in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Flamsteed
|
|
Portret van John Flamsteed deur Godfrey Kneller in 1702
|
|
Gebore
|
19 Augustus
1646
Denby, Derbyshire, Engeland
|
Oorlede
|
31 Desember 1719 (op 73)
Burstow, Surrey, Engeland
|
Nasionaliteit
|
Engeland
|
Vakgebied
|
Sterrekunde
|
Alma mater
|
Jesus College, Cambridge
|
Bekend vir
|
Eerste koninklike sterrekundige
|
Invloed op
|
Joseph Crosthwait, Abraham Sharp
|
John Flamsteed
(
19 Augustus
1646
?
31 Desember
1719
) was ’n
Engelse
sterrekundige
en die eerste koninklike sterrekundige (
Engels
: Astronomer Royal). Hy het meer as 3 000
sterre
aangeteken.
[1]
Flamsteed is in 1646 in Denby,
Derbyshire
,
Engeland
, gebore. In ’n tyd toe hy sy studies moes staak weens siekte, het hy ’n belangstelling ontwikkel in
wiskunde
en
sterrekunde
. Op 12 September 1662 het hy sy eerste gedeeltelike
sonsverduistering
gesien. Hy het ook verskeie boeke gelees wat sy belangstelling in verskeie aspekte van sterrekunde geprikkel het. In Augustus 1665 het hy op 19-jarige leeftyd sy eerste sterrekunde-artikel,
Mathematical Essays
, geskryf oor die ontwerp, gebruik en bou van ’n sterrekundige hoekmeter.
Op 4 Maart 1675 is hy deur koning
Karel II
aangestel as die eerste koninklike sterrekundige. In Junie 1675 is die stigting van die koninklike Greenwich-sterrewag gelas. In Februarie 1676 het hy ’n fellow van die
Royal Society
geword en in Julie het hy in die sterrewag ingetrek, waar hy tot in 1684 gewoon het toe hy as priester in Burstow,
Surrey
, aangestel is. Hy was ’n priester en die koninklike sterrekundige tot met sy dood.
Flamsteed het die sonsverduisterings van 1666 en 1668 korrek bepaal. Hy was verantwoordelik vir die eerste bekende waarneming van die
planeet
Uranus
, hoewel hy dit vir ’n ster aangesien en as "34 Tauri" in sy katalogus aangeteken het.
As koninklike sterrekundige het Flamsteed sowat 40 jaar bestee aan die bestudering van sterre vir sy katalogus, waarin die inskrywings in
Tycho Brahe
se lugatlas eindelik verdriedubbel is. Hy wou nie sy werk bekend stel met ongeverifieerde data nie en daarom het hy sy onvolledige rekords in Greenwich toegesluit. In 1712 het
Isaac Newton
, toe president van die Royal Society, en
Edmund Halley
die data verkry en ’n katalogus gepubliseer. Flamsteed het 300 van die 400 gedrukte eksemplare in die hande gekry en hulle verbrand.
[2]
In 1725 is Flamsteed se eie weergawe van die
Historia Coelestis Britannica
na sy dood gepubliseer. Dit het ’n katalogus ingesluit met 2 935 sterre waarvan die gegewens akkurater was as in enige vorige werk. Dit is beskou as die eerste merkwaardige bydrae van die Greenwich-sterrewag en die numeriese
Flamsteed-name
vir sterre wat in daaropvolgende
Franse
weergawe verskyn het, word vandag steeds gebruik.
[3]
Die krater Flamsteed op die
maan
is na hom genoem, asook die
asteroide
(4987) Flamsteed en verskeie skole en kolleges in
Derbyshire
.