Skilderkuns
is die vaardigheid of bekwaamheid om skoonheid te skep en 'n estetiese gevoel te stimuleer deur afbeeldings te maak in verf. Skilderkuns word onderskei van die ander
beeldende kunste
soos
beeldhouwerk
deur die twee dimensionele aard van die kuns. Die materiaal en medium wat gebruik word onderskei skilderkuns van
tekenkuns
en
prentkuns
.
Daar bestaan oorgangsvorme van die skilderkuns na skryf (
kalligrafie
), teken (byvoorbeeld pastel,
beeldhoukuns
(beskilderde beelde),
boukuns
en die kunsnywerheid.
Hoe 'n mens ook al skilder, daar word steeds 'n agtergrond of draer, kleurstof en 'n middel om die kleurstof op die draer aan te wend benodig. Die agtergrond (of draer) is gewoonlik van hout (paneel) of linne (doek), in welke gevalle dit ʼn skildery sou wees; dit kan ook 'n muur wees, in welke geval dit 'n fresko of muurskildering genoem word.
Die verf (pigment met 'n bindmiddel) kan op die draer aangebring word met 'n kwas, 'n penseel (wat fyner is), 'n paletmes, 'n verfspuit, die vingers of selfs die hele liggaam (sogenaamde "body painting"). Voordat die verflae op 'n houtpaneel aangebring word, word dit glad geskuur en geplamuur. Die plamuur ('n mengsel van klei, loodwit en lynolie) word gebruik om ongelykhede weg te stryk en om te verhoed dat die draer die kleur van die verf verander. Die doek het oorspronklik uit ʼn sterk en growwe handgeweefde lap bestaan.
In die
19e eeu
is dit deur masjiengeweefde materiaal vervang, gewoonlik 'n mengsel van
katoen
en
linne
wat reelmatig geweef maar swakker was. Die doek word styf oor 'n houtraam gespan en geplamuur en is dan gereed om beskilder te word. Aanvanklik het kunstenaars baie gebruik gemaak van
tempera
, 'n verfsoort waarin eier, lym of 'n ander natuurlike bindmiddel gebruik is. Tempera word baie vinnig droog sodat duidelik gesien kan word wanneer 'n volgende laag of kleur aangewend is. In die
15e eeu
het kunstenaars olie (veral lynolie en papawerolie) as bindmiddel begin gebruik en olieverf het so ontstaan.
Olieverf het die voordeel bo tempera dat dit lank nat bly en kleure dus op 'n subtiele manier op die doek vermeng kan word. Dat die Vlaamse skilder
Jan van Eyck
(ca.
1390
-
1441
) olieverf "uitgevind" het, is nie heeltemal waar nie: olieverf is vroeer reeds gebruik, maar Van Eyck was een van die eerste kunstenaars wat die moontlikhede daarvan benut het. Sy voorgangers het elke laag eers laat droog word voordat hulle verder daaroor geskilder het, terwyl Van Eyck met die verf gewerk het terwyl dit nog nat was, sodat hy die gewenste skakerings kon kry.
Sodra 'n olieverfskildery droog is, word 'n laag vernis (vloeibare hars) aangebring om 'n glans aan die gedroogde verf te verleen en om dit te beskerm. 'n Verfsoort wat baie in die 20e eeu gebruik word, is gouache, waterverf wat met witlood of gom gemeng is en wat 'n dowwe oppervlak het wanneer dit droog is. Die verf kan slegs in baie dun lae aangewend word omdat dit andersins sal afskilfer. Kunstenaars het ook in die
20ste eeu
meer van kunsstowwe soos akriel en
plastiek
begin gebruik maak.
Tipe mediums vir skilderkuns
[
wysig
|
wysig bron
]
Time skilderkuns onderwerpe
[
wysig
|
wysig bron
]