in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hamburger SV
|
Volledige naam
|
Hamburger Sport-Verein e.V.
|
Bynaam
|
Opgerig
|
29 September
1887
|
Stadion
|
Volksparkstadion (tussentyds bekend
as die
Imtech Arena
),
Hamburg
|
Kapasiteit
|
57 000
|
Voorsitter
|
Bernd Hoffmann
|
Afrigter
|
Christian Titz
|
Kompetisie
|
Bundesliga
|
Hamburger SV
(HSV) is 'n
Duitse
sportklub
uit die stad
Hamburg
, veral bekend vir sy
sokkerafdeling
. Behalwe sokker, het die klub onder meer afdelings vir
yshokkie
,
tafeltennis
,
krieket
,
pluimbal
,
bofbal
,
basketbal
,
rolbal
,
gholf
,
gimnastiek
,
handbal
,
hokkie
,
karate
,
atletiek
,
rugby
,
swem
,
tennis
en
vlugbal
. Die sokkerafdeling het reeds sedert
1919
onafgebroke op die hoogste vlak van die Duitse sokkerstruktuur gespeel.
Die klub se geskiedenis begin op
29 September
1887
, toe
Der Hohenfelder Sportclub
en
Wandsbek-Marienthaler Sportclub
saamgesmelt het om
Sports Club Germania
te vorm. Hierdie klub het in
1919
met
Hamburg FC
(gestig in
1888
) en
FC Falke
(gestig in
1906
) saamgesmelt om die huidige
Hamburger Sport-Verein
te vorm, nadat al drie klubs deur die
Eerste Wereldoorlog
verswak gelaat is. Die klubkleure was
rooi
en
wit
ter ere van die stad Hamburg, terwyl die
blou
en
swart
van die oudste van die stigtersklubs,
SC Germania
, as die spanwapen in gebruik geneem is.
Die "nuwe" klub was vroeg suksesvol toe die eindstryd om die nasionale titel in
1922
gehaal is teen
1. FC Neurenberg
, wat in sy derde agtereenvolgende eindstryd gespeel het. Die wedstryd is as gevolg van swak lig na 3 uur en 10 minute afgelas met die telling 2-2. Die herontmoeting is na 'n lang tydperk van ekstra tyd (met die telling 1-1) ook afgelas nadat Neurenberg slegs 7 spelers oorgehad het (geen reserwes is destyds toegelaat nie). Die besluit van die skeidsregter het tot groot omstredenheid gelei: Die
DFB
het die titel aan Hamburger SV toegeken, maar 'n beroep op hulle gedoen om in die naam van 'n goeie sportmangees nie die titel te aanvaar nie - waartoe hulle teesinnig ingestem het. Die Viktoriatrofee is op die ou end nie in
1922
toegeken nie. Die klub het die "amptelike" titel die volgende seisoen die eerste keer gewen deur 3:0 met
SC Union Oberschoneweide
in die eindstryd af te reken.
Tydens die
Derde Ryk
is die klub in die
Gauliga
Nordmark ingedeel en na die
Tweede Wereldoorlog
in die
Oberliga Noord
. Hamburger SV was tot 2018 die enigste klub wat sedert die oprigting (in
1963
) onafgebroke in die
Bundesliga
gespeel het. Die 17de plek aan die einde van die 2017/18-seisoen het die eerste relegasie tot gevolg gehad.
Duitse sokkerkampioen
(7)
- 1921/1922, 1922/1923, 1927/1928, 1959/1960, 1978/1979, 1981/1982, 1982/1983
DFB-Pokal
(3)
- 1963
,
1976
,
1987
Ligapokal
(2)
- 1973
,
2003
Europese beker I
(1)
- 1983
Europese beker II
(1)
- 1978
Intertoto-beker
(1)
- 2005
Onlangse ligaposisionering
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1963-64 (I) Bundesliga 6de
- 1964-65 (I) Bundesliga 11de
- 1965-66 (I) Bundesliga 9de
- 1966-67 (I) Bundesliga 14de
- 1967-68 (I) Bundesliga 13de
- 1968-69 (I) Bundesliga 6de
- 1969-70 (I) Bundesliga 6de
- 1970-71 (I) Bundesliga 5de
- 1971-72 (I) Bundesliga 10de
- 1972-73 (I) Bundesliga 14de
- 1973-74 (I) Bundesliga 12de
- 1974-75 (I) Bundesliga 4de
- 1975-76 (I) Bundesliga 2de
- 1976-77 (I) Bundesliga 6de
- 1977-78 (I) Bundesliga 10de
- 1978-79 (I) Bundesliga 1ste
- - Duitse kampioen
- 1979-80 (I) Bundesliga 2de
- 1980-81 (I) Bundesliga 2de
- 1981-82 (I) Bundesliga 1ste
- - Duitse kampioen
- 1982-83 (I) Bundesliga 1ste
- - Duitse kampioen
- 1983-84 (I) Bundesliga 2de
- 1984-85 (I) Bundesliga 5de
- 1985-86 (I) Bundesliga 7de
- 1986-87 (I) Bundesliga 2de
- 1987-88 (I) Bundesliga 6de
- 1988-89 (I) Bundesliga 4de
|
- 1989-90 (I) Bundesliga 11de
- 1990-91 (I) Bundesliga 5de
- 1991-92 (I) Bundesliga 12de
- 1992-93 (I) Bundesliga 11de
- 1993-94 (I) Bundesliga 12de
- 1994-95 (I) Bundesliga 13de
- 1995-96 (I) Bundesliga 5de
- 1996-97 (I) Bundesliga 13de
- 1997-98 (I) Bundesliga 9de
- 1998-99 (I) Bundesliga 7de
- 1999-00 (I) Bundesliga 3de
- 2000-01 (I) Bundesliga 13de
- 2001-02 (I) Bundesliga 11de
- 2002-03 (I) Bundesliga 4de
- 2003-04 (I) Bundesliga 8ste
- 2004-05 (I) Bundesliga 8ste
- 2005-06 (I) Bundesliga 3de
- 2006-07 (I) Bundesliga 7de
- 2007-08 (I) Bundesliga 4de
- 2008-09 (I) Bundesliga 5de
- 2009-10 (I) Bundesliga 7de
- 2010-11 (I) Bundesliga 8ste
- 2011-12 (I) Bundesliga 15de
- 2012-13 (I) Bundesliga 7de
- 2013-14 (I) Bundesliga 16de
- 2014-15 (I) Bundesliga 16de
- 2015-16 (I) Bundesliga 10de
- 2016-17 (I) Bundesliga 14de
- 2017-18 (I) Bundesliga 17de
- 2018-19 (II) 2. Bundesliga
|