Windhoek
(
Duits
:
Windhuk
,
luister
(
hulp
·
inligting
)
;
Engels
:
Windhoek
, [w?ndh?k];
Herero
:
Otjomuise
, letterlik: "plek van stoom";
Nama
:
?Ai-?Gams
) is die sentraalgelee
hoofstad
van
Namibie
en le in die
Khomashoogland
. Die stad is ongeveer 1 700 m bo
seespieel
en volgens die 2001-sensus het dit 'n bevolking van 233 529 gehad. 'n Invloei van mense van oral in Namibie laat navorsers raam dat daar teen 2011 sowat 322 500 mense in Windhoek gewoon het.
[1]
Weens die stad se relatiewe grootte
[2]
is Windhoek in alle opsigte die sosiale, ekonomiese en kulturele sentrum van die land. Feitlik elke nasionale onderneming se hoofkantoor, die
Universiteit van Namibie
, asook die land se enigste teater en alle groot media en finansiele liggame is hier gesetel.
[3]
Die Stad Windhoek se begroting is naastenby gelyk aan al die ander Namibiese plaaslike owerhede saam.
[4]
Windhoek is oorspronklik in 1870 as 'n Rynse sendingstasie gestig; die naam
Windhoek
is afgelei van die
Nama
-woord vir "Plek van rook". Die huidige stad is op 18 Oktober 1890 deur kaptein
Curt von Francois
gestig. Die Duitse koloniale owerheid het baie geld aan die ontwikkeling van die stad bestee en vandag nog huisves dit pragtige geboue uit die Duitse koloniale tydperk soos die
Christuskerk
en die
Tintenpalast
(letterlik "Inkpaleis").
Die stad groei in die tydperk na 1907 baie vinnig en lok talle mense uit die binne- en buiteland, waaronder 'n groot aantal immigrante uit Duitsland en Suid-Afrika.
Tydens die
Eerste Wereldoorlog
is Windhoek op 13 Mei 1915 deur Unie-magte beset, toe Duitse troepe die stad ontruim het. Die Duitse atmosfeer, vermeng met talle ander kulturele elemente, het egter voortgeleef en dit is vandag die tuiste van die enigste Duitse
dagblad
in Afrika, die
Allgemeine Zeitung
en 'n groot Duitse privaatskool, die Deutsche Hohere Privatschule (DHPS).
Tussen 1920 en 1990 was die stad die administratiewe sentrum van
Suidwes-Afrika
in die
Unie van Suid-Afrika
en is sedert die Onafhanklikheid van Namibie op 21 Maart 1990 die hoofstad.
Vandag is Windhoek die opvoedkundige, administratiewe, handels-, nywerheids- en kommunikasiesentrum van die land. In 1965 verkry Windhoek stadstatus. Die hoofstraat, Kaiserstrasse, is na onafhanklikheid herdoop na Independence Avenue, so ook talle ander strate na vryheidsvegters en Afrika-leiers. Die huidige geskatte bevolking beloop 316 000 (volgens
World Gazetteer
).
Die stad is die hoof kommersiele en finansiele sentrum van Namibie. Dit is gelee op 'n hellende vlakte op die noordelike kant van die Khomashoogland op 'n hoogte van 1 728 meter.
Om die stadsgebied uit te brei is 'n uitdaging op finansiele vlak en weens die geografiese ligging van die stad. In die suidelike, oostelike en westelike rigting word Windhoek omring deur rotsagtige, bergagtige areas wat grondontwikkeling baie duur maak. Die suidelike kant is nie geskik vir industriele ontwikkeling nie omdat daar ondergrondse waterdraers teenwoordig is. Dit laat die uitgestrekte
brakwaterarea
noord van die stad as die enigste haalbare plek vir die uitbreiding van Windhoek.
[6]
Windhoek is in 30 verskeie voorstede verdeel:
C-
Windhoek-sentraal (Windhoek Sentrale Sakekern)
Windhoek is gelee in 'n halfwoestynagtige klimaatsgebied. Dae is meestal warm met baie warm dae gedurende die
somermaande
met aande wat oor die algemeen koel is. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 19.47 °C, wat hoog is vir 'n plek wat op so 'n hoe hoogte le op die rand van die trope.
[7]
Dit is hoofsaaklik weens die voorkoms van 'n warm noordelike lugvloei en die berge ten suide wat die stad teen koue suiderwinde beskut.
