in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
|
Vrywaring:
Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
|
Ernstige akute respiratoriese sindroom
(afgekort as
Ears
), is 'n dodelike asemhalingswegsiekte wat in
2003
vinnig van die suide van die
Volksrepubliek China
na ander werelddele begin versprei het. Dit is in
Engels
en verskeie ander tale bekend as
SARS
.
Tussen November 2002 en Julie 2003 het 'n uitbraak van Ears in suidelike China wereldwyd 8 098 gevalle tot gevolg gehad, waaraan 774 in 17 verskillende lande dood is ('n sterftesyfer van 9,6%),
[1]
waarvan die meeste gevalle in vasteland-China en
Hongkong
.
[2]
Aan die einde van 2017 het Chinese wetenskaplikes die virus opgespoor deur middel van sivetkatte as tussenganger van grotbewoner-vlermuise in die
Yunnanprovinsie
.
[3]
Sedert 2004 is geen gevalle van Ears meer wereldwyd aangemeld nie.
[4]
Die verwante virus
SARS-CoV-2
is egter die oorsaak van die voortdurende wereldwye
Koronaviruspandemie sedert 2020
.
[5]