Die
Duitse nasionale rugbyspan
(
Duits
:
Deutsche Rugby-Union-Nationalmannschaft
) is die nasionale
rugbyspan
wat
Duitsland
in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Duitsland geadministreer deur die
Duitse Rugbybond
(Duits:
Deutscher Rugby-Verband
, DRV) wat in 1900 gestig is. Hulle dra die bynaam “swart arende” (
Schwarze Adler
), ontleen aan die wapendier van die land, die Bondsarend. Duitsland word deur
Wereldrugby
as ’n vlak drie-span erken. Die Duitse rugbyspan is tans (Maart 2024) 32ste op Wereldrugby se wereldranglys gelys.
[4]
Duitsland is reeds op die
Olimpiese Somerspele 1900
in
Parys
deur die SC Frankfurt 1880 verteenwoordig en het die silwermedalje met
Groot-Brittanje
gedeel. Die span het in 1927 sy eerste internasionale wedstryd teen
Frankryk
gespeel. In 1934 was Duitsland een van die stigtingslede van die
Federation internationale de rugby amateur
(FIRA, nou Rugby Europa) wat as mededinger tot die destydse eksklusiewe, Angel-Saksies oorheersde Internasionale Rugbyraad (IRR, nou
Wereldrugby
) gestig is.
Duitsland speel die meeste van sy toetswedstryde tydens die
Europese Rugbykampioenskap
, waar hulle met ander opkomende rugbyspanne meeding. Die nasionale span se beste prestasies tot dusver is die derde plek in onderskeidelik 1952 en 2018. Duitsland kon tot dusver nog nie vir ’n
rugbywereldbekertoernooi
kwalifiseer nie.
Van 1951 tot 1990 het die
Duitse Demokratiese Republiek
oor sy eie nasionale rugbyspan beskik; albei spanne het egter nooit ontmoet nie.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Duitse Rugbybond
.
Die beheerliggaam vir rugby in Duitsland is die Duitse Rugbybond (
Duits
:
Deutscher Rugby-Verband
, DRV) met sy hoofkantoor in
Heidelberg
. Die DRV is op 4 November 1900 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyraad (IRR, nou
Wereldrugby
) aangesluit.
[6]
Daarbenewens is die DRV ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam
Federation Internationale de Rugby Amateur
(FIRA; nou
Rugby Europa
).
[7]
Die hoogste rugbyliga in Duitsland is die Rugby-Bundesliga wat in 1971 gestig is en waaraan 16 spanne deelneem. Daaronder word die Tweede Bundesliga tussen 18 spanne in drie plaaslike groepe en in die 13 plaaslike beheerliggame se ligas beslis. Die meeste spelers van die Duitse nasionale span is uit die liga afkomstig. Van die ander spelers is veral in
Frankryk
aktief.
Naas die amptelike nasionale span roep die DRV ook ander keurspanne byeen. Net soos ander rugbylande beskik Duitsland oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Europese en
Wereldrugby o/20-kampioenskap
deelneem.
[8]
Kinders en jongmense word aan rugby bekend gestel veral deur klubs, skoolsportorganisasies en plaaslike beheerliggame, wat in die Duitse Rugbyjeug saamgevat is.
Invoering en vestiging van rugby
[
wysig
|
wysig bron
]
Welvarende Britte se nakomelinge het rugby na Duitsland gebring. Van die jong mans het in die
Duitse Bond
bekende privaat hoerskole besoek of in
Heidelberg
gestudeer, ander het in die residensiele stad
Hannover
hul militere diensplig verrig en in hul vrye tyd ’n vroee weergawe van rugby gespeel. Die
Universiteit Heidelberg
beweer, dat hulle rondom 1850 as eerste instelling hul studente rugby aangebied het. In die plaaslike Badiese
dialek
noem die jong mense in die stad die spel ook
Durchtragerles
.
William Cail
word as diegene beskou wat rugby in 1865 in
Bad Cannstatt
ingevoer het.
[9]
Onafhanklik daarvan, waar en wanneer rugby vir die eerste keer gespeel is, het die eerste Duitstalige teks oor die sport in 1875 verskyn. Op vroee pogings, om “Die wette van sokker soos gespeel by Rugbyskool” (
The Laws of Football as played at Rugby School
) te verduidelik, het joernale en niefiksieboeke gevolg, waarin na die sport verwys is.
