in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Prins Dmitri Romanof
|
---|
Prins Dmitri (middel) en sy vrou, Dorrit, by pres.
Wladimir Poetin
op ’n staatsonthaal.
|
Gebore
| Dmitri Romanowitsj Romanof
(
1926-05-17
)
17 Mei 1926
|
---|
Sterf
| 31 Desember 2016 (op 90)
|
---|
Beroep
| Bankier
|
---|
Bekend vir
| Hoof van die Huis van Romanof (betwis)
|
---|
Titel
| Prins van Rusland
(
Huis van Holstein-Gottorp-Romanof
)
|
---|
Termyn
| 15 September 2014 ? 31 Desember 2016
|
---|
Voorganger
| Prins Nikolaas Romanof
|
---|
Opvolger
| Prins Andrei Romanof
|
---|
Eggenoot
| Johanna von Kauffmann
Dorrit Rewentlof
|
---|
Ouer(s)
| Prins Roman Petrowitsj van Rusland en gravin Praskowia Sjeremetjewa
|
---|
Dmitri Romanowitsj Romanof
(
Russies
: Дмитрий Романович Романов;
17 Mei
1926
?
31 Desember
2016
)
[1]
was ’n afstammeling van
Rusland se keiserhuis
asook ’n bankier, filantroop en skrywer. Hy was ook ’n aanspraakmaker op die hoofskap van die keiserhuis.
Dmitri Romanof is op 17 Mei 1926 in
Cap d'Antibes
,
Frankryk
, gebore as die tweede oudste seun van prins Roman Petrowitsj van Rusland en gravin Praskowia Sjeremetjewa. Sy oudste broer was
prins Nikolaas Romanof
. Deur sy pa was hy ’n agter-agterkleinseun van tsaar
Nikolaas I van Rusland
, wat die
Nikolajewitsji- en ander takke
van die keiserlike familie gestig het.
Romanof het die eerste 10 jaar van sy lewe in Antibes deurgebring, waar hy ’n tradisionele Russiese opvoeding gehad het.
[2]
In 1936 het sy gesin na
Italie
verhuis waar hy sy opvoeding voortgesit het. In 1946 het sy gesin na
Egipte
verhuis waar hulle ’n paar jaar gewoon het voordat hulle na Italie teruggekeer het. In 1960 is hy na
Denemarke
, waar hy vir verskeie banke gewerk het tot met sy aftrede in 1993.
[2]
Hy kon vlot
Russies
,
Frans
,
Engels
,
Deens
en
Italiaans
praat.
[2]
Romanof was twee keer getroud: die eerste keer met Johanna von Kauffmann (1936?1989), en na haar dood met Dorrit Rewentlof. Sy tweede troue, op 28 Julie 1993, was die eerste van ’n Romanof in Rusland sedert die
val
van die dinastie.
[3]
Romanof is op 31 Desember 2016 in Denemarke oorlede. Hy is ’n week voor sy dood in die hospitaal opgeneem nadat sy gesondheid verswak het.
[4]
Aanspraakmakers op die Russiese troon en hoofde van die
Huis van Romanof
sedert 1917
|
---|
Wladimirowitsji-lyn
| | |
---|
Nikolajewitsji- → Michailowitsji-lyn
| |
---|
Leiningen-lyn
| |
---|
|