenhuisen
het 'n einde gemaak aan die boere-opstande, terwyl die ekstremistiese leier
Thomas Munzer
(1 489?-1525) gevange geneem en tereggestel is. In dieselfde jaar het Luther, wat geglo het dat die mens se wil aan die van God onderworpe is, hom finaal losgemaak van die humanis Erasmus, wat die vrye wil van die mens verdedig het.
Luther het in 1525 in sy boek
De servo arbitrio
("Die slaafse wil") verduidelik dat die mens in die alledaagse lewe wel vryheid van keuse het, maar dat, sodra dit by ewige verlossing kom, die mens op God se genade moet staatmaak. Die Ryksdag van Speyer (1526) is as gevolg van 'n verwagte Turkse inval uitgestel. Hoewel
Karel V
, keiser van die
Duitse Ryk
, baie teen die hervormers gekant was, is sy aandag deur buitelandse politiek in beslag geneem en kon hy nie veeI aandag aan binnelandse sake skenk nie. In 1528 het Luther sy opvattings oor die
Nagmaal
in sy eie handskrif opgeteken.
Volgens hom moes die sakramente 'n integrale deel van die erediens uitmaak en nie los daarvan staan soos dit by die Rooms-Katolieke Kerk in die liturgiese handel die gebruik was nie. Ook by die interpretasie van die
Nagmaal
as Goddelike teken aan die mens, het Luther van die kerkgeleerde
Zwingli
verskil, veral wat Zwingli se uitspraak ten opsigte van die twee nature van Christus betref. Na die Tweede Ryksdag van
Speyer
(1529) was dit duidelik dat Luther se kerkhervorming ʼn politieke geskil geword het.
Die Rooms-Katolieke vorste wou die ou geloof behou, terwyl die vorste wat deur Luther geinspireer was, sy leerstellings wou bevorder. Van 1 tot 4 Oktober 1529 het die sogenaamde godsdiensgesprek tussen Luther en Zwingli in Marburg plaasgevind, maar hulle kon nie ʼn ooreenkoms oor die Nagmaal as sakrament bereik nie. In dieselfde jaar het Luther se Grosser Katechismus ("Groot Kategismus") verskyn.
Eers in 1530 kon Karel V hom weer wend tot die binnelandse sake van sy ryk, insluitende die probleme wat die opkomende
Protestantisme
veroorsaak het.
Hy het toe die Ryksdag van Augsburg byeengeroep, wat twee en 'n half maande later vergader het. Intussen het
Philipp Melanchton
(1497-1560) 'n belydenisskrif, die
Augsburgse Konfessie
, opgestel, waarin hy Luther se opvattings verdedig het. Enkele Suid-Duitse stede het egter hul eie Zwingliaanse uitleg opgestel, en dit het in sekere opsigte - veral waar dit handel oor die Nagmaal - van die
Augsburgse Konfessie
verskil. In 1536 het Melanchton, Bucer en Luther die Wittenbergse Konkordansie (ooreenstemming) gesluit, sodat Lutheranisme ook in die suide van Duitsland inslag gevind het.
Op 13 Desember 1545 is die Konsilie van Trente (algemene kerkvergadering van die Rooms-Katolieke Kerk) geopen, en daar is ernstig oor 'n hervorming binne die Rooms-Katolieke Kerk beraadslaag (die begin van die
Teenhervorming
). In 1546 het Luther as bemiddelaar in 'n twis tussen twee prinse, graaf Albrecht en graaf Gebhard van Mansfeld, na Eisleben gegaan. Hy was toe reeds siek, en hier, in sy geboortedorpie, is hy op 18 Februarie 1546 oorlede. Hy is in die
Allerheiligekerk
in Wittenberg begrawe.
Invloed op die Duitse taal
[
wysig
|
wysig bron
]
Luther het 'n groot invloed op die Duitse taal en letterkunde uitgeoefen. Van sy talryke publikasies het hy die meeste in sy moedertaal, Duits, geskryf en nie in Latyn nie, soos die gebruik in daardie tyd was. Sy werk was dus vir almal toeganklik en kon, danksy die pas ontdekte boekdrukkuns, wyd versprei word.
Sy belangrikste bydrae tot die Duitse taal was die vertaling van die Bybel, waarvoor hy die Saksiese kanselarytaal (ingewikkelde amptelike taal) as basis gebruik het.
Hieruit het die algemene skryftaal, moderne Hoogduits, ontwikkel. In sy vertaling het Luther heelwat woorde, begrippe en idiome geskep wat later volkseie geword het. Soms, soos in sy
Tischreden
(verhale wat hy in sy laaste lewensjare aan tafel vertel het), het hy ook die alledaagse omgangstaal gebruik. Luther was voorts die grondlegger van die Protestantse kerkliedere, waardeur die gemeente aktief aan die erediens kon deelneem. In 1524 is die eerste kerkliedereboek gesamentlik deur Luther en kantor
Johannes Walther
in
Torgau
uitgegee.
