Rudolf Steiner

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rudolf Steiner
Rudolf Steiner omstreeks 1905

Geboortenaam Rudolf Joseph Lorenz Steiner
Gebore 27 Februarie 1861
Kraljevec, Keiserryk Oostenryk (tans Kroasie )
Oorlede 30 Maart 1925 (op 64)
Dornach, Switserland
Nasionaliteit Vlag van Oostenryk  Oostenryk
Vakgebied Metafisika, epistemologie, filosofie van die wetenskap, esoterik, Christenskap
Beinvloed deur Franz Brentano, Fichte, Goethe, Eduard von Hartmann, Hegel , Kant, Schelling , Schiller, Karl Julius Schroer
Invloed op Owen Barfield, Saul Bellow, Andrej Belyj, Josef Beuys, Martin Buber , Daniel Nicol Dunlop, Wassily Kandinsky, Edouard Schure, Albert Schweitzer , Richard Tarnas, Valentin Tomberg

Rudolf Joseph Lorenz Steiner (* 27 Februarie 1861 in Kraljevec, Keiserryk Oostenryk , tans Kroasie ; † 30 Maart 1925 in Dornach, Switserland ) was 'n Oostenrykse esoteriese denker, filosoof en opvoedkundige wat veral bekendheid verwerf het as die grondlegger van die antroposofie, 'n esoteriese wereldbeskouing wat by vroeere esoteriese strominge soos teosofie, die Orde van die Rosekruisers, die Gnosis en die idealistiese filosofie aansluit. [1]

Met hierdie wereldbeskouing as basis het Steiner aanbevelings gemaak vir 'n verskeidenheid lewensterreine, waaronder opvoedkunde (Waldorf-pedagogiek), kuns (euritmie), antroposofiese argitektuur, godsdiens (die Christegemeenskap) of landbou (biologies-dinamiese landbou).

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Gerhard Wehr: Rudolf Steiner. Leben - Erkenntnis - Kulturimpuls . Diederichs 2005, bl. 23

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]