- Hierdie artikel handel oor die stad New York. Vir die gelyknamige deelstaat, sien gerus
New York (deelstaat)
, en vir ander gebruike
New York (dubbelsinnig)
.
New York
of
Nieu-York
, amptelik
City of New York
, gelee in die
deelstaat New York
, is die stad met die grootste bevolking in die
Verenigde State
. Dit is ook die mees dig bevolkte van die groter stede in
Noord-Amerika
.
Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wereld se groot globale stede (saam met
Londen
,
Tokio
en
Parys
). Die stad beskik oor 'n versameling van
museums
, kunsgalerye,
teaters
, mediaondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en
effektebeurse
. Die stad is ook die tuiste van die
Verenigde Nasies
, tesame met al die internasionale takke wat daarmee geassosieer word.
New York het 'n bevolking van 8,55 miljoen in 'n area van ongeveer 800 km². Dit is gelee in die hart van die New Yorkse Metropolitaanse Gebied, wat met 'n bevolking van ongeveer 22 miljoen een van die grootste stedelike konglomerasies ter wereld vorm. Die stad beskik oor vyf
boroughs
: Die
Bronx
,
Brooklyn
,
Manhattan
,
Queens
en
Staten-eiland
. Elkeen van hierdie
boroughs
, behalwe vir Staten-eiland, bevat oor 'n miljoen inwoners en sou elkeen as een van die VSA se grootste stede gesien word, indien elkeen afsonderlik in ag geneem word.
New York lok groot getalle immigrante van oor die 180 lande, sowel as groot getalle migrante van dwarsoor die VSA, wat na die stad kom vir die stad se kultuur, energie, kosmopolitiese karakter, en met die hoop om 'n sukses te wees in die "Big Apple." Die stad word ook beskou as een van die veiligste groot stede in die VSA, ten spyte van sy grootte en bevolkingsdigtheid.
New York-stad dien ook as 'n reuse aandrywer van die wereld se ekonomie ? met 'n geskatte bruto metropolitaanse produk van ongeveer $500 miljard binne die stad se grense. New York is ook die tuiste van meer Fortune 500-maatskappye as enige ander plek in die VSA. As die stad 'n land op sy eie was, sou dit die 17de grootste
bruto binnelandse produk
in die wereld gehad het, groter as die van
Switserland
($377 miljard) en amper gelyk aan die van
Rusland
($586 miljard).
Toe die gebied van die huidige New York deur die eerste Europeer, die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazzano verken is,
[3]
is dit deur die Lenape-
Indiane
bewoon. 'n
Nederlandse
pelshandelspos, wat later
Nieuw Amsterdam
genoem is, het in 1614 as die eerste Europese nedersetting aan die mees suidelike punt van die skiereiland Manhattan ontstaan. Die koloniale direkteur-generaal Peter Minuit het die skiereiland in 1626 na bewering vir glaskraletjies ter waarde van 24 VSA-$ van die inheemse Canarsie-stam gekoop.
[4]
In 1664 is die Nederlandse kolonie deur die Britte verower, en ter ere van die destydse Britse troonopvolger, die hertog van York en latere koning Jakob II van Engeland, is die stad se naam gewysig tot New York.
Onder die Britse heerskappy het New York tot 'n belangrike handelshawe ontwikkel. In 1754 het die Columbia-universiteit, tans een van die oudste tersiere instellings in die VSA, 'n oktrooi van koning
George II
as King's College in Laer Manhattan gekry. Gedurende die
Amerikaanse Rewolusionere Oorlog
was die stad die toneel van 'n reeks belangrike slagte, wat later as die New Yorkse Veldtog bekend sou staan.
Die Kontinentale Kongres het in New York vergader, en in 1789 is die eerste
President van die Verenigde State
,
George Washington
, in die Federal Hall in Wall-straat ingesweer. New York is op 13 September 1788 tot
hoofstad
van die Verenigde State verklaar en het tot 1790, toe
Philadelphia
hierdie funksie oorgeneem het, as die administratiewe sentrum gedien.
