Innocentius VIII
was die 213de
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
van
1484
tot
1492
.
Pous Innocentius VIII
[1]
is gebore as
Giovanni Battista Cibo
(of Cybo) in
1432
in
Genua
,
Italie
. Hy is van Griekse afkoms en die seun van Arano Cybo en sy vrou Teodorina de Mari. Sy oupa aan vaderskant was Muarizio Cybo en sy ouma Saeacina Marocelli. Hy het aan die hof van Napels groot geword en het in Padua en Rome studeer. In Rome word hy 'n priester in die gevolg van kardinaal Calandnini, die halfbroer van
Pous Nicolaas V
. Op
5 November
1466
stel
Pous Paulus II
hom aan as biskop van Savona, op
16 September
1472
as biskop van Molfetta en op
7 Mei
1473
met die hulp van kardinaal
Giuliano della Rovere
(later
Pous Julius II
) word hy kardinaal. Op
29 Augustus
1484
volg hy
Pous Sixtus IV
op en word op
12 September
1484
gekroon deur kardinaal Francesco Nanni-Todeschini Piccolomini. Hy regeer tot sy dood op
25 Julie
1492
en word opgevolg deur
Pous Alexander VI
. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'die onskuldige'.
Die konklaaf was verdeel in verskeie faksies en kardinaal Giuliano della Rovere, wat self nie genoeg stemme gehad het nie, het die verkiesing van
Pous Innocentius VIII
[2]
bewerkstellig omdat hy gedink het hy sal die nuwe pous kan beheer. Kort na sy kroning het Innocentius die
Christendom
opgeroep tot 'n
kruistog
teen die Turke. Die oproep het niks opgelewer nie, deels omdat die pous self vir 'n jaarlikse prys van 20 000 dukate en 'n Heilige Lans ingestem het om die broer Djem van die sultan
Bajezid II
in die Vatikaan gevange te hou. Die Heilige Lans is plegtig in Rome ontvang op
31 Mei
1492
. Hy erken ook
Hendrik VII
as die eerste Tudor koning van
Engeland
.
Op
5 Desember
1484
publiseer Innocentius sy
bul
Summis desiderantes affectibus
wat die
heksejag
ingestel het. Veral in Duitsland het dit 'n gevolg gehad. In
1487
stel hy Tomas de Torquemada as hoof van die Spaanse Inkwisisie aan. Hy het ook 'n kruistog teen die Waldensers bepleit. In
1486
het hy die lees van die 900 proposisies van Pico Mirandola (De dignitate hominis) verbied.
Hy het die kasteel van Magliana, waar hy in die seisoen gejag het, laat verbeter. Aangesien hy voortdurend gebrek aan geld gehad het, het hy simonie toegepas en nuwe ampte en titels aan die pouslike hof ingestel en dan verkoop. Hy het ook sy myter en tiara aan die bankiers van Rome verpand.
In
1489
het hy Ferdinand I van Napels
geekskommunikeer
, nadat Ferdinand nie vir sy troon betaal het nie en 'n brose vrede van
1486
verbreek is. Die pous het koning Karel VIII van Frankryk gevra om Napels te kom oorneem. Die konflik het eers in
1494
geeindig lank na Innocentius se dood.
Hy het die Belvedere by die Vatikaan gebou wat deur sy opvolger in die Cortile del Belvedere omskep is. In Januarie
1492
het die Spanjaarde Granada verower van die More. Die nuus is met blydskap in die Vatikaan ontvang. Die pous het 100 Moorse slawe gekry wat hy aan sy vriende in die kurie uitgedeel het. Hy het die Spaanse koning Ferdinand II van Aragon die titel "Katolieke Majesteit" gegee.
Innocentius VIII sterf op
25 Julie
1492
en word oorleef deur twee buite-egtelike kinders.
[3]
Die 1911 uitgawe van die "Encyclopedia Brittannica" se daar was 16 kinders, waarvan die orige 14 as nefies voorgestel is.
[4]
In
1487
trou sy oudste seun Franceschetto Cibo met Maddalena de' Medici, die buite-egtelike dogter van
Lorenzo de' Medici
. Lorenzo se dertienjarige seun Giovanni word kardinaal en later
Pous Leo X
. Die pous se dogter Teodorina Cibo trou met Gerardo Usodimare.
'n Bekende skrywer en teenstander van die pous, Stefano Infessura, beskryf heelwat ongure insidente in sy boek "Diarium urbis Romae". Volgens hom is daar probeer om die pous op sy sterfbed te re-animeer deur 'n bloedoortapping van drie jong seuns. Die pous sowel as die kinders het nie die prosedure oorleef nie.
[5]
Die kollege van kardinale
[
wysig
|
wysig bron
]
Pous Innocentius VIII het slegs een konsistorie gehou, waartydens hy agt kardinale aangestel het.
- Lorenzo Cibo de' Mari, kardinaal-nepoot, aartsbiskop van Benevento.
- Ardicino della Porta junior, biskop van Aleria.
- Antonio Gentile Pallaviciono, biskop van Ourense, Spanje.
- Andre d'Espinay, aartsbiskop van Bordeaux.
- Pierre d'Aubusson, Grootmeester van die Orde van Johannes in Jerusalem.
- Maffeo Gherardi, patriarg van Venesie.
- Giovanni de' Medici, kardinaal-nepoot, slegs 13 jaar oud.
- Frederico Sanseverino, apostolies proto-notaris.
Bulle, Ensiklieke en Dekrete
[
wysig
|
wysig bron
]
- 5 Desember
1484
? "Summis desiderantes affectibus" (Oor die heksejag).
- Duff, Eamon (2001).
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press.
ISBN 0300091656
.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002).
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson.
ISBN 0500017980
.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|