Vincent van Gogh
|
---|
Selfportret (1886)
|
Geboortenaam
|
Vincent Willem van Gogh
|
---|
Gebore
|
(
1853-03-30
)
30 Maart 1853
Zundert
,
Nederland
|
---|
Sterf
|
29 Julie 1890 (op 37)
Auvers-sur-Oise
,
Frankryk
|
---|
Nasionaliteit
|
Nederland
|
---|
Veld
|
Skildery, tekening
|
---|
Opleiding
|
Anton Mauve
|
---|
Beweging
|
Post-Impressionisme
|
---|
Werke
|
Bedroom in Arles
, 1888
Tournesols
, 1888
De sterrennacht
, 1889
Portret van Dr. Gachet
, 1890
Sien
, 1882?1883
|
Vincent Willem van Gogh
(
30 Maart
1853
?
29 Julie
1890
) word aanvaar as die beste
Nederlandse
skilder
naas
Rembrandt van Rijn
, alhoewel hy slegs een skildery tydens sy eie leeftyd verkoop het. Hy het al sy werk - 'n indrukwekkende totaal van 900 skilderye en 1100 sketse - geproduseer gedurende 'n periode van slegs die dekade voor sy
selfmoord
(waarskynlik weens 'n
bipolere gemoedsversteuring
). Na sy dood, met behulp van die uitstalling van 71 van sy werke in
Parys
, op
17 Maart
1901
, het sy roem vinnig toegeneem.
Van Gogh se invloed op
ekspressionisme
, fauvisme en die vroee abstrakte beweging was enorm. Die Van Goghmuseum in
Amsterdam
is opgedra aan sy werk en die van sy tydgenote. Ook die Kroller-Mullermuseum in
Otterlo
(ook in
Nederland
), het aansienlik baie van sy werk.
Verskeie van sy skilderye is onder
die duurste
in die wereld. Drie van hulle is die Portret van Dokter Gachet, Irisse en Portret van die kunstenaar sonder baard.
Vincent van Gogh is gebore in Zundert,
Nederland
, as die seun van Anna Cornelia Carbentus en Theodorus van Gogh, 'n
Protestantse
predikant. Later het sy suster hom as 'n ernstige en introspektiewe kind beskryf.
Sy broer
Theo
was vier jaar jonger as hy, maar hulle was baie naby aan mekaar. Theo het dwarsdeur Vincent se lewe hom finansieel ondersteun. Die groot volume van hul briefwisseling is in
1914
publiseer.
Nadat hy aanvanklik vir 'n kunsfirma gewerk het, wat hom eers na
Londen
, en toe na
Parys
verplaas het, het hy 'n onderwysersassistent geword, en toe na
Amsterdam
teruggekeer om
teologie
te studeer.
'n Jaar later, in
1878
, het hy opgeskop, en toe 'n lekepredikant geword in
Belgie
in 'n arm myngemeenskap. Hy is na ses maande laat loop. Tydens hierdie tydperk het hy begin om houtskoolsketse te maak.
In
1880
, op aandrang van sy broer, het hy voltyds begin skilder.
In
1881
het hy verlief geraak op sy weduwee-niggie Kee Vos, maar sy wou niks van hom weet nie. Later het hy ingetrek by 'n straatvrou, Sien Hoornik, en haar kinders. Hy wou met haar trou, maar sy pa was streng hierteen gekant, en ook Theo het hom hiervan afgeraai. Hulle is later toe wel uitmekaar uit.
Aanvanklik het hy konsentreer op die skilder van arbeiders en plattelandse landskappe. later het hy
Japannese
kuns ontdek, en 'n paar skilderye in hierdie styl geverf.
In die lente van
1886
het Van Gogh saam met sy broer Theo in 'n huis op
Montmartre
, te
Parys
, ingetrek. Hier het hy skilders soos Edgar Degas, Camille Pissarro, Emile Bernard,
Henri de Toulouse-Lautrec
en Paul Gauguin leer ken. Hy het deur hulle die
Impressionisme
ontdek, en veral van puntillisme leer hou.
In
1888
, verlaat hy Parys en trek na
Arles
, in
Bouches-du-Rhone
,
Frankryk
. Hy het baie van die landskap daar gehou, sy
geel huis
geverf en ander kunstenaars soontoe genooi. Net Paul Gauguin het daarop gereageer, en in 'n gees van wedersydse bewondering het hulle 'n rukkie saamgewerk. Toe hulle stry kry, het Van Gogh 'n deel van sy linkeroor afgesny en dit aan 'n onthutste straatvrouvriendin gegee. Op die tydstip het hy opgehou met kolletjies verf en begin om klein strepies te maak.
Hy het erg aan depressie begin ly, en hy is in
1889
, op eie versoek, in die gestig te Saint Remy de Provence, Bouches-du-Rhone, Frankryk, opgeneem. Tydens sy verblyf het die hospitaal en die hospitaaltuin sy onderwerpe geword, en het sy strepies vir warrelinge plek gemaak.
In Mei
1890
het hy die hospitaal verlaat en die sorg van 'n dokter, Paul Gachet, in Auvers-sur-Oise naby Parys, opgesoek. Dit het hom ook afstandsgewys nader aan sy broer, wat kort tevore getroud is, gebring. Gachet is deur Pissarro aanbeveel; hy het al heelwat kunstenaars behandel. Die enigste ets wat van Gogh ooit gemaak het, is van die melankoliese Gachet gedoen. Van Gogh se depressie het vererger, en op
27 Julie
, op die ouderdom van 37 jaar, na 'n sessie van intense skilderwerk, het hy homself in die borskas geskiet. Twee dae later is hy dood, met sy geliefde broer Theo aan sy sy. Theo het vertel dat sy laaste woorde was
"La tristesse durera toujours"
of "Treurigheid sal vir altyd duur". Hy is in die begraafplaas van Auvers-sur-Oise begrawe; Theo sterf net ses maande later, nie in staat om oor die dood van sy broer te kom nie. Op sy vrou se versoek is Theo langs Vincent begrawe.
Van Gogh het net een van sy skilderye tydens sy leeftyd verkoop.
Die Rooi Wingerd
, geskilder in
1888
, word tans vertoon in die Pushkinmuseum in
Moskou
,
Rusland
.
Sy roem het baie vinnig daarna gegroei: groot uitstallings is kort na sy dood begin hou: in Parys
1901
, Amsterdam
1905
,
Keulen
1912
,
New York
1913
, en
Berlyn
1914
.
† verwys na skilderye wat onlangse rekordhouers is vir die
duurste skilderye
ooit.
- Skool in
Den Haag
- Die skilder Jean-Francois Millet (
1814
-
1875
). Hy het ook op die arbeiderslewe gekonsentreer.
- Die skrywer
Emile Zola
(
1840
-
1902
). Van Gogh het sy romans baie bewonder.
- Japannese houtblokafdrukke.
- Die Impressionisme, veral die puntilliste Georges Seurat (
1859
-
1891
) en Paul Signac (
1836
-
1935
).
- Paul Gauguin (
1848
-
1903
)
-
Met oorverband (selfportret)
-
As kunstenaar (selfportret)
-
Mandjie met aartappels (1885)
-
Stillewe: Vaas met twaalf sonneblomme (1888)
-
Arles en irisveld (1888)
-
Ou meule (1888)
-
Sterrenag (1889)
-
Olyfbome (1889)