[10]
Rugbyondersteuners het betrokke geraak by reeds bestaande sportklubs, wat verskeie sportsoorte aangebied het, en eie afdelings gestig. Daar was ook klubs wat verskeie balsporte saam aangebied het. Die vroegste bekende voorbeeld hiervoor is die in 1878 deur die destyds sowat 15-jarige leerling
Ferdinand Wilhelm Fricke
en 24 van dieselfde ouderdom gestigte
Duitse sportklub Hannover 78
.
[11]
[12]
In 1891 het Heidelbergse studente onder aanleiding van hul onderwyser Edward Hill Ullrich by die
Heidelbergse Roeiklub
’n rugbyafdeling gestig.
[11]
[13]
Sedertdien word albei stede, saam met die
Ryn-Main-streek
, as Duitsland se rugbyvestings beskou.
[14]
Die vroegste probeerslag om ’n nasionale rugbybeheerliggaam te stig dateer uit 1886, toe verskeie
Noord-Duitse
klubs die Duitse Rubyvoetbalbond gestig het. Nadat die probeerslag egter misluk het, het die DSV Hannover 78 aangesluit by die Duitse Sokker- en Krieketbond (
Deutscher Fußball- und Cricket Bund
), terwyl Suid-Duitse klubs by die Suid-Duitse Sokkerunie (
Suddeutsche Fußball-Union
) aangesluit het. Tydens ’n “rugbydag” in Heidelberg op 13 Februarie 1898 het Ullrich hom beywer vir nouer bande tussen Suid- en Noord-Duitse klubs en die stigting van ’n nasionale beheerliggaam, waarvoor hy egter min ondersteuning gekry het. Nadat die voorstel verder bespreek is, het tydens die “rugbydag” op 11 Maart 1900 in Hannover 19 klubs ooreengekom, om in die toekoms saam op te tree, die rugbywette in Duits te vertaal, die eerste Noord-Suid-wedstryd te reel en by die enkele weke vroeer gestigte
Duise Sokkerbond
(
Deutscher Fußball-Bund
, DFB) aan te sluit.
[11]
Eerste internasionale verskynings
[
wysig
|
wysig bron
]
Reeds aan die
Olimpiese Somerspele 1900
, wat in 1900 saam met die
Wereldtentoonstelling
in
Parys
gehou is, het ’n Duitse span deelgeneem en na ’n 17?27-nederlaag teen die gasheer Frankryk met Groot-Brittanje die tweede plek beklee. Pleks van ’n nasionale span, wat weens die gebreek aan ’n nasionale beheerliggaam nog nie bestaan het nie, het die
SC Frankfurt 1880
deelgeneem.
[15]
Op 4 November 1900 is die Duitse Rugbyvoetbalbond (
Deutscher Rugby-Fußball-Bund
) as ’n eie afdeling gestig binne die DFB, met Fricke van die DSV Hannover 78 as eerste voorsitter. Presies een jaar later het die rugbyafdeling sy bande met die DFB gebreek en homself hergestig as
Duitse Rugbybond
(
Deutscher Rugby-Verband
, DRV).
[11]
In 1909 is die Duitse Rugbykampioenskap vir die eerste keer beslis.
[16]
Hoewel die rugbysport in Frankryk aanvanklik stadiger ontwikkel het, het dit met
Pierre de Coubertin
, die stigter van die moderne
Olimpiese Spele
, ’n invloedryke ondersteuner gehad, wat homself beywer het vir ’n spoedige verspreiding. In Duitsland het so ’n prominente ondersteuner egter ontbreek, waarvolgens die ontwikkeling lank stagneer en spoedig agter
sokker
s’n teruggeval het.
[17]
Van die beheerliggaam se stigting tot die eerste amptelike toetswedstryd het dit meer as twee en ’n half dekades geneem. Dit is op 17 April 1927 op
Stade Olympique
in die Paryse voorstad
Colombes
teen die
Franse nasionale span
gespeel en het in ’n 5?30-nederlaag geeindig. Vier weke later het die Duitsers op 15 Mei in Frankfurt met 17?16 teen die Franse geseevier. Op 1 Maart 1928 het die derde ontmoeting tussen albei spanne in Hannover meer as 14 000 toeskouers gelok, tot op hede die rekord vir ’n rugbywedstryd in Duitsland.
[11]
[18]
Duitsland het na Frankryk homself as die naasbeste nasionale span op die Europese vasteland gevestig. In die jaarlikse ontmoetings tussen albei spanne was die resultate aanvanklik heelwat ten gunste van die Franse, maar mettertyd het van die uitslae al hoe skraler geword.
