Czesław Miłosz
Poolse skrywer, digter en essayis
Handtekening
Beduidende werke in Engelse vertaling
The Captive Mind
(1953)
The Seizure of Power
(1953)
Seleted Poems
(1973)
Czesław Miłosz
[?t????swaf ?miw??] (*
30 Junie
1911
in ?eteniai, destyds Russiese Ryk, tans
Litaue
; †
14 Augustus
2004
in
Krakow
,
Pole
) was 'n Poolse skrywer, digter, essayis en vertaler. Hy was die wenner van die
Nobelprys vir Letterkunde
in
1980
.
[1]
Miłosz het aan die
Universiteit van Vilnius
in die regte gestudeer. In
Vilnius
? destyds as Wilno 'n merendeels
Poolssprekende
stad ? het hy ook sy eerste gedigte gepubliseer. In die 1930's het hy reise deur Wes-Europa onderneem en later danksy 'n stipendiaat een jaar in
Parys
gebly.
Tydens die
Duitse
besetting van Pole in die
Tweede Wereldoorlog
het hy in
Warskou
gebly. Na die oorlog het hy 'n pos in die Poolse diplomatieke diens in Parys en die Verenigde State beklee. In
1951
is hy politieke asiel in
Frankryk
toegestaan.
Vanaf
1960
was Miłosz meer as twintig jaar lank as professor vir
Slawiese tale
en literatuur aan die
Universiteit van Kalifornie, Berkeley
werksaam. In
1970
het hy Amerikaanse burgerskap aanvaar.
Vir sy literere werk is in
1978
die Internasionale Neustadt-prys vir letterkunde aan hom toegeken. In Israel is hy met die
Yad Vashem
-medalje vir sy verset teen
Nazi-Duitsland
vereer en het ook talle ander toekennings ontvang soos die
U.S. National Medal of Arts
, 'n Guggenberg-stipendiaat en 'n eredoktorsgraad van die Harvard-universiteit.
In Pole was sy werke voor
1989
verbode sodat baie van sy boeke eers in Frankryk, die Verenigde State of deur ondergrondse uitgewerye in Pole gepubliseer is. Na die val van die
Ystergordyn
het hy aanvanklik tussen Berkeley en Krakow gependel en hom in
2000
uiteindelik in die Suid-Poolse stad gevestig. Hier is Miłosz in
2004
oorlede.
Die poesie van Czesław Miłosz word deur 'n groot rykdom aan simbole en metafore gekenmerk. Sy romans het daarenteen dikwels outobiografiese trekke. Sy bekendste werke sluit
Zniewolony umysł
("Verleide denke",
1953
) oor die gedrag van intellektueles in 'n
totalitere bedeling
;
Dolina Issy
("Die Issa-vallei",
1955
), 'n poetiese verhaal oor die mitiese Pools-Litause landskap; en
Rodzinna Europa
(
1958
), 'n outobiografiese werk waarin Miłosz oor die Europese mentaliteit en 20ste eeuse geskiedenis reflekteer, in.
Miłosz het sy werke byna uitsluitlik in Pools gepubliseer, ook tydens sy ballingskap in die weste. 'n Groot deel daarvan is in
Engels
en 'n tiental ander tale vertaal. Miłosz het sy latere gedigte in samewerking met Robert Hass self in Engels vertaal.
|
---|
1901?1925
| |
---|
1926?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001?2020
| |
---|
2021?hede
| |
---|