Afro-Amerikaners
(
Engels
:
African Americans
,
Afro-Americans
of
Black Americans
) is 'n
etniese groep
in die
Verenigde State
met algehele of gedeeltelike afkoms van
swart mense
uit
Afrika suid van die Sahara
. Die term verwys na mense wat nasate van slawe in die Verenigde State is, terwyl mense uit
Afrika
wat in onlangs jare in die Verenigde State gevestig het, nie as Afro-Amerikaners beskou word nie omdat hulle nie deel van die Amerikaanse geskiedenis en herkoms is nie. Afro-Amerikaners vorm die derde grootste etniese groep van die Verenigde State na Wit Amerikaners en Hispaanse of
Latyns-Amerikaners
.
[3]
Groot stede met oorwegend Afro-Amerikaanse bevolking sluit in
Detroit
(84,3%),
Jackson
(80,1%),
Birmingham
(74,0%),
Baltimore
(65,1%),
Memphis
(64,1%),
New Orleans
(61,2%),
Montgomery
(57,4%),
Atlanta
(54,0%),
Newark
(52,4%),
Cleveland
(51,0%) en
Washington, D.C.
(50,7%). Die geskiedenis van die Afro-Amerikaners is gekenmerk deur hul stryd vir gelyke
burgerregte
en teen
rassisme
in die alledaagse lewe.
Geskiedenis
Die eerste swart mense is in 1526 deur
Spanjaarde
as slawe na die ontdekking van die
Amerikas
na
Santo Domingo
op
Hispaniola
gebring en aan planters verkoop.
[4]
Oorspronklik het slawe uit Afrika die inheemse werkers op die plantasies van die Europese koloniste vervang, nadat die
inheemse volke
van die Karibiese eilande heeltemal uitgeroei is en
pous Paulus III
in 1537 die verslawing van die Amerikaanse volke verbied het. Die grootskaalse invoer van slawe uit Afrika na die
Suidelike Verenigde State
het in die
Britse kolonies
van die 17de eeu sy aanvang geneem en 1619 in
Jamestown, Virginie
begin.
[5]
Die ondertekening van die Verenigde State se
onafhanklikheidsverklaring
, waarin alle mense as gelyk voor
God
, toegerus met gelyke regte en hul strewe na geluk beskryf is, het nie die einde van
slawerny
in die VSA beteken nie. Selfs die noordelike deelstate, waar slawerny geen belangrike ekonomiese faktor was nie, het net rustig wette teen slawerny goedgekeur. In die suidelike deelstate was slawerny nie verbode nie. Met die verkiesing van
Abraham Lincoln
, wat die
afskaffing van slawerny
ondersteun het, en die daaropvolgende afskeiding van die
Gekonfedereerde State van Amerika
het in 1861 die
Amerikaanse Burgeroorlog
uitgebreek. Nadat die suidelike deelstate in 1865 verslaan en die Unie herstel is, is slawerny in die Verenigde State verban en alle slawe vrygelaat, maar hulle het nie dieselfde burgerregte soos Amerikaners van Europese afkoms ontvang nie. As reaksie op die slawe se vrylating is in 1865 die
Ku Klux Klan
gestig, wat met terror, geweld en
lynchings
Afro-Amerikaners en religieuse minderhede vervolg het.
As gevolg van die voortgesette konfrontasie met armoed en diskriminasie het tussen 1910 en 1970 sowat 6 miljoen van Afro-Amerikaners die suide verlaat en hulle in die Midweste, die Middel-Atlantiese deelstate,
Nieu-Engeland
en
Kalifornie
gevestig, bekend as
Great Migration
. Deur die huiwerige wetlike gelyke behandeling en die segregasiebeleid, wat sedert 1896 as
separate but equal
wetlik was, het in die 1950's die Afro-Amerikaanse Burgerregtebeweging onstaan, waarin mense soos
Martin Luther King jr.
,
Malcolm X
en
Stokely Carmichael
saamgewerk het. Hulle het met politieke metodes van stryd soos boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en nie-gewelddadige weerstand gewerk en massabetogings georganiseer, waarvan die Mars op Washington van 1963 die bekendste is.
Met die begin van die
Vietnamoorlog
het veral arm Afro-Amerikaners vrywillig na
Vietnam
gegaan, omdat hulle van sosiale vooruitgang gedroom het. Namate die Burgerregtebeweging gegroei en het
menseregteskendings
in Vietnam bekend geword het, het meer en meer Afro-Amerikaners hul militere diens geweier. Een van die mees bekende was
Muhammad Ali
wat gese het: "Ek het niks teen enige
Vietkong
nie; geen Vietkong het my ooit
neger
genoem nie".
[6]
Weens hierdie politieke druk het president
Lyndon B. Johnson
op 2 Julie 1964 die Wet op Burgerregte onderteken, wat aan Afro-Amerikaners die gelyke burgerregte gegee het. Die Afro-Amerikaanse Burgerregtebeweging is oorskadu deur die
sluipmoorde
op beide Malcolm X (21 Februarie 1965 in
New York Stad
) en Martin Luther King jr. (4 April 1968 in
Memphis
,
Tennessee
). Ongeag van die wetlike gelykheid en
Barack Obama
se verkiesing tot die VSA se eerste swart president in 2008 bestaan diskriminasies in die alledaagse lewe tot op vandag voort.