[17]
In 1929 het die Duitsers vir die eerste keer te staan gekom teen
Spanje
, in 1931 teen
Tsjeggo-Slowakye
en in 1933 teen
Nederland
.
Nasionaalsosialisme en naoorlogse tydperk
[
wysig
|
wysig bron
]
As gevolg van die
NSDAP
se magsoorname in Januarie 1933 en die aansluitende gelykskakeling is die DRV net soos al die ander Duitse beheerliggame met dwang in
Nazi-Duitsland
se sportsambreelorganisasie ingelyf. Binne die Nasionaal-Sosialistiese Ryksbond vir liggaamlike oefening was dit ondergeskik aan die professionele kantoor 2, wat ook toesig gehou het oor sokker en
krieket
. Die destydse DRV-voorsitter
Hermann Meister
het as ’n oortuigde kampvegter van ’n verenigde Europa en ’n frankofiel te vergeefs gepoog, om aan sy ideale te voldoen, maar rugby het teen die ideologiese instrumentalisering nie meer weerstand ontbied as enige ander sportsoort nie.
[18]
Soos in
Engeland
was rugby destyds veral die hoer middelklas se sportsoort. Onder die Nasionaalsosialiste en veral onder die
SA
het sekere kringe op ’n sterker ondersteuning en verspreiding gemik. Volgens hulle was rugby die “mees manhaftige groot vegspel”, wie se “invoering op skole en jeugorganisasies […] ten sterkste aanbeveel” word.
[19]
Die vernaamste ondersteuner was
Albert Speer
wat die spel op skool in Heidelberg leer ken het. Nogtans is rugby as “te Engels” beskou en deur sokker en die doelgerig bevorderde
handbal
oorvleuel.
[13]
Na Frankryk se tydelike skorsing uit die
Vyfnasies
is op inisiatief van die
Franse Rugbyfederasie
die wereldbeheerliggaam
Federation internationale de rugby amateur
(FIRA) gestig as mededinger tot die destydse eksklusiewe, Angel-Saksies oorheersde Internasionale Rugbyraad (IRR, nou
Wereldrugby
). Die DRV het op 2 Januarie 1934 een van die stigtingslede geword.
[20]
Twee jaar later, tydens die eerste FIRA-toernooi 1936 in
Berlyn
(die
Europese Rugbykampioenskap
se voorloper), het die Duitsers na ’n oorwinning oor
Italie
in die halfeindrondte die eindstryd gehaal, wat deur Frankryk met 19?14 gewen is.
[21]
Ook in 1936 het die Duitsers vir die eerste keer
Roemenie
en in 1937
Belgie
ontmoet. Tydens die FIRA-toernooi 1937 in Parys het hulle die halfeindstryd teen Italie verloor
[22]
en tydens die FIRA-toernooi 1938 in
Boekarest
het hulle na Frankryk die tweede plek behaal.
[23]
Op 27 Maart 1938 het Duitsland in Frankfurt sy tweede en tot op hede laaste oorwinning oor Frankryk aangeteken. Die laaste toetswedstryd gedurende die Nazi-bewind was in Mei 1940 weg teen Italie.
Die
Tweede Wereldoorlog
het vir die Duitse rugbysport verwoestende gevolge gehad, aangesien 16 nasionale spelers in die oorlog dood is. Van die verlies kon die Duitse nasionale rugbyspan nie herstel nie.
[17]
Die naoorlogse tydperk se sosiale omwentelinge het die vooruitgang wat voor die oorlog behaal is, grootliks ongedaan gemaak. Rugby was al sy finansiele ondersteuning kwyt en het die meeste van sy gewildheid verloor, wat dit voorheen verwerf het.
[13]
Van die vestings is slegs Heidelberg, later die
Amerikaanse Gewapende Magte
se hoofkwartier in
Wes-Duitsland
, gespaar in die bomaanvalle. Die eerste internasionale rugbywedstryd in die naoorlogse tydperk is op 13 Maart 1946 sonder Duitse deelname gehou, toe tydens die
Victory Internationals
in
Wuppertal
die Britse Rynleer en die Nieu-Seelandse Ekspedisiemag ontmoet het.
[24]
Dit het etlike jare geneem vir die DRV en die plaaslike beheerliggame om hulleself te herorganiseer. In die 1947/48-seisoen is die Duitse Rugbykamioenskap hervat. As gevolg van die Duitse deling is in 1950 in die
Duitse Demokratiese Republiek
by die Duitse Sokkerbond die tegniese komitee vir rugby gestig, wat een jaar later sy eie nasionale span byeengeroep en in 1958 homself in Duitse Rugbysportbeheerliggaam (
Deutscher Rugby-Sportverband
, DRSV) hernoem het.
