Athos
of
Atos
(
Grieks
: ?ρο? ?θω?,
Oros Athos
[?oros ?aθos]) is die naam van ’n
berg
en
skiereiland
in die provinsie
Masedonie
in
Griekeland
. Die
Grieke
verwys in die algemeen daarna as die Heilige Berg (?γιον ?ρο?,
Agion Oros
). Dit is ’n
werelderfenisgebied
en die tuiste van ’n outonome monnikestaat onder Griekse soewereiniteit (amptelik die
Kloosterstaat van die Heilige Berg
). Dit bestaan uit 20
Oosters-Ortodokse
kloosters
.
Op geestelike gebied val Athos onder die jurisdiksie van die
Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
.
Die skiereiland, die mees oostelike uitsteeksel van die groter
Chalcidiese Skiereiland
, strek 50 km ver
[1]
in die
Egeiese See
. Dit is tussen 7 km en 12 km breed en het ’n oppervlakte van 335,637 km
2
. Die berg self het steil, digbegroeide hange wat tot 2 033 m hoog is. Die omringende see, veral aan die punt van die skiereiland, kan gevaarlik wees.
Hoewel Athos aan die land grens, kan dit net per boot bereik word. Twee groot veerbote, Agios Panteleimon en Axion Estin, vaar daagliks (as die weer dit toelaat) tussen Ouranoupolis en
Dafni
. Dit stop by van die kloosters aan die weskus. ’n Kleiner motorboot, Agia Anna, ry dieselfde roete, maar hou nie by ander kloosters stil nie. Daar is ook veerbote tussen Ierissos en kloosters aan die ooskus.
Die daaglikse getal besoekers aan Athos word beperk en almal moet ’n spesiale permit vir ’n beperkte tyd kry. Slegs mans word toegelaat op die skiereiland, wat deur die monnike die "Tuin van die Maagd" genoem word.
[2]
Net mans bo agttien jaar wat lid van die Oosters-Ortodokse Kerk is, mag daar bly ? as monnike of werkers.
Athos
in die
Griekse mitologie
is die naam van een van die
Gigante
wat teen die
Olimpiese gode
geveg het in die
Gigantestryd
. Athos het
Poseidon
met ’n enorme rots gegooi. Dit het in die
Egeiese See
geval en die berg Athos geword. Volgens ’n ander weergawe van die mite het Poseidon die berg gebruik om die verslane reus te begrawe.
Homeros
het Athos genoem in die
Ilias
.
Herodotos
noem die skiereiland, wat toe
Akte
genoem is, en se
Pelasgers
van die eiland
Lemnos
het daar gaan woon en noem vyf stede daarop: Sane, Cleonae, Thyssos, Olophyxos en Akrothoon.
Strabo
noem ook die stad Dion (Dium) en dat Akrothoon naby die kruin is.
[3]
Eretria
het ook nedersettings op Akte begin. Minstens een ander stad is in die Klassieke periode gestig: Akanthos.
Die skiereiland was ook op die aanvalsroete van
Ahasveros
, wat drie jaar lank
[4]
’n kanaal oor die landengte gebou het om sy vloot in 483 v.C. deur te laat. Na die dood van
Alexander die Grote
het die argitek Deinokrates aangebied om die hele berg uit te beitel in ’n beeld van Alexander.
Kennis oor die geskiedenis van die skiereiland in die tydperk is beperk weens die gebrek aan historiese rekords.
Argeoloe
kon nog nie die presiese ligging vind van die plekke wat deur Strabo genoem is nie. Daar word geglo die inwoners het getrek toe Athos se nuwe inwoners, die monnike, die een of ander tyd voor die
9de eeu
n.C. begin arriveer het.
[5]
Vroee Christelike tydperk
[
wysig
|
wysig bron
]
Volgens die tradisie van Athos was die
Maagd Maria
en
Johannes
na
Siprus
onderweg om
Lasarus van Betanie
te besoek. Die boot is van koers af gewaai en moes noodgedwonge op die heidense Athos anker gooi by die hawe van Klement, naby die hedendaagse Klooster van Iviron. Maria het aan land gegaan en was meegevoer deur die skoonheid van die berg. Sy het dit geseen en haar Seun gevra of dit haar tuin mag wees. ’n Stem is gehoor wat se: "?στω ? τ?πο? ο?το? κλ?ρο? σ?? κα? περιβ?λαιον σ?ν κα? παρ?δεισο?, ?τι δ? κα? λιμ?ν σωτ?ριο? τ?ν θελ?ντων σωθ?ναι (Laat hierdie plek jou erfenis en jou tuin wees, ’n paradys en hawe vir diegene wat redding soek"). Van daardie oomblik af was die berg gewyd as die tuin van die Moeder van God en was dit buite perke vir enige ander vrou.