Die
wintermaande
van Junie, Julie en Augustus kry gewoonlik min tot geen reen nie. Minimumtemperature wissel tussen 5 °C en 18 °C. Aande is gewoonlik koel maar die temperatuur val selde tot onder 0°C en dit sneeu amper nooit nie. Dae is gewoonlik warm en wissel tussen maksimumtemperature van 20 °C en 31 °C in Januarie.
Die gemiddelde jaarlikse reenval is ongeveer 360 mm, wat te laag is om gewasse te kweek of om tuine in stand te hou sonder om baie water te gebruik. Die natuurlike plantegroei is struike en steppe. Droogtes kom gereeld voor.
Weergegewens vir Windhoek (2007?2015)
|
Maand
|
Jan
|
Feb
|
Mar
|
Apr
|
Mei
|
Jun
|
Jul
|
Aug
|
Sep
|
Okt
|
Nov
|
Des
|
Jaar
|
Hoogste maksimum (°C)
|
36,9
|
37,5
|
34,9
|
30,8
|
30,0
|
27,4
|
26,2
|
30,6
|
34,1
|
36,3
|
35,6
|
37,1
|
37,5
|
Gemiddelde maksimum (°C)
|
31,0
|
29,6
|
28,1
|
26,6
|
25,0
|
22,2
|
21,6
|
25,5
|
29,4
|
31,5
|
31,2
|
31,9
|
27,7
|
Gemiddelde minimum (°C)
|
17,8
|
17,2
|
15,8
|
12,9
|
10,0
|
5,9
|
5,9
|
8,9
|
12,7
|
15,6
|
16,3
|
17,3
|
13,1
|
Laagste minimum (°C)
|
7,3
|
9,2
|
9,0
|
5,7
|
2,0
|
?1,5
|
?1,4
|
1,0
|
2,2
|
7,9
|
7,5
|
8,2
|
?1,5
|
|
Neerslag (mm)
|
138,0
|
133,0
|
113,5
|
48,5
|
13,4
|
0,1
|
0,0
|
0,0
|
8,0
|
5,9
|
25,3
|
43,2
|
529,0
|
Humiditeit
(
%
)
|
45
|
53
|
58
|
54
|
45
|
43
|
38
|
30
|
26
|
28
|
31
|
36
|
40,5
|
Bron: Namibia Weather
[8]
[9]
|
In 1971 was daar ongeveer 26 000 blankes in Windhoek teenoor 24 000 swartes. Ongeveer een derde van daardie blankes (9 000) was van Duitse oorsprong.
[10]
Tans staan Windhoek se bevolking op meer as 300 000 (67% swart, 16% blank, 17% kleurlinge,
Basters
en Asiate) en groei met ongeveer 4% jaarliks met die informele nedersettings wat teen ongeveer 10% per jaar groei.
[6]
Windhoek is verreweg die belangrikste ekonomiese sentrum van Namibie, en die meeste ondernemings het hulle Namibiese hoofkwartier in die stad. Ondanks die klein aandeel van die Duitstalige bevolking is 'n groot aantal maatskappye in besit van die nasate van Duitse immigrante. Weens die noue ekonomiese bande met Suid-Afrika speel ondernemings uit die RSA 'n baie groot rol in die land. Die hoofkantoor van
Air Namibia
is in die TransNamib-gebou in Windhoek.
[11]
Verskeie winkelsentrums is in die post-onafhanklikheidsera gebou, waaronder Maerua en Wernhillpark.
- Christuskerk
? 'n Lutherse kerk. Die konstruksie van die kerk het onder pastoor Wilhelm Anz in April 1896 begin. Aan die einde van die Herero-oorloe tussen die Duitsers en die Herero's, Khoikhoi's en Ovambo's, is dit ingewy as die Kerk van Vrede in 1910. Die kerk, wat in die Gotiese herlewingstyl met Art Nouveau-elemente gebou is, staan in die historiese middelpunt van Windhoek. Die 24 m hoe toring is soos die res van die kerk van
sandsteen
gemaak. Die uitsondering is die ingangsportaal en die altaar, wat van marmer gemaak is. Die kleurvolle loodglasvensters in die kerk was 'n geskenk van Kaiser Wilhelm II. Die kerk is langs die Parlementere Tuin en die
Tintenpalast
.
- Die
Staatshuis
van Namibie - die amptelike woning en werkplek van die president van Namibie.
- St. Mariakatedraal
- Dieretuinpark ? 'n openbare park aan Onafhanklikheidslaan die sentrum van Windhoek. Die huidige park is versorg en het 'n dam, speelarea vir kinders en 'n opelugteater.