[5]
Gedurende die
19de eeu
is die stad deur grootskaalse immigrasie, 'n visionere ontwikkelingsplan (die Commissioner's Plan van die jaar 1811, wat die stad se straatrooster oor die hele Manhattan uitgebrei het) en die opening van die
Eriekanaal
in 1819, wat die Atlantiese seehawe met die groot landboumarkte van die Amerikaanse binneland verbind het, volledig verander. In 1835 het New York die Pennsilvaniese
metropool
Philadelphia as die grootste stad in die Verenigde State verbygesteek. Die plaaslike politiek het destyds onder die sterk invloed van
Ierse
immigrante gekom, terwyl welvarende koopmanne en handelaars die stigting van
Central Park
bevorder het ? die eerste landskapstuin in 'n Amerikaanse stad, wat in 1857 geopen is.
Die ontsteltenis van burgers oor die verpligte krygsdiens gedurende die
Amerikaanse Burgeroorlog
(1861?1865) het aanleiding gegee tot die New Yorkse Dienspligonluste van die jaar
1863
, van die ergste onluste in die Amerikaanse geskiedenis.
Die moderne New York is in 1898 deur die insluiting van Brooklyn, Manhattan en munisipaliteite in die ander stadswyke gevorm. Die opening van die nuwe
moltreinstelsel
(
New York City Subway
) in 1904 het die samesmelting van die voormalige onafhanklike stede met New York 'n aansienlike hupstoot gegee. New York het in die eerste helfte van die
20ste eeu
tot 'n wereldsentrum van nywerhede, handel en kommunikasie ontwikkel. Die brandramp in die
Triangle Shirtwaist
-fabriek, wat in 1911 die lewens van 146 werkers geeis het, was die ergste in die industriele geskiedenis van New York en het die stigting van die Internasionale Vakbond van Vrouewerkers in die Tekstielbedryf (
International Ladies' Garment Workers Union
) en verbeterde veiligheidsmaatreels in nywerhede bevorder.
Gedurende die twintigerjare was New York 'n belangrike bestemming vir
Afro-Amerikaners
, wat in die Groot Migrasie vanuit die Suide na die noordelike
deelstate
verhuis het. In 1916 het die stad oor die grootste stedelike swart bevolking van die VSA beskik. Tydens die Amerikaanse Prohibisie het New York sterk gegroei, en sy stadshorison is deur 'n groter aantal
wolkekrabbers
heeltemaal verander. New York het in 1925
Londen
as die grootste stad ter wereld verbygesteek. Die moeilike jare van die
Groot Depressie
het die aanleiding tot die verkiesing van Fiorello LaGuardia gegee, 'n hervorminggesinde politikus.
Terugkerende veterane van die
Tweede Wereldoorlog
en immigrante uit
Europa
het 'n na-oorlogse groeitydperk en die oprigting van groot woonstelblokke in die oostelike Queens bevorder. New York het vinnig sy posisie as die wereld se beduidenste ekonomiese en finansiele sentrum begin inneem, en Wall-straat het met sy
effektebeurs
, banke en ander instellings die Verenigde State se ontwikkeling tot die belangrikste ekonomie ter wereld bevorder. Die hoofkwartier van die
Verenigde Nasies
, wat in 1952 opgerig is, het die stad se internasionale politieke invloed beklemtoon, terwyl die
abstrakte ekspressionisme
, 'n kunsstyl wat deur plaaslike kunstenaars oorheers is, van New York die wereld se kunshoofstad gemaak het.
[6]
Nogtans het die agteruitgang van die nywerheidsbedryf, groeiende misdaadsyfers en rasseonluste in die 1960's net soos in ander Amerikaanse stede baie blanke middelklasburgers uit die stad verdryf. In die 1980's het die finansiele sektor begin herstel en 'n groter belastinginkomste aan die stadsregering verskaf. Rassespannings het in die 1990's net soos misdaad duidelik afgeneem, en 'n nuwe golf immigrante uit
Asie
en
Latyns-Amerika
het hulle in New York gevestig. Nuwe tegnologiee en nywerheidsgebiede soos Silicon Alley het begin ontwikkel. In die Amerikaanse 2000-sensus het New York se bevolking die hoogste vlak ooit bereik.