[notas 1]
Ondanks die min historiese rekords word geglo monnike het sedert die 4de, en dalk die 3de, eeu daar gewoon. Tydens die bewind van
Konstantyn die Grote
(324?337) is dit bewoon deur Christene en heidene. Tydens die bewind van
Julianus die Afvallige
(361?363) is die kerke van Athos afgebrand en Christene het in die woude en ander ontoeganklike plekke weggekruip. Later, tydens
Theodosius I
se bewind (383?395), is die heidense tempels verwoes. Die leksigraaf Hesychius van Alexandrie noem dat daar in die 5de eeu nog ’n tempel en standbeeld van "
Zeus
van Athos" was. Na die
Islamitiese
inval van
Egipte
in die 7de eeu het baie Ortodokse monnike uit die Egiptiese woestyn gevlug op soek na ’n ander vreedsame plek; van hulle het na Athos gekom. Volgens ’n antieke dokument het die monnike "houthutte met strooidakke gebou … en deur vrugte van die wilde bome bymekaar te maak, het hulle etes geimproviseer".
[notas 2]
Bisantynse tydperk: die eerste kloosters
[
wysig
|
wysig bron
]
Die kroniekskrywers Theophanes die Belyer (einde 8ste eeu) en Georgios Kedrenos (11de eeu) het geskryf die 726-uitbarsting van die
Thera-vulkaan
kon vanaf Athos gesien word, en dus was die skiereiland in die tyd bewoon. Die historikus Genesios het geskryf monnike van Athos het in 787 deelgeneem aan die
Tweede Konsilie van Nicea
. Aan die begin van die 9de eeu was Athos ’n ruk lank verlate weens invalle deur die
Emiraat van Kreta
. Omstreeks 860 het die beroemde monnik Efthymios die Jongere na Athos gekom, en ’n aantal monnikehutte ("skiti van St. Basilius") is gebou naby die plek waar hy gebly het. Tydens die bewind van keiser
Basilius I
van die
Bisantynse Ryk
het die voormalige aartsbiskop van
Kreta
Basilius die Belyer ’n klein klooster gebou op die plek van die hedendaagse hawe van die Hilandar-klooster. Kort hierna het ’n sekere Ioannis Kolovos, volgens ’n dokument van 883, ’n klooster by Megali Vigla gebou.
Kragtens ’n dekreet van keiser Basilius I van 885 is die Heilige Berg verklaar tot ’n plek van monnike en mag geen leke, boere of beestelers daar gaan woon het nie. In ’n dekreet van keiser
Leo VI die Wyse
word gepraat van die "sogenaamde antieke setel van die raad van ouderlinge", en dus was daar reeds ’n soort monnike-administrasie wat toe al "antiek" was. In 887 het ’n paar monnike by keiser Leo gekla dat die klooster van Kolovos al hoe meer groei en dat hul vrede bedreig word.
In 908 is die bestaan genoem van ’n
protos
("eerste monnik"), die hoof van die kloostergemeenskap. In 943 is die grense van die kloosterstaat vasgestel en was
Karyes
reeds die hoofstad en administratiewe setel. In 956 is grond van sowat 940 000 m
²
in ’n dekreet aan die Xiropotamou-klooster gegee, en dus was die klooster reeds taamlik groot.
Die monnik Athanasios het in 958 by Athos aangekom. Hy het in 962 ’n groot sentrale "Kerk van die Protaton" in Karyes gebou. In die volgende jaar, met die steun van sy vriend keiser
Nikephoros II Phokas
is die Groot Lawra gestig. Dit is steeds die grootste en belangrikste van die 20 huidige kloosters. Dit was in die volgende eeue onder beskerming van die keisers van die Bisantynse Ryk en sy rykdom en besittings het aansienlik toegeneem.
In die 15de eeu is die Bisantynse Ryk deur die
Ottomaanse Ryk
verower. Die monnike van Athos wou goeie betrekkinge met die Ottomaanse sultan handhaaf en toe
Murat II
Thessaloniki
in 1430 verower, het hulle dadelik trou aan hom gesweer. In ruil daarvoor het Murat die kloosters se grondgebied erken.
Mehmet II
het dit formeel bekragtig na die val van
Konstantinopel
in 1453. Athos se onafhanklikheid is so in ’n mate verseker.
Die 15de en 16de eeu was redelik vreedsaam vir Athos en die kloosters het vooruitgegaan. ’n Voorbeeld is die stigting van die Stavronikita-klooster, die laaste van die kloosters op Athos. Na die verowering van
Serwie
deur die Ottomane het baie Serwiese monnike na Athos gekom. ’n Bewys van hoeveel
Serwiers
daar was, kan gesien word in die talle Serwiese monnike wat in die tyd verkies is tot die amp van
protos
.
