Ds.
Petrus Kuypers Albertyn
(
Stellenbosch
,
6 Desember
1814
-
Botrivier
,
11 April
1878
) was predikant in die
Nederduitse Gereformeerde Kerk
en 'n agterkleinseun van die stamvader van die Albertyns, Adam, wat van
Delft
,
Nederland
, na die Kaap gekom het asook die tweede jongste seun van Christoffel Albertyn (1756-1820) en sy tweede vrou, Johanna Susanna de Villiers (1778-1817).
Albertyn het geheet na sy halfsuster se man, die eertydse Hollandse
artillerie
-offisier Pieter Huybert Kuypers (1767-1832), wat met sy vrou op
Stellenbosch
as 'n groot sendingvriend bekend was. Albertyn se jongste suster was die vrou van eerw.
Paul Daniel Luckhoff
en die jongste broer, Abraham J.D. Albertyn (1817-1884), was lank geneesheer op
Caledon
.
Hy was een van die eerste studente aan die
Zuid-Afrikaansch Athenaeum
in
Kaapstad
van 1829 tot '32 en word verder deur dr.
Abraham Faure
voorberei op sy teologiese studie wat hy in
Utrecht
voltooi van 1836 tot '39. In Junie 1839 word hy in
Den Haag
georden en op
9 Januarie
1840
in
Kaapstad
gelegitimeer.
Op
Stellenbosch
help hy met die sendingwerk en van 1841 tot '44 los hy ds.
G.W.A. van der Lingen
tydens sy siekte in die
Paarl
af. In Maart 1844 beroep die Voortrekker-volksraad hom na Natal, maar hy gaan vir tydelike diens na
Clanwilliam
totdat hy op
2 Maart
1845
as eerste vaste predikant van die NG gemeente Swartberg (
Prins Albert
) bevestig word. Hy was senuagtig van geaardheid en deels ter wille van sy gesondheid vertrek hy vroeg in 1851 na
Caledon
waar hy in 1870 weens 'n keelkwaal die bediening neerle en op sy oudste seun se plaas gaan woon. Hier sterf hy na 'n lang lyding en word by die ou kerk op
Caledon
begrawe.
Van Maart tot Mei 1848 besoek hy met ds.
Andrew Murray sr.
en ouderling Barend Pienaar van
Richmond
as eerste afvaardiging van die Kaapse Sinode hul geloofsgenote in Transoranje en ook op Mooirivierdorp (
Potchefstroom
), waar die Evangelie toe vir die eerste keer deur leraars van die NG Kerk verkondig word. Op die terugreis word daar by Sannasdorp 'n gemeente (
NG gemeente Fauresmith
) gestig en op die hele tog 800 kinders gedoop. As sterk voorstander van die sending word hy in 1857 deur die Kaapse Sinode tot lid gekies van 'n nuwe kommissie wat die sending in die binneland sowel as in die buiteland moet bevorder en waarin hy jare lank sou dien.
Op
29 April
1841
trou hy op
Stellenbosch
met Margaretha Elisabeth Louw (1824-1905), 'n dogter van Johannes Rudolph Louw en Johanna Frederika Auret van die
Paarl
. Van hul sewe seuns word drie predikante, onder andere
Johannes Rudolph Albertyn
, en die jongste 'n sendeling van die NG Kerk. Van die vier dogters is een met ds.
W.A. Alheit
en een met ds. P.T. Retief (1856-1913) getroud. Verskeie van die kleinseuns tree in die bediening en 'n kleindogter was die vrou van prof.
John du Plessis
van
Stellenbosch
.
Volgens ds.
H.C. Hopkins
was Albertyn "'n toegewyde en minsame herder en vanwee sy erns en die feit dat hy een van die welsprekendste redenaars van sy Kerk was, vir die kansel van sy tyd 'n ware sieraad".