('n Kantor in die
Duitse Protestantse kerk
is iemand wat met die leiding van die kerkmusiek in die algemeen belas was.) Luther het in sy leeftyd sowat 40 liedere geskryf, waarvan party vertalings van Latynse liedere was. Ander was oorspronklike werke en soms het hy self die melodiee gekomponeer, soos in '
Ein
'
feste Burg ist unser
Gott
(" 'n Vaste burg is onse God", in Afrikaans bekend as Psalm 46 "God is 'n toevlug in die nood"). In die geval van liedere soos
Vom Himmel hoch, da komm ich her
("Vanuit die hoe hemel daal ek neer", die melodie van Psalm 104 in die nuwe Afrikaanse Psalm- en
Gesangboek
), het hy van bekende volkswysies gebruik gemaak. Ander bekende
Psalms
wat van Lutherse oorsprong is, is Psalms 28, 64, en 82. Luther se versamelde werke is uitgegee in die sogenaamde "Weimarer Ausgabe", wat meestal as W.A. afgekort word.
Die Woord van God het die basis vir Luther se teologie gevorm. Hy het geglo dat die mens nie deur sy goeie werke gered kan word nie (Rooms-Katolieke leer), maar alleen deur geloof (
sola fide
) en hy het hierdie stellings gestaaf aan die hand van Paulus se brief aan die Romeine, veral Romeine 3:28: "Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof, sonder die werke van die wet." Christus se kruisdood was vir hom die basis van geloof (sy
theologia crucis
).
Luther het 'n skeiding tussen die Kerk en die Staat bepleit. Die Kerk het tot die geestelike en die Staat tot die wereldryk behoort. Toe die Turke
Wenen
in 1529 beleer, het Luther gese dat God die Christendom deur middel van die Turke oor sy afvalligheid wou bestraf. Om teen die Turke te stry, sou beteken om teen God te stry. Die Kerk en die pous (geestelike ryk) kon die mense om die rede nie tot oorlog teen die Turke oproep nie, maar slegs tot boetedoening en gebed.
Die keiser (wereldryk) het daarenteen wel die reg gehad om sy onderdane teen oorheersing te beskerm, maar hy kon hom nie die reg toeeien om dit te doen onder die voorwendsel dat hy die Christendom beskerm nie. Luther het dus die skeiding van Kerk en Staat bepleit, hoewel hy geglo het dat albei instellings van God was. Toe Luther begin skryf oor aangeleenthede binne die Rooms-Katolieke Kerk wat hom gehinder het, was sy bedoeling nooit dat daar tweespalt in die Kerk moes kom nie.
Tog het die skeuring plaasgevind en 'n uitvloeisel daarvan was die oprigting van 'n hele aantal verskillende Lutherse kerke oor die wereld. In die Skandinawiese lande is die
Lutherse kerk
die amptelike kerk en word hy deur biskoppe beheer. In
Duitsland
staan die Lutherse kerk as die Vereinigte Evangelisch-Lutherisehe Kirehe Deutschlands bekend en word hy, soos in Nederland, deur 'n sinode beheer. Die Lutherse kerke in die VSA is in 3 federasies georganiseer.
Die
Lutherse Wereldfederasie
(ʼn verenigde kerk) setel in
Geneve
en werk nou met die Wereldraad van Kerke saam. In Suid-Afrika is die eerste Lutherse gemeente in 1780 in Kaapstad gestig. AI die Lutherse kerke hier te lande staan tans as die Evangeliese Lutherse Kerke in Suid-Afrika bekend.
- ↑
Plass, Ewald M. (1959). "Monasticism".
What Luther Says: An Anthology
. Vol. 2. St. Louis: Concordia Publishing House. p. 964.
- ↑
Ewald M. Plass,
What Luther Says
, 3 vols., (St. Louis: CPH, 1959), 88, no. 269; M. Reu,
Luther and the Scriptures
,
Columbus
, Ohio: Wartburg Press, 1944), 23.
- ↑
Fahlbusch, Erwin and Bromiley, Geoffrey William.
The Encyclopedia of Christianity
. Grand Rapids, MI: Leiden, Netherlands: Wm. B. Eerdmans; Brill, 1999?2003, 1:244.
- ↑
Tyndale's New Testament
, New Haven, Yale University Press, 1989, ix?x.
- ↑
Bainton, Roland.
Here I Stand: a Life of Martin Luther
. New York: Penguin, 1995, 269.
- ↑
Bainton, Roland.
Here I Stand: a Life of Martin Luther
. New York: Penguin, 1995, p. 223.