Sultan
Selim I
was ’n groot weldoener van die Xiropotamou-klooster. In 1517 het hy ’n edik uitgevaardig dat "die plek waar die Heilige Evangelie verkondig word, wanneer dit ook al afgebrand of selfs beskadig word, weer gebou sal word". Hy het ook voorregte aan die kloostergemeenskap toegeken, en die bou van die eetsaal en restourasie van die muurskilderings gefinansier wat tussen 1533 en 1541 voltooi is.
[6]
Hoewel die kloosters meestal in vrede gelaat is, het die Ottomane swaar belastings gehef en soms belangrike grond van hulle afgeneem. Dit het eindelik gelei tot ’n finansiele krisis op Athos in die 17de eeu en tot die sogenaamde "idiorritmiese" (halfhermitiese) lewenstyl, eers by ’n paar van die kloosters en later, in die eerste helfte van die 18de eeu, by almal.
In teenstelling met die "koenobitiese" of kloosterstelsel, het die monnike in idiorritmiese gemeenskappe private eiendom, hulle werk vir hulself en is self verantwoordelik om kos en ander noodsaaklikhede te kry. Hulle eet alleen in hul selle en kom net by die kerk byeen. Terselfdertyd is die ab van die kloosters vervang deur komitees, en by Karyes is die
protos
vervang deur ’n komitee van vier lede.
[7]
In 1749, met die stigting van die Athos-akademie naby die Vatopedi-klooster, het die plaaslike kloostergemeenskap ’n leidende rol gespeel in die moderne Griekse Verligting van die 18de eeu.
[8]
Die instelling het ’n hoe vlak van opvoeding aangebied, onder meer in antieke
filosofie
en moderne
natuurkunde
.
[9]
Russiese
tsaars
en prinse van
Moldawie
,
Wallachye
en
Serwie
(tot aan die einde van die 15de eeu) het die kloosters help oorleef met groot skenkings. Oor die volgende eeue het die bevolking en die rykdom van die kloosters afgeneem, maar in die 19de eeu het ’n oplewing plaasgevind, veral danksy die Russiese regering. Die bevolking het in die loop van die eeu stadig gegroei en in 1902 ’n hoogtepunt van meer as 7 000 monnike bereik, hoewel die getal betwis word.
[notas 3]
In 1912, tydens die
Eerste Balkanoorlog
, is die Ottomane deur die Griekse vloot verdryf.
Griekeland
het die skiereiland opgeeis as deel van die vredesooreenkoms wat op 30 Mei 1913 in
Londen
onderteken is.
Weens die tekortkominge van die Vredesverdrag van Londen het die
Tweede Balkanoorlog
in Junie 1913 uitgebreek. ’n Finale vredesooreenkoms is op 10 Augustus 1913 in
Boekarest
onderteken.
In Junie 1913 het ’n klein Russiese vloot, bestaande uit die kanonneerboot Donets en die vervoerskepe Tsar en Cherson, die aartsbiskop van
Wologda
en ’n paar soldate na Athos gebring om ’n teologiese twispunt te besleg oor
imjaslawije
(’n Russies-Ortodokse beweging).
Die aartsbiskop het samesprekings met die
imjaslaftsi
gehou en hulle probeer oorreed om vrywillig van hul oortuigings afstand te doen, maar dit het misluk. Op 31 Julie 1913 het die soldate die St. Panteleimon-klooster bestorm. Die Cherson is in ’n tronkskip omskep en verskeie
imjaslaftsi
-monnike is na Rusland gestuur.
Na ’n kort diplomatieke konflik tussen Rusland en Griekeland oor die grondgebied het die skiereiland na die
Eerste Wereldoorlog
amptelik onder die soewereiniteit van Griekeland gekom.
Die skiereiland word volgens verskeie vredesooreenkomste beskou as deel van Griekeland. Na die
Nazi
-oorname van Griekeland het Athos se uitvoerende komitee
Hitler
gevra om die Outonome Kloosterstaat onder sy persoonlike beskerming te plaas, en Hitler het ingestem. Athos het die
Tweede Wereldoorlog
amper ongeskonde oorleef.
[10]
Later het ’n spesiale vergadering van die Heilige Gemeenskap in Karyes die "Grondwethandves van die Heilige Berg" uitgereik, wat deur die Griekse parlement bekragtig is. Die status van die "selfregerende kloosterstaat" is vervat in ’n dekreet van 972 van die Bisantynse keiser
Johannes I Tzimiskes
. Hierdie belangrike dokument word in die Huis van die Heilige Administrasie in Karyes bewaar. Die selfregering van die Heilige Berg is in 1095 herbevestig deur keiser
Alexios I Komnenos
.