[25]
Gedurende die Duitse deling
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Duitse nasionale span, wat slegs die Federale Republiek verteenwoordig het, het op 2 Maart 1952 in Hannover sy eerste toetswedstryd na ’n pouse van amper twaalf jaar tydens die Europese Rugbybeker 1952 gespeel en Belgie met 16?9 geklop. Een maand later het in
Padua
’n 6?14-nederlaag teen Italie gevolg, waarvolgens hulle die derde plek behaal het.
[26]
Ook van 1952 af en tot in die middel-1980’s was jaarlikse wedstryde teen spanne van die Britse Rynleer en die
Britse Lugmag
’n vaste deel in die speelprogram. Die nasionale span het dadelik besef dat hulle weens die oorlogsgevolge en die opponente se konsekwente ontwikkelingswerk hul eens goeie posisie kwyt was. Byvoorbeeld is van 1954 tot 1977 jaarliks ’n wedstryd teen die Franse gespeel, wat altyd met ’n reserwespan uitgedraf en nogtans elke wedstryd gewen het (met uitsondering van ’n gelykopuitslag in 1958). Italie en Roemenie was ook op ’n ander vlak, terwyl Spanje as ’t ware gelykop was. In September 1956 het die Duitsers ’n toer na die Verenigde Koninkryk onderneem, waartydens hulle die drie wedstryde teen die klubs
Cardiff RFC
,
Swansea RFC
en
Harlequins
swak verloor het.
[27]
Toe die FIRA die Europese Rugbykampioenskap na ’n onderbreking van meer as tien jaar hervat het (onder deelname van Noord-Afrikaanse spanne), het die Duitsers begin in die eerste afdeling. Na ’n oorwinning oor Tsjeggo-Slowakye en ’n gelykop teen Italie het hulle tydens die FIRA-nasiesbeker 1965/66 die vierde plek beklee.
[28]
Die laaste plek in 1967/68 het nog geen gevolge ingehou nie, maar na die FIRA-nasiesbeker 1968/69 is hulle afgeskakel. Pleks om in die tweede afdeling aan te pak, het hulle vir sekere jare nie aan die toernooi deelneem nie en slegs op internasionale wedstryde gefokus. In 1971 het DRV die
Rugby-Bundesliga
gestig, wat die aparte Noord- en Suid-kampioenskappe vervang het. Die hoop op meer belangstelling is egter nie vervul nie en rugby het ’n nissportsoort gebly.
[29]
Die Duitsers het op 3 November 1972 in
Boekarest
’n groot verrassing aangeteken, toe hulle die as heelwat hoer geagte Roemene met 11?10 geklop het ? slegs een week nadat hulle teen Tsjeggo-Slowakye een van hul ergste nederlae nog gely het.
[30]
Na ’n herstrukturering van die FIRA-beker het Duitsland weer aan die toernooi deelgeneem, tydens die FIRA-beker 1973/74 in die tweede afdeling begin en in die derde plek onder vyf deelnemers geeindig.
[31]
Tydens die FIRA-beker 1974/75 het Duitsland vir die eerste keer ’n nie-Europese span ontmoet en op 13 April 1975 in Heidelberg
Marokko
met 19?11 geklop. Die span het tydens die FIRA-beker 1980/81 met die bevordering na die FIRA-beker se eerste afdeling ’n groot sukses behaal. Tussen 1981 en 1983 het Duitsland tien wedstryde op die vlak gespeel, waarvan hulle slegs die teen die
Sowjetunie
kon wen, waarvolgens hulle weer na die tweede afdeling afgeskakel is. Na die FIRA-beker 1983/84 het hulle ’n verdere afskakeling na die derde afdeling in die gesig gestaar. Duitsland het dit vrygespring na nog ’n herstrukturering na die FIRA-beker 1984/85, toe die FIRA die tweede en derde afdeling saamgevat het. In 1984 is die DRV deur die Sowjetse beheerliggaam genooi vir ’n toernooi in
Moskou
teen die nasionale spanne van die Sowjetunie en
Pole
, asook die Sowjetse vakbondfederasie se keurspan; die Duitsers het al hul wedstryde verloor en in die laaste plek geeindig.
[32]
Gedurende die
Koue Oorlog
het die DRV herhaaldelik na nouer bande met die Oos-Duitse rugbysport gestreef. Hulle het by die
Duitse Gimnastiek- en Sportfