in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eugenius I
was die 8ste
teenpous
asook die 75ste wettige
pous
van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Pous Eugenius I
is in die
Aventynse Heuwel
distrik van
Rome
gebore as die seun van Rufinianus. Hy was bekend weens sy vroomheid, sagtheid en genadigheid. Hy was 'n priester van sy jong dae en het verskeie poste in die Kerk beklee. Op
16 September
655
volg hy
Pous Martinus I
op en regeer tot sy dood op
2 Junie
657
. Hy word opgevolg deur
Pous Vitalianus
. Die naam ‘Eugenius’ beteken 'edelgeborene' in
Grieks
.
Pous Eugenius I is al op
10 Augustus
654
as teenpous geinstalleer onder dwang van keiser
Constans II van Bisantium
en die goewerneur
Theodorus Calliopas
. Hy het homself pas na die dood van
Pous Martinus I
as die wettige pous beskou.
Hy het hom kragtig verset teen die monotelitisme en die invloed van die keiser van
Bisantium
en sterf toe hy ook verban sou word soos sy voorganger
Pous Martinus I
.
Pous Eugenius word as
heilige
vereer in die
Rooms-Katolieke Kerk
. Sy feesdag is op
2 Junie
.
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon.
Saints and Sinners: A History of the Popes
, Yale University Press, 2001. bl. 62?63.
ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G.
Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present
, Thames & Hudson, 2002, bl. 47.
ISBN 0500017980
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Eugenius I
.
|
- BBKL Inskrywing
(met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing
in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Saamgestel en vertaal uit die
Nederlandse
,
Engelse
,
Duitse
en
Franse
wikipedia.
|
---|
|
1ste?4de eeue
| | |
---|
5de?8ste eeue
| |
---|
9de?12de eeue
| |
---|
13de?16de eeue
| |
---|
17de?20ste eeue
| |
---|
21ste eeu
| |
---|
|