Volgens die Griekse grondwet
[11]
is Athos (die "Kloosterstaat van Agion Oros") "kragtens antieke bevoorregting", ’n "selfregerende deel van die Griekse Staat, waarvan die soewereiniteit vir altyd ongeskonde sal bly", en bestaan dit uit 20 hoofkloosters en Karyes, die hoofstad en administratiewe sentrum. Dit is bekragtig toe Griekeland tot die
Europese Unie
(toe die Europese Gemeenskap) toegelaat is.
Die kloosters van Athos het ’n geskiedenis van teenstand teen die beweging om die
Ortodokse Kerk van Konstantinopel
en die
Rooms-Katolieke Kerk
te herenig. Die Esphigmenou-klooster is veral daarteen gekant. In 1972 het hulle swart vlae gehys om protes aan te teken teen ’n vergadering tussen
patriarg Athenagoras I van Konstantinopel
en
pous Paulus VI
. Esphigmenou is toe uit die verteenwoordigende liggame van die Athos-gemeenskap geskop en in 2002 het
patriarg Bartolomeus I van Konstantinopel
die monnike van Esphigmenou tot ’n onwettige broederskap verklaar. Hy het gelas dat hulle uitgesit word; die monnike het geweier om uitgesit te word en die patriarg het gelas dat ’n nuwe broederskap hulle vervang.
Nadat die getalle in 1971 ’n laagtepunt bereik het van net 1 145 ouer monnike, het dit weer gegroei. Teen 2000 was daar 1 610 monnike, met ’n groot aantal jong, goed opgevoede monnike wat by die kloosters en verwante skiti's aangesluit het. In 2009 was daar byna 2 000 monnike.
[1]
Baie van die jonger monnike het ’n universiteitsgraad en gevorderde aanleg en hulle werk aan die katalogisering en restourasie van Athos se groot versameling manuskripte, priestergewade, ikone, liturgiese voorwerpe en ander kunswerke, waarvan die publiek in ’n groot mate onbewus is weens die enorme omvang daarvan. Die projekte, wat deur
Unesco
en die
EU
gefinansier word en waarvoor verskeie akademiese instellings hulp verleen, is goed op dreef, hoewel dit verskeie dekades sal neem om te voltooi.
Administrasie en organisasie
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Heilige Berg word regeer deur die Heilige Gemeenskap, wat uit verteenwoordigers van die 20 kloosters bestaan. Die uitvoerende komitee daarvan is die Heilige Administrasie van vier lede, met die
protos
aan die hoof.
Die burgerlike owerheid word verteenwoordig deur die burgerlike goewerneur, wat deur die Griekse departement van buitelandse sake aangestel word. Sy hoofdoel is om toesig te hou oor die werking van die instellings en openbare orde. Die huidige burgerlike goewerneur is Aristos Kasmiroglou.
[12]
Op geestelike gebied val Athos onder die jurisdiksie van die
Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel
.
In elk van die kloosters ? wat vandag almal die "koenobitiese" stelsel volg ? word die administrasie behartig deur die ab, wat lewenslank in die amp bly. Hy word deur die broederskap verkies, en is die hoof en geestelike vader van die klooster. Al die ander inrigtings (skiti's, selle en hutte) val onder een van die kloosters.
Van die 20 kloosters op die skiereiland is 17 oorheersend Grieks. Die monnike van die ander drie kloosters kom van ander lande. Hulle is die
Hilandar-,
Zograf- en Agiou Panteleimonos-klooster (onderskeidelik
Serwies
,
Bulgaars
en
Russies
). Almal wat in die kloosters gaan woon, kry dadelik Griekse burgerskap.
Die meeste van die skiti's is Grieks, buiten twee wat
Roemeens
is, Timiou Prodromou (wat onder die Groot Lawra val) en die idiorritmiese Agiou Dimitriou (Agiou Pavlou-klooster), en die Bulgaarse Bogoroditsa (Agiou Panteleimonos-klooster).
Besoekers word per veerboot na die skiereiland geneem, of van die Ouranoupoli-hawe (vir die kloosters aan die weskus) of Ierrisos (vir die ooskus). Almal wat aan boord gaan, moet ’n spesiale permit (
diamon?t?rion
) vir Athos he, ’n soort Bisantynse paspoort in Grieks volgens die
Juliaanse kalender
. Dit word geteken deur vier van die sekretarisse van die groot kloosters. Geestelikes van die Ortodokse Kerk moet spesiale toestemming van die
Patriarg van Konstantinopel
kry.
