in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hermann Minkowski
(22 Junie 1864 ? 12 Januarie 1909) was 'n
Duitse
wiskundige en professor te Universiteite
Konigsberg
,
Zurich
en
Gottingen
. Hy het syfermeetkunde asook meetkundige metodes om probleme in
syferteorie
,
wiskundige fisika
en
relatiwiteitsteorie
op te los, ontwikkel.
Minkowski is mees bekend vir sy werk in relatiwiteitsteorie, waar hy in 1907 gewys het dat sy voormalige student, Albert Einstein, se
spesiale relitiwiteitsteorie
meetkundig verstaan kan word as 'n teorie van 4-dimensionele ruimtetyd, ook bekend as
Minkowski ruimtetyd
.