Die stad is die ergste in die
terreuraanvalle van 11 September 2001
getref, toe naastenby 3 000 mense in die twee torings van die
Wereldhandelsentrum
gesterf het. Die nuwe Vryheidstoring (
Freedom Tower
), wat op die perseel opgerig is, is in Julie 2013 voltooi.
New York le in die noordoostelike Verenigde State, in die suidooste van die
deelstaat
New York
en halfpad tussen
Washington, D.C.
(228 myl van New York af) en
Boston
(217 myl). Sy ligging naby die monding van die
Hudsonrivier
, wat eers in 'n natuurlike veilige hawe en uiteindelik in die
Atlantiese Oseaan
uitmond, het die ontwikkeling van die stad as 'n belangrike handelspos bevorder. 'n Groot deel van New York se stadsgebied is op die drie eilande
Manhattan
,
Staten-eiland
en die westelike Long Island gelee, en die tekort aan grond het tot 'n hoe bevolkingsdigtheid gelei.
Die Hudsonrivier vloei deur die Hudsonvallei en mond uit in New Yorkbaai. Tussen New York en
Albany
word die riviermonding reeds deur die
getye
van die see geraak. Die Hudson dien ook as die grenslyn tussen New York Stad en die deelstaat
New Jersey
. Die East-rivier (eintlik 'n
seestraat
wat eweneens deur die getye geraak word) vloei vanuit Long Island Sound en skei die
Bronx
en Manhattan van Long Island. Die Haarlemrivier, nog 'n seestraat wat deur die getye geraak word en tussen die East- en Hudsonriviere le, skei Manhattan van die Bronx.
Die landoppervlakte van New York is in die loop van die geskiedenis verskeie kere deur menslike bedrywighede verander, en vanaf die Nederlandse koloniale tydperk is land langs die kuslyne gewen, veral in Laer Manhattan waar in die 1970's en 1980's bouprojekte soos Battery Park City ontstaan het. Sommige van die natuurlike variasies van die plaaslike topografie soos klein heuwels is gelyk gemaak, veral in Manhattan.
Die stad se totale oppervlakte is 468,9 vierkante myl (1 214,4 vierkante kilometer), waarvan 321 vk myl land en 159,88 vk myl water. Die hoogste punt bo seevlak is Todt Hill op Staten-eiland. Met 'n hoogte van 409,8 voet (124,9 meter) is dit ook die hoogste punt langs die Oostelike Kuslyn suid van die deelstaat
Maine
. Die bergspits se bosgebiede maak deel uit van die Staten Island Greenbelt.
Alhoewel dit op dieselfde
breedtegraad
as
Napels
en
Madrid
in die gematigde klimaatsone gelee is, het New York vanwee die plaaslike windpatroon, wat koue lug van die binneland na die stadsgebied voer, 'n vogtige kontinentale klimaat met baie warm somers en koue winters. Nogtans is wintertemperature in die New Yorkse kusgebied hoer as in die Amerikaanse binneland, en die jaarlikse
sneeuval
bly beperk tot tussen 25 en 35 duim (63,5 tot 88,9 sentimeter).
Op sowat 199 dae van die jaar styg temperature bo vriespunt. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 12,5 °C en die gemiddelde jaarlikse neerslag 1 071 millimeter. Julie is die warmste maand met 'n gemiddelde temperatuur van 24,7 °C, Januarie die koudste met 'n gemiddelde van -0,4 °C. Die meeste reenval word in Julie met 'n gemiddelde van 104 millimeter aangeteken, terwyl Januarie met 'n gemiddelde neerslag van 81 millimeter die droogste maand van die jaar is. Die hoogste temperatuur wat ooit aangeteken is, was 41 °C in Julie, die laagste -26 °C in Januarie. Watertemperature langs die New Yorkse kus wissel tussen 3 °C en 23 °C.
In Januarie daal temperature soms tot minder as -20 °C in sonnige, koue winterweer. Noordoostelike winde, die sogenaamde
Northeasters
, voer soms vogtige seelug met sterk winde en swaar reen- of sneeuval na die kusgebied.
Lente en najaar word deur baie wisselvallige weersomstandighede gekenmerk wat van warm en bedompige tot koue weer met sneeuval kan strek. Die somers is gewoonlik baie warm en bedompig met 'n gemiddelde 18 tot 25 dae waarop die kwik tot 32 °C of meer kan styg. Reenval en donderbuie kom gereeld voor.
New York se langtermyn-weerspatroon word deur die sogenaamde Atlantiese Multidekadale Osillasie beinvloed, 'n siklus van sowat 70 jaar wat die Atlantiese Oseaan se temperature afwisselend laat styg en daal en die voorkoms en sterkte van
orkane
en kusstorms in die gebied bepaal. Volgens sommige wetenskaplikes sal die proses van
aardverwarming
hierdie weerpatroon moontlik in die toekoms verander,
Weergegewens vir New York City (Central Park)
|
Maand
|
Jan
|
Feb
|
Mar
|
Apr
|
Mei
|
Jun
|
Jul
|
Aug
|
Sep
|
Okt
|
Nov
|
Des
|
Jaar
|
Hoogste maksimum (°C)
|
22,2
|
23,9
|
30
|
35,5
|
37,2
|
38,3
|
41,1
|
40,0
|
38,8
|
34,4
|
28,8
|
23,8
|
41,1
|
Gemiddelde maksimum (°C)
|
3,3
|
5,0
|
10,0
|
16,1
|
21,6
|
26,1
|
28,9
|
27,8
|
23,8
|
17,8
|
11,7
|
6,1
|
14,9
|
Gemiddelde minimum (°C)
|
?3,3
|
?2,2
|
1,6
|
6,6
|
12,2
|
17,2
|
20,5
|
20
|
15,5
|
10,0
|
5,0
|
0,0
|
8,6
|
Laagste minimum (°C)
|
?21,1
|
?26,1
|
?16,1
|
?11,1
|
0,0
|
6,7
|
11,1
|
10,0
|
3,8
|
?2,2
|
?13,9
|
?25
|
?26,1
|
|
Neerslag (mm)
|
104,9
|
80,0
|
111,0
|
108,7
|
119,1
|
97,5
|
117,3
|
107,2
|
107,4
|
97,8
|
110,7
|
100,3
|
1 261,9
|
Bron: NOAA/National Weather Service
[7]
|
Die openbare vervoerstelsel van New York is die mees gebruikte in die VSA, terwyl die petrolverbruik gelykstaan aan die gemiddelde verbruik van die VSA in die 1920's.
[8]
Danksy die gewildheid van die openbare vervoer is 1,8 miljard gelling brandstof in 2006 gespaar ? die helfte van alle petrol wat in die hele VSA danksy massavervoer bespaar is.
[9]
Die stad se bevolkingsdigtheid, die gewildheid van massavervoer en die minder belangrike rol wat privaatmotors derhalwe speel, maak van New York die mees energie-doeltreffende stad in die VSA.
[10]
Die per capita-vrystelling van
kweekhuisgasse
beloop in New York slegs 7,1 metrieke ton, terwyl die gemiddelde Amerikaner jaarliks 24,5 metrieke ton vrystel. New Yorkers is gemenskaplik slegs vir een persent van die totale vrystelling van kweekhuisgasse in die VSA verantwoordelik, alhoewel hulle 2,7 persent van die totale Amerikaanse bevolking verteenwoordig.
[11]
Die gemiddelde New Yorker verbruik minder as die helfte van die krag wat sy eweknie in
San Francisco
en net 'n kwart van wat 'n inwoner in
Dallas
(
Texas
) benodig.
[12]
In die vroee
21ste eeu
het die stad hom daarop gekonsentreer om die impak wat hy op die omgewing het, te verminder. Die grootskaalse
lugbesoedeling
lei nog steeds tot 'n hoe voorkoms van
asma
en ander asemhalingsiektes onder New Yorkers.
[13]
Die stadsregering het homself verbind om slegs die energie-doeltreffendste toerusting vir die gebruik in kantore en openbare behuising aan te koop.
[14]
New York beskik oor die grootste vloot van omgewingsvriendelike diesel-hibried- en natuurgas-aangedrewe busse en ook sommige van die eerste hibried-huurmotors.
[15]
Die
wolkekrabber
, 'n nuwe argitektoniese konsep wat vir die eerste keer in
Chicago
verwesenlik is, het plaaslike boustyle van die tradisionele lae Europese bouwyse laat wegbeweeg en die ontstaan van die kenmerkende veelverdieping-kantoorgeboue van New York se sakebuurte bevorder. Aangesien die stadsgebied grotendeels deur water omring is, het die hoe bevolkingsdigtheid en stygende eiendomspryse in sakegebiede aanleiding gegee tot een van die wereld se grootste opeenhopings van hoe sakegeboue en woonstelblokke.
Tussen middel Julie en vroeg Augustus word vir twee weke een van die mees prestigeryke kampioenskappe in
tennis
aangebied: Die
VSA Ope
. Dit vorm saam met die
Australiese Ope
,
Franse Ope
en
Wimbledon-kampioenskap
die vier "
Grand Slam
"-toernooie van elke jaar.
- ↑
(
en
)
U.S. Census Bureau,
New York's 2010 Census Population Totals
Geargiveer
25 Januarie 2012 op
Wayback Machine
- ↑
(
en
)
U.S. Census Bureau,
Annual Estimates of the Population of Metropolitan and Micropolitan Statistical Areas: April 1, 2000 to July 1, 2004
- ↑
(
en
)
Rodgers, Cleveland (1948).
New York: The World's Capital City
. Harper.
- ↑
(
en
)
Miller, Christopher L.; George R. Hamell (1986).
"A New Perspective on Indian-White Contact: Cultural Symbols and Colonial Trade"
.
The Journal of American History
.
73
(2)
. Besoek op
21 Maart
2007
.
- ↑
(
en
)
Eleanor Berman:
DK Eyewitness Travel 2016 ? New York City
. New York: DK Publishing 2015, bl. 25
- ↑
(
en
)
Burns, Ric (22 Augustus 2003). "Transcript".
The Center of the World ? New York: A Documentary Film
. PBS. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Augustus 2006
. Besoek op
20 Julie
2006
.
- ↑
(
en
)
"Average Weather for New York, NY ? Temperature and Precipitation"
. NOAA/National Weather Service
. Besoek op
18 September
2008
.
- ↑
(
en
)
Jervey, Ben:
The Big Green Apple: Your Guide to Eco-Friendly Living in New York City
. Chester, CN: Globe Pequot Press 2006.
ISBN 0-7627-3835-9
- ↑
(
en
)
A Better Way to Go: Meeting America's 21st Century Transportation Challenges with Modern Public Transit. Uitgegee deur U.S. Public Interest Research Group, Maart 2008. Webwerf:
[1]
Geargiveer
16 Mei 2008 op
Wayback Machine
- ↑
(
en
)
Owen, David:
Green Manhattan
. In: The New Yorker, 18 Oktober 2004
- ↑
(
en
)
New Yorkers are collectively responsible for one percent of the nation's total greenhouse gas emissions
. In: Inventory of New York City Greenhouse Gas Emissions (April 2007), uitgegee deur die New York City Office of Long-term Planning and Sustainability. Webwerf:
www.nyc.gov
- ↑
(
en
)
"The City of New York: Global Warming and Greenhouse Gases"
. 6 Desember 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Desember 2010
. Besoek op
19 Junie
2008
.
- ↑
(
en
)
Coburn, Jason/Jeffrey Osleeb/Michael Porter:
Urban Asthma and the Neighbourhood Environment in New York City
. In: Health & Place, jaargang 12(2), Junie 2006, bl. 167-179
- ↑
(
en
)
DePalma, Anthony:
It Never Sleeps, but It's Learned to Douse the Lights
. In: The New York Times, 11 Desember 2005, webwerf:
www.nytimes.com
- ↑
(
en
)
"Metropolitan Transportation Authority: A Century of Buses in New York City"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Mei 2006
. Besoek op
19 Junie
2008
.