Vir niegeestelikes is daar twee soorte
diamon?t?ria
: die algemene permit laat die besoeker toe om by van die kloosters te oornag, maar net vir ’n paar dae; met die spesiale permit mag hy net een klooster besoek, maar vir so lank bly as wat hy met die monnike ooreengekom het. Van besoekers word verwag om kort hare te he, anders word hul hare by hul aankoms geknip.
Die algemene
diamon?t?rion
kan op versoek van die Pelgrimsburo in
Thessaloniki
verkry word. As dit toegeken word, word dit op die dag van vertrek by die spesifieke hawe uitgereik. Daarna kan ’n besoeker ’n klooster kontak om ’n bed vir die nag te bespreek (slegs een nag per klooster). Plek op die veerbote moet vir die retoervaart bespreek word. Die algemene permit kan met ’n paar dae verleng word deur by die hoofkantoor in Karyes aansoek te doen, of wanneer iemand ’n monnik wil word, by ’n klooster.
Die meeste besoekers arriveer in die klein hawe van
Dafni
, van waar hulle per pad na Karyes of per kleiner boot na ander kloosters geneem word. Daar is ’n openbare busdiens tussen Dafni en Karyes. Duur taxi's wat deur monnike bestuur word, is ook beskikbaar. Besoekers aan die kloosters aan die weskus verkies gewoonlik om op die veerboot te bly en by die klooster van hul keuse af te klim.
Verbod op vroulike besoekers
[
wysig
|
wysig bron
]
Daar is ’n verbod op vroulike besoekers om dit makliker vir die monnike te maak om
selibaat
te lewe.
[13]
- Daar het al vroue op Athos geskuil tydens revolusies en oorloe, soos
Joodse
vroue tydens die
Tweede Wereldoorlog
.
- In die 14de eeu het tsaar Stephen Uro? IV Du?an van Serwie sy vrou, Helena van Bulgarye, na Athos gebring om haar teen die pes te beskerm, maar sy het nie tydens haar besoek aan die grond geraak nie en is heeltyd in ’n drastoel rondgedra.
[14]
- Die Franse skrywer Maryse Choisy het in die 1920's aan land gegaan nadat sy haar as ’n matroos vermom het en het later daaroor geskryf in
Un mois chez les hommes
("’n Maand Saam met Mans").
[15]
- In die 1930's het Aliki Diplarakou, die eerste Griekse skoonheid wat die Mej. Europa-titel gewen het, die wereld geskok toe sy die skiereiland besoek het vermom as ’n man. Haar eskapade is in
Time
se uitgawe van 13 Julie 1953 bespreek in ’n artikel met die opskrif "Die Klimaks van Sonde".
[16]
- In 1953 het Cora Miller, ’n Amerikaanse onderwyseres van Athens,
Ohio
, vir ’n kort ruk op Athos geland saam met twee ander vroue en omstredenheid onder die monnike veroorsaak.
[17]
- In 2003 het die
Europese Parlement
versoek dat die verbod opgehef word omdat dit die "algemeen aanvaarde beginsel van gender-gelykheid oorskry".
[18]
- On 26 Mei 2008 het vyf
Moldowiers
, onder wie vier vroue, Griekeland onwettig binnekom en op Athos beland. Die monnike het hulle vir hul oortreding vergewe en ingelig dat die gebied verbode was vir vroue.
[19]
Status in die Europese Unie
[
wysig
|
wysig bron
]
As deel van ’n
EU
-lidstaat is Athos deel van die EU en dus grootliks onderworpe aan die se wette. Hulle is ook deel van die
Schengen
-gebied;
[20]
in ’n verklaring by sy aansluitingsverdrag vra Griekeland dat Athos se "spesiale status" in gedagte gehou moet word in die toepassing van die Schengen-regulasies.
[21]
Die monnike was sterk gekant teen Griekeland se aansluiting omdat hulle bang was dit sou die eeue oue verbod op vroue beeindig.
[22]
’n Spesiale permit is egter steeds nodig vir ’n besoek aan die skiereiland.
Letterkunde- en kunsskatte
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Athos-kloosters besit groot
Middeleeuse
kunsskatte, onder meer
ikone
, liturgiese gewade en voorwerpe (kruise, nagmaalbekers), kodekse en ander Christelike geskrifte, keiserlike dekrete ens. Tot onlangs was daar geen bestudering of argiefbewaring van die skatte nie, maar met finansiering van die EU word katalogisering, beskerming en restourasie sedert die 1980's uitgevoer.
Die
Juliaanse kalender
, wat nou 13 dae agter die
Gregoriaanse kalender
is, word steeds op Athos gebruik. In 1923 het sommige Oosters-Ortodokse kerke oorgeslaan na die
Hersiene Juliaanse kalender
, maar die monnike het daarteen besluit.
Die
Bisantynse tyd
word ook gebruik, waarvolgens die dag met sonsondergang saam met die liturgiese dag begin. Die verskille tussen die tyd en gewone tyd wissel dus met die seisoene. Horlosies wat die Bisantynse tyd aandui, moet voortdurend met die hand verander word. Dit word gewoonlik weekliks, op Saterdae, gedoen; as die kruin van Athos gesien kan word, word 00:00 gestel wanneer die laaste strale van die son van die kruin verdwyn. Sommige kloosters het ook horlosies wat die gewone tyd wys omdat bote daarvolgens aankom en vertrek, en ook omdat besoekers gedisorienteer kan raak.
Grieks
word in die meeste kloosters gepraat, maar in die drie anderstalige kloosters word
Russies
,
Bulgaars
en
Serwies
gepraat. In twee skiti's word ook
Roemeens
gepraat. Daar is egter monnike van regoor die wereld en baie praat hul eie taal en ook ander tale.
Benewens die 20 kloosters woon monnike ook in alternatiewe behuising soos selle, hutte, skiti's, kluisenaarshutte, afsondering, grotte ens. Hulle word almal "dependensies" (εξαρτ?ματα) van die kloosters genoem. Almal behalwe die skiti's kan ook "selle" genoem word. Daar is dus drie soorte verblyf op Athos: kloosters, selle en skiti's.
Wanneer iemand ’n klooster besoek, kan hy die monnike se roetine meemaak: gebed, gesamentlike etes, werk en rus. Tydens godsdienstige feeste verander die rooster heeltemal en kan lang wake gehou word. Die hekke van die kloosters word tussen sonsondergang en sonsopkoms gesluit.
’n Sel is ’n huis met ’n klein kerk waar een tot drie monnike woon onder die geestelike en administratiewe toesig van ’n klooster. Die lewe in die selle verskil heeltemal van die in die kloosters. Sommige selle lyk soos klein plaashuise, ander soos armoedige hutte, of soos ou Bisantynse en Russiese huise. Elke sel het gewoonlik ’n stuk grond vir landbou- en ander doeleindes. Die sel moet sorg vir sy eie inkomste. Benewens die tradisionele beroepe (soos landbou, hengel, houtsneewerk, kleremakery, ikonografie, boekbinding ens.) word nuwe beroepe ook nou beoefen, soos taxidrywery, koerierdienste, motorherstelwerk en rekenaardienste. Die monnike kan hul eie roosters uitwerk.
Klein gemeenskappe van naburige selle is sedert die begin van die kloosterbestaan op Athos ontwikkel en sommige van hulle gebruik die woord "skiti" (σκ?τη), wat kloosternedersetting beteken, of "lawra" (λα?ρα), kloostergemeenskap. Die woord "skiti" is van
Arabiese
oorsprong en is in sy oorspronklike vorm die naam van ’n plek in die
Egiptiese
woestyn.
[23]
Dit is in die Egiptiese woestyn waar die eerste kloosters ontstaan het.
[24]
Later het die skiti's meer monnike gelok. Hulle het hul geboue uitgebrei en volgens die kloosterwyse begin lewe. Aangesien die getal kloosters op Athos tot 20 beperk word, is ’n nuwe term gebruik: "koenobitiese skiti" (κοιν?βιο? σκ?τη), terwyl die tradisionele vorm "idiorritmiese skiti" (ιδι?ρρυθμο? σκ?τη) genoem is om ’n onderskeid te tref.
Die eerste volg wat leef- en boustyl betref die tipiese model van ’n klooster ? ’n gemeenskap wat saam bly, werk deel en daagliks saam aanbid. In teenstelling daarmee lyk idiorritmiese skiti's (tussen ’n kloosterlewe en die afgesonderde bestaan van ’n hermiet) soos ’n klein dorpie, en die lewe daar is baie soos in ’n sel. Daar is egter ook pligte vir die gemeenskap. In die middel rond is die kerk waar almal vir die hoofdiens bymekaarkom, asook op Sondae en feesdae. Daar is gewoonlik ook ’n administrasiekantoor, begraafplaas, biblioteek, stoorkamer en gastekamer.