[12]
- Tintenpalast
?
Duits
vir
Inkpaleis
, is die setel van albei kamers van die Namibiese wetgewer, die Nasionale Raad en die Nasionale Vergadering. Dit is net noord van Robert Mugabe-laan en is ontwerp deur die argitek
Gottlieb Redecker
en gebou deur die maatskappy Sander & Kock tussen 1912 en 1913 uit materiale wat in ei streek ontgin is as 'n administratiewe gebou vir die Duitse regering wat in daardie stadium in beheer van
Duits-Suidwes-Afrika
was. Die gebou is omring deur die Parlementere Tuin.
- Alte Feste
? Duits vir
Ou Fort
. Dit is in 1890 gebou en huisves tans die Nasionale Museum.
- Hooggeregshof van Namibie
- Die drie kastele van Windhoek wat deur die argitek
Wilhelm Sander
gebou is:
Heinitzburg
,
Sanderburg
en
Schwerinsburg
- Nasionale Biblioteek van Namibie
- Windhoek-spoorwegstasie
- Holy Cross Kloosterskool
- Daan Viljoen-wildtuin naby Windhoek
- Windhoek Openbare Biblioteek ? gebou in 1925 langs die Alte Feste
Windhoek is per spoor verbind met:
In 1928 was Kaiserstraße, nou Onafhanklikheidslaan die eerste geplaveide straat in Windhoek. Tien jaar later is die volgende een, Gobabisweg (nou Sam Nujoma-rylaan), ook geplavei. Vandag is ongeveer 5 000 km van ongeveer 40 000 km se paaie in Namibie geseel.
Windhoek se drie hoof toegangsroetes van
Rehoboth
,
Gobabis
en
Okahandja
is geteer en is ontwerp om die grootste moontlike vloede wat in 50 jaar verwag word, te kan weerstaan. Geseelde paaie kan verkeer dra wat teen snelhede van 120 km/h beweeg en behoort vir 20 jaar te hou.
Huurmotors is geredelik beskikbaar en word maklik uitgeken in die stad met tekens wat bestaan uit een letter en soveel as drie syfers (byvoorbeeld T681, T68, T1).
Windhoek word bedien deur twee lughawens. Die naaste is
Eros
7 km suid van die middestad vir kleiner vliegtuie, en
Hosea Kutako Internasionale Lughawe
42 km ten ooste van die stad. 'n Aantal buitelandse lugrederye vlieg na en van Windhoek. Huurvlugte en helikopters is ook beskikbaar.
Windhoek Internasionale Lughawe (WDH)
[
wysig
|
wysig bron
]
Hosea Kutako Internasionale Lughawe, 42 km oos van Windhoek kan tot 400 000 passasiers per jaar hanteer. Dit het een aanloopbaan sonder kapasiteitsbeperkings. Ander internasionale lughawens is in
Walvisbaai
en
Luderitz
. Daagliks vlugte vertrek na
Frankfurt
in
Duitsland
en Johannesburg, die spil waarom Suider-Afrika se lugverkeer draai, is twee uur per vliegtuig daarvandaan, vanwaar daar na meer as 50 stede gevlieg kan word. Tot hul bankrotskap het die
Suid-Afrikaanse Lugdiens
en
Air Namibia
daaglikse vlugte na WDH gevlieg, met
TAAG Angola Airlines
wat steeds twee-weekliks na en van
Luanda
vlieg.
Eros lughawe
is die besigste lughawe in Namibie in terme van vliegtuie wat opstyg en land. Hierdie lughawe het ongeveer 12 000 individuele vlugte per jaar waarvan die meeste ligte vliegtuie is. Beperkings soos die lengte van die aanloopbaan, geraas en lugruimopeenhoping het Eros daarvan weerhou om in 'n groter lughawe te ontwikkel. Die meeste van Namibie se huuroperateurs is by Eros gebaseer.
Die
Goethe-Zentrum
is die enigste Duitse kultuursentrum in Namibie. Dit maak deel uit van 'n internasionale netwerk van altesaam 158 Goethe-sentra, Goethe-institute, kulturele verenigings en ander instellings wat deur die Federale Republiek van Duitsland in 93 lande dwarsoor die wereld onderhou word. In samewerking met die Namibies-Duitse Stigting bevorder die Windhoekse sentrum die kennis van die Duitse taal (taalkursusse word vir privaat persone en onderwysers aangebied) en interkulturele samewerking tussen Namibie en Duitsland. 'n Belangrike fokus is kulturele projekte wat huidige Namibiers met die pynlike Duitse koloniale beleid van die verlede probeer versoen.
