in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vrydag
is die weeksdag tussen
Donderdag
en
Saterdag
. Die naam is afkomstig van die
Germaanse godin
Frigg
en beteken "Frigg se dag".
In meeste lande met 'n vyfdag-werksweek is Vrydag die laaste werksdag voor die naweek en word daarom na uitgesien as 'n rede vir viering of verligting. Die uitdrukking "
TGIF
" is 'n afkorting vir "
Thank God it's Friday
". Die frase is deur 'n fliek in die 1970's gewild gemaak, en is ook die inspirasie vir die restaurantgroep
T.G.I. Friday's
.
In
Islam
is Vrydag die dag van publieke aanbidding in
moskees
, sien
Vrydaggebed
. Die Islamitiese week begin wel steeds op 'n Sondag en eindig op 'n Saterdag, net soos die
Joodse
en
Christelike
week.
Die Joodse
sabbat
begin om sonsondergang op Vrydag en hou aan tot sonsondergang op Saterdag.
"Friday" was die naam van 'n kannibaal, wat die dienskneg van Robinson Crusoe geword het.
Cadbury
het 'n sjokoladestafie bemark met die slagspreuk "
Thank Crunchie it's Friday
".
In baie kulture word Vrydag as rampspoedig gesien; sien
Vrydag die 13de
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Friday
.
|
|
Sien
Vrydag
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|