Lys van godsdienstige instellings
[
wysig
|
wysig bron
]
Die soewereine kloosters volgens senioriteit is:
- Groot Lawra
(Μεγ?στη Λα?ρα,
Megisti Lavra
)
- Vatopedi-klooster
(Βατοπ?δι of Βατοπα?δι)
- Iviron-klooster
(Ιβ?ρων;
Georgies
: ?????? ?????????,
iwerta monasteri
) ? deur
Georgiers
gebou
- Hilandar-/Chilandar-klooster
(Χιλανδαρ?ου,
Chilandariou
;
Serwies
: Хиландар) ? Serwies
- Dionysiou-klooster
(Διονυσ?ου)
- Koutloumousiou-klooster
(Κουτλουμο?σι)
- Pantokratoros-klooster
(Παντοκρ?τορο?)
- Xeropotamou-klooster
(Ξηροποτ?μου)
- Zograf-klooster
(Ζωγρ?φου;
Bulgaars
: Зограф) ? Bulgaars
- Dochiariou-klooster
(Δοχειαρ?ου)
- Karakallou-klooster
(Καρακ?λλου)
- Filotheou-klooster
(Φιλοθ?ου)
- Simonopetra-klooster
(Σ?μωνο? Π?τρα of Σιμων?πετρα)
- Agiou Pavlou-klooster
(Αγ?ου Πα?λου,
Agiou Pavlou
, Sint Paulus)
- Stavronikita-klooster
(Σταυρονικ?τα)
- Xenophontos-klooster
(Ξενοφ?ντο?)
- Osiou Grigoriou-klooster
(Οσ?ου Γρηγορ?ου, Die agbare Gregorius)
- Esphigmenou-klooster
(Εσφιγμ?νου)
- Agiou Panteleimonos-klooster
(Αγ?ου Παντελε?μονο?,
Agiou Panteleimonos
, St. Pantaleon; Пантелеймонов,
Panteleimonof
; of Ρωσικ?ν,
Rossikon
) ? Russies
- Konstamonitou-klooster
(Κωνσταμον?του)
Daar is twaalf amptelike skiti's:
Skiti / Σκ?τη
|
Soort
|
Klooster
|
Alternatiewe name / notas
|
Agias Annas
Αγ?α? ?ννα?
|
Idiorritmies
|
Megistis Lavras
|
(=Sint Anna)
Agianna
|
Agias Triados of Skiti Kafsokalyvion
Αγ?α? Τρι?δο? ? Καυσοκαλυβ?ων
|
Idiorritmies
|
Megistis Lavras
|
(=Heilige Drie-eenheid)
Kafsokalyvia (="gebrande hutte")
|
Timiou Prodromou
Τιμ?ου Προδρ?μου
|
Koenobities
|
Megistis Lavras
|
(=Heilige Voorloper, i.e. Johannes die Doper)
Prodromu, Sfantul Ioan Botez?torul
? Roemeens
|
Agiou Andrea
Αγ?ου Ανδρ?α
|
Koenobities
|
Vatopediou
|
(=Sint Andreas)
ook bekend as Sarai (Σαρ?ι)
|
Agiou Dimitriou
Αγ?ου Δημητρ?ου
|
Idiorritmies
|
Vatopediou
|
(=Sint Demitrius)
Vatopedini
|
Timiou Prodromou Iviron
Τιμ?ου Προδρ?μου Ιβ?ρων
|
Idiorritmies
|
Iviron
|
(=Heilige Voorloper, i.e. Johannes die Doper)
Iviritiki
|
Agiou Panteleimonos
Αγ?ου Παντελε?μονο?
|
Idiorritmies
|
Koutloumousiou
|
(=Sint Pantaleon)
Koutloumousiani
|
Profiti Ilia
Προφ?τη Ηλ?α
|
Koenobities
|
Pantokratoros
|
(=Profeet Elia)
|
Theotokou of Nea Skiti
Θεοτ?κου ? Ν?α Σκ?τη
|
Idiorritmies
|
Agiou Pavlou
|
(=van die Geboorteskenker van God of Nuwe Skiti)
|
Agiou Dimitriou tou Lakkou of Lakkoskiti
Αγ?ου Δημητρ?ου του Λ?κκου ? Λακκοσκ?τη
|
Idiorritmies
|
Agiou Pavlou
|
(=Sint Demitri van die ravyn)
Lacu, Sfantul Dumitru ? Roemeens
|
Evangelismou tis Theotokou
Ευαγγελισμο? τη? Θεοτ?κου
|
Idiorritmies
|
Xenophontos
|
(=Boodskap van Teotokos)
Xenofontini
|
Bogoroditsa
Βογορ?διτσα
|
Koenobities
|
Agiou Panteleimonos
|
(=Teotokos, Geboorteskenker van God)
Богородица ? Russies
|
-
Die Sipres van Athanasius van Athos, Groot Lawra.
-
Uitsig van die boot af.
-
Die kerk van die Roemeense skiti Timiou Prodromou.
-
Die Roemeense skiti Timiou Prodromou.
-
Relieke van Timiou Prodromou. ’n Vrye vertaling van die boodskap op die middelste kopbeen is: "Wat ek is, sal jy ook wees. Wat jy is, was ek al."
-
’n Fresko van Agiou Dimitriou.
-
Die binnehof van die Groot Lawra.
-
Die strate van Karyes.
-
Die Katolikon van die Groot Lavra.
-
Die akwaduk van die Stavronikita-klooster.
-
Die Karakalou-klooster.
-
Die Esphigmenou-klooster vanaf die see.
-
Muurskilderings van die Katolikon.
-
’n Skip by Athos.
- ↑
Hierdie tradisie is deur st. Gregory Palamas ingesluit in sy boek
Life of Petros the Athonite
. bl. 150, 1005 n.C.
- ↑
Biografie van St. Athanasius van Athos
- ↑
Die getal word betwis. Volgens sommige Griekse rekords was sowat 4 000 of meer van die monnike Russies, maar nie almal was regte monnike nie. Hulle was soldate wat soos monnike aangetrek was in ’n poging om die Heilige Berg in ’n Russiese vlootbasis te omskep. Rusland ontken dit egter.
- ↑
1,0
1,1
Robert Draper,
'Mount Athos'
Geargiveer
11 Augustus 2011 op
Wayback Machine
, National Geographic, Desember 2009
- ↑
Athonite monasticism at the dawn of the third millennium
, Pravmir Portal, September 2007
- ↑
[1]
"Macedonian Heritage ? The History of Mount Athos", URL besoek op 2012-01-28
- ↑
Warry, J. 1998
Warfare in the Classical World
Salamander Books Ltd., Londen p. 35
- ↑
Kadas, Sotiris.
The Holy Mountain
(in Grieks). Athene: Ekdotike Athenon. p. 9.
ISBN
960-213-199-3
.
- ↑
"Municipality of Stagira, Acanthos"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 Desember 2004
. Besoek op
13 April
2013
.
- ↑
Kadas, Sotiris.
The Holy Mountain
(in Grieks). Athene: Ekdotike Athenon. pp. 14?16.
ISBN
9-602-13199-3
.
- ↑
Facaros, Dana; Theodorou, Linda (2003).
Greece
. New Holland Publishers. p. 578.
ISBN
978-1-86011-898-2
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 Oktober 2012
. Besoek op
13 April
2013
.
- ↑
Scupoli, Lorenzo; Nicodemus of the Holy Mountain (1978).
Unseen warfare: the Spiritual combat and Path to paradise of Lorenzo Scupoli
. St Vladimir's Seminary Press. p. 41.
ISBN
978-0-913836-52-1
.
- ↑
"The Hitler icon: How Mount Athos honored the Fuhrer ? Alan Nothnagle"
. Open Salon. 27 Oktober 2010. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 2 Februarie 2013
. Besoek op
15 September
2011
.
- ↑
Article 105 of the Constitution of Greece
? The regime of Mount Athos.
- ↑
(
fr
)
www.orthodoxie.com
- ↑
Mount Athos
, ’n IFPA (Independent Film Production Associates Limited) ? Cinevideo-koproduksie in samewerking met Channel 4 Television, Londen. 1985.
- ↑
(C) 2006, ABC Design & Communication (12 November 1935).
"Vagabond"
. Vagabond-bg.com
. Besoek op
5 Mei
2009
.
- ↑
Sack, John (1959).
Report from Practically Nowhere
. New York: Curtis Publishing Company. pp. 148?149.
- ↑
The Climax of Sin
Geargiveer
14 Junie 2006 op
Wayback Machine
,
Time
, 1953
- ↑
"Women Invade Athos Despite 1,000-Year Ban"
.
New York Times
(in Engels). 26 April 1953.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 November 2012
. Besoek op
15 Julie
2011
.
- ↑
"European Parliament resolution on the situation concerning basic rights in the European Union"
(in Japannees). Europese Parlement. 15 Januarie 2003.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020
. Besoek op
6 September
2008
.
- ↑
Women breach all-male Greek site
- ↑
The Greek
accession treaty
does not specifically exclude Mount Athos from the Convention's territorial scope.
- ↑
Joint Declaration No. 5 attached to the Final Act of the
accession treaty
.
- ↑
"Monks see Schengen as Satan's work"
(in Engels). BBC News. 16 Junie 1998.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2002
. Besoek op
14 April
2013
.
- ↑
Verskeie vorms bestaan: Skiathis, Sketis, Skithis, Skitis, Skete, Oros Nitrias (Nitria), Wadi el-Natrun ens.
- ↑
"Geskiedenis van die Egiptiese Monnike" (Historia Monachorum in Aegypto), skrywer onbekend