Naas kulturele programme bied die sentrum inligting oor die kulturele, maatskaplike en politieke lewe in Duitsland aan en onderhou 'n biblioteek. Sedert 2013 bied die Goethe-sentrum naas Duitse en
Engelse
ook
Afrikaanse
en
Oshiwambo
-taalkursusse aan.
[13]
- Aranos
, sedert 13 Maart 2003
- Eenhana
, sedert 17 April 2002
- Gibeon
, sedert 11 Maart 2003
- Helao Nafidi
, sedert Augustus 2009
- Luderitz
, sedert 14 Maart 2003
- Maltahohe
, sedert 12 April 2003
- Mariental
, sedert 11 Maart 2003
- Okakarara
, sedert Augustus 2009
- Ongwediva
, sedert 17 April 2002
- Ondangwa
, sedert 17 April 2002
- Outapi
, sedert 17 April 2002
- Oshakati
, sedert 18 April 2002
- Rehoboth
, sedert 14 Maart 2003
- Stampriet
, sedert 13 Maart 2003
- Walvisbaai
, sedert 8 Oktober 2002
- Berlyn
,
Duitsland
, sedert 18 April 2002
- Brazzaville
,
Republiek van die Kongo
, sedert 27 Julie 2011
- Bremen
,
Duitsland
, sedert 18 April 2000
- Douala
,
Senegal
, sedert 31 Augustus 2000
- Drakenstein
, sedert 9 Mei 2012
- Gaborone
,
Botswana
, sedert 23 Augustus 2001
- Harare
,
Zimbabwe
, sedert 8 November 2000
- Havana
,
Kuba
, sedert 23 Oktober 2001
- Lephalale
,
Suid-Afrika
, sedert 22 Mei 2002
- Richmond
,
Verenigde State
, sedert 20 Maart 1998
- Shanghai
,
Volksrepubliek China
, sedert 1 Junie 1996
- Trossingen
,
Duitsland
, sedert 3 Oktober 2000
- Vantaa
,
Finland
, sedert 13 Augustus 2002
- ↑
(
en
)
World Gazetteer: Namibia
- ↑
Die tweede grootste stad in Namibie,
Walvisbaai
, het 43 700 inwoners:
"ELECTIONS 2010: Erongo regional profile"
(in Engels).
New Era
. 16 November 2010. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 September 2012
. Besoek op
11 April
2011
.
- ↑
Kapitako, Alvine (12 November 2010).
"ELECTIONS 2010: Khomas Region profile"
.
New Era
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 Desember 2012
. Besoek op
11 April
2011
.
- ↑
Heita, Desie (11 Februarie 2010).
"Owning a house … a dream deferred"
.
New Era
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 Julie 2011
. Besoek op
11 April
2011
.
- ↑
(
af
)
Ruiter val op heiligste dag
Geargiveer
1 Julie 2014 op
Wayback Machine
,
Republikein
, 27 Desember 2013. URL besoek op 4 Oktober 2015.
- ↑
6,0
6,1
(
en
)
New Era, 10 Februarie 2010
: Windhoek’s battle for land, by Desie Heita.
- ↑
Die gemiddeld vir 1957?1987 volgens die Goddard Instituut van Ruimtestudies se Wereldklimaatdatabasis
- ↑
"Namibia Weather"
(in Engels). Namibia Weather. 29 Junie 2015. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 Maart 2016
. Besoek op
29 Junie
2015
.
- ↑
(
en
)
"Average Conditions Windhoek, Namibia"
. BBC Weather
. Besoek op
16 Augustus
2009
.
- ↑
(
en
)
[1]
- ↑
(
en
)
Contact Us
Air Namibia
. URL besoek op 13 Oktober 2009.
- ↑
"Windhoek Attractions, Namibia"
(in Engels). Sa-venues.com.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 September 2015
. Besoek op
1 Oktober
2009
.
- ↑
(
de
)
Goethe-Zentrum Windhoek. Besoek op 2 Julie 2015
- Levinson, Olga: The cultural life of Windhoek. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 17, nr. 2, Desember 1967
- Mossolow, N.: Die veelbewoe geskiedenis van Windhoek. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 3, Maart 1966.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Windhoek
.
|