Die
Nederduitse Gereformeerde Kerk
(afgekort N.G. Kerk of NGK) is die oudste Kerk in
Suid-Afrika
en 'n lid van die
Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie
, asook die oudste van die
Drie Susterkerke
. Die NGK het in
2008
1 162 gemeentes gehad in
Suid-Afrika
,
Namibie
,
Zimbabwe
,
Zambie
,
Botswana
en
Londen
gelee. Talle jonger kerke het reeds uit die sendingwerk van die NG Kerk gegroei soos
Malawi
,
Nigerie
en
Portugal
.
Deel van
Jan van Riebeeck
se opdrag was om sending onder die heidene te doen. Saam met lede van die Nederduitse Gereformeerde Kerk het hy as't ware die opening van die nedersetting met ’n gebed waargeneem. Die
sieketrooster
het baie godsdienstige pligte uitgevoer, terwyl die sakramente deur leraars op besoekende skepe bedien is. Die eerste vaste predikant was ds.
Joan van Arckel
.
Op
18 Augustus
1665
word die eerste NG gemeente,
Kaapstad
, gestig. In die volgende jare groei die bevolking, eers met die aankoms van die
Franse Hugenote
en later deur die koms van die
Britse Setlaars
. Hierna vermeerder die gemeentes stelselmatig met die trek van nedersetters na die binneland. Met die opening van die eerste Sinode op
2 November
1824
was daar reeds 14 gemeentes van die kerk.
Kontak met die inheemse bevolking het ’n unieke geleentheid gebied vir sendingwerk en onderwys. Die kerk se bydrae is egter gekortwiek deur ’n tekort aan predikante en predikante vanaf
Nederland
en
Skotland
moes in hierdie tekort voorsien. Deur die
Groot Trek
in die laat dertigerjare van die 19de eeu, het ’n groot deel van die bevolking oor die noordelike grens (
Oranjerivier
) van die
Kaapkolonie
getrek na die gebiede wat later bekend sou staan as die
Oranje-Vrystaat
,
Natal
en
Transvaal
.
Talle nuwe gemeentes het sodoende ontstaan en die behoefte aan predikante het toegeneem. Die golf van liberalisme wat oor
Europa
gespoel het, het die behoefte aan eie teologiese opleiding vir die NG Kerk gestimuleer en die eerste
Kweekskool
word in
1859
op
Stellenbosch
gestig.
Aanvanklik was die Kaapse Sinode die enigste sinode van die NG Kerk. Maar as gevolg van die liberale stryd en daaropvolgende hofsake is die sittingsreg van gemeentes buite die Kaapkolonie vanaf
1862
ingetrek en het eie sinodes vir die Oranje-Vrystaat (
1864
), Natal (
1865
) en Transvaal (
1866
) gevolg. Pogings tot vereniging van die sinodes het na
Uniewording
in
1910
misluk, maar in
1962
is hierdie pogings uiteindelik suksesvol met die totstandkoming van die Algemene Sinode van die NG Kerk.
Deur die jare is ook pogings aangewend om kerkeenheid tussen die NG Kerk, die
Nederduitsch Hervormde Kerk
en die
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
tot stand te bring.
Na die herroeping van sy teologiese en morele steun aan apartheid in
1986
en
1990
, het die NG Kerk se ekumeniese betrekkinge grootliks uitgebrei sodat hy nou lid is van die
Suid-Afrikaanse Raad van Kerke
, die Gereformeerde Ekumeniese Raad en die Wereldbond van Gereformeerde Kerke. Sedert
1994
het die momentum om vereniging met die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa toegeneem. Die NG Kerk het goeie verhoudings met die meeste kerke in Suid-Afrika.
Weens 'n algemene afname in die
Afrikaner
-bevolking van Suid-Afrika en 'n drasties dalende geboortesyfer, het die lidmaattal van die kerk ook gedaal van byvoorbeeld sowat 960 000 belydende en 427 000 dooplidmate in
1990
tot 880 000 belydende en 248 000 dooplidmate in
2008
. Binne die volgende ses jaar het die belydende lidmate met gemiddeld meer as 18 000 per jaar tot 777 000 gedaal, vergeleke met 'n daling van gemiddeld 4 444 per jaar tussen 1990 en 2008.
Verteenwoordigers van gemeentes word verteenwoordig in 'n ring, 'n groep ringe vorm 'n sinode. In
1962
is die volgende konstituerende kerke in sinodale verband van die Nederduitse Gereformeerde Kerk verenig: NG Kerk in Suid-Afrika (Kaapland), NG Kerk van Natal, NG Kerk in die Oranje-Vrystaat, NG Kerk van Transvaal en NG Kerk in Suidwes-Afrika.
Midde-Afrika
het in
1963
in die algemene sinodale verband van die NG Kerk as onafhanklike sinode ontstaan, maar in Julie
2003
, weens die daling in lidmaattalle tot sowat 1 300 in 14 gemeentes in
Zimbabwe
en een in
Zambie
, verenig met die
Noordelike Sinode
, die ou Noord-Transvaal, om net as enkele ring voort te bestaan. Tans bestaan die Algemene Sinode, wat elke vier jaar vergader, uit: Wes-en-Suid-Kaapland,
NG Kerk in Oos-Kaapland
, Sinode van Noord-Kaapland, NG Kerk in
KwaZulu-Natal
, Sinode van
Wes-Transvaal
,
Noordelike Sinode
, NG Sinode
Hoeveld
, Oostelike Sinode en Sinode van
Namibie
. Die huidige (
2006
) moderator is prof. P.J. Strauss (
2008
).
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het tydens die
Tagtigjarige Oorlog
(
1568
-
1648
) die amptelike staatskerk van die
Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
geword. In
1816
(na die stigting van die Koninkryk van Nederland) is die naam verander na
Nederlandse Hervormde Kerk
. Op
1 Mei
2004
het die Nederlandse Hervormde Kerk opgegaan in die
Protestantse Kerk in Nederland
(PKN), wat na die samesmelting ongeveer 2 miljoen lidmate gehad het. Dit het intussen afgeneem tot 1,68 miljoen.