Demografie
Persentasie van mense wat hulself as Afro-Amerikaners beskou volgens deelstate in 2010:
??
minder as 2%
??
2?5%
??
5?10%
??
10?15%
??
15?20%
| ??
20?25%
??
25?30%
??
30?35%
??
35?40%
|
Afro-Amerikaners in die Verenigde State
Streek
|
Absolute getal
|
Aandeel van die Afro-Amerikaanse groep as 'n geheel
|
Suidelike Verenigde State
|
19 528 231
|
53,6%
|
Midweste
|
6 838 669
|
18,8%
|
Noordooste
|
6 556 909
|
18,0%
|
Weste
|
3 495 625
|
9,6%
|
Afro-Amerikaners in die Verenigde State
[7]
Jaar
|
Getal
|
% van totale
bevolking
|
% verandering
(10 jaar)
|
Slawe
|
% in slawerny
|
1790
|
757 208
|
19,3% (hoogste)
|
?
|
697 681
|
92%
|
1800
|
1 002 037
|
18,9%
|
32,3%
|
893 602
|
89%
|
1810
|
1 377 808
|
19,0%
|
37,5%
|
1 191 362
|
86%
|
1820
|
1 771 656
|
18,4%
|
28,6%
|
1 538 022
|
87%
|
1830
|
2 328 642
|
18,1%
|
31,4%
|
2 009 043
|
86%
|
1840
|
2 873 648
|
16,8%
|
23,4%
|
2 487 355
|
87%
|
1850
|
3 638 808
|
15,7%
|
26,6%
|
3 204 287
|
88%
|
1860
|
4 441 830
|
14,1%
|
22,1%
|
3 953 731
|
89%
|
1870
|
4 880 009
|
12,7%
|
9,9%
|
?
|
?
|
1880
|
6 580 793
|
13,1%
|
34,9%
|
?
|
?
|
1890
|
7 488 788
|
11,9%
|
13,8%
|
?
|
?
|
1900
|
8 833 994
|
11,6%
|
18,0%
|
?
|
?
|
1910
|
9 827 763
|
10,7%
|
11,2%
|
?
|
?
|
1920
|
10,5 miljoen
|
9,9%
|
6,8%
|
?
|
?
|
1930
|
11,9 miljoen
|
9,7% (laagste)
|
13%
|
?
|
?
|
1940
|
12,9 miljoen
|
9,8%
|
8,4%
|
?
|
?
|
1950
|
15,0 miljoen
|
10,0%
|
16%
|
?
|
?
|
1960
|
18,9 miljoen
|
10,5%
|
26%
|
?
|
?
|
1970
|
22,6 miljoen
|
11,1%
|
20%
|
?
|
?
|
1980
|
26,5 miljoen
|
11,7%
|
17%
|
?
|
?
|
1990
|
30,0 miljoen
|
12,1%
|
13%
|
?
|
?
|
2000
|
34,6 miljoen
|
12,3%
|
15%
|
?
|
?
|
2010
|
38,9 miljoen
|
12,6%
|
12%
|
?
|
?
|
Sien ook
Verwysings
- ↑
(
en
)
"The Black Population: 2010"
(PDF)
. Census.gov. September 2011.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
31 Oktober
2016
.
- ↑
(
en
)
"Pew Forum: A Religious Portrait of African-Americans"
. The Pew Forum on Religion & Public Life. 30 Januarie 2009.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
31 Oktober
2016
.
- ↑
(
en
)
American FactFinder, United States Census Bureau.
"United States ? QT-P4. Race, Combinations of Two Races, and Not Hispanic or Latino: 2000"
. Factfinder.census.gov.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020
. Besoek op
31 Oktober
2016
.
- ↑
(
en
)
Robert Wright, Richard (1941). "Negro Companions of the Spanish Explorers".
Phylon
.
2
(4).
- ↑
(
en
)
Grizzard Jr., Frank E.
; Smith, D. Boyd (2007).
Jamestown Colony: A Political, Social, and Cultural History
. Santa Barbara, Calif.: ABC-CLIO. p. 198.
ISBN
978-1-85109-637-4
.
- ↑
(
en
)
Shalit, Nevin I. (15 Julie 1980).
"Muhammad Ali: Losing the Real Title"
.
The Harvard Crimson
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 September 2018
. Besoek op
31 Oktober
2016
.
- ↑
Hierdie tabel gee die Afro-Amerikaanse bevolking in die Verenigde State van Amerika met verloop van tyd, gebaseer op VS-sensussyfers. (Nommers tussen 1920 en 2000 is gebaseer op Amerikaanse sensussyfers soos gegee deur die
Time Almanac
van 2005, bl. 377.)
Verdere leesstof
- (
en
)
John Hope Franklin, Alfred Moss (2001).
From Slavery to Freedom. A History of African Americans
.
- (
en
)
Salzman, Jack (1996).
Encyclopedia of Afro-American culture and history
. New York, New York: Macmillan Library Reference USA.
- (
en
)
Altman, Susan.
The Encyclopedia of African-American Heritage
.
ISBN
0-8160-4125-3
.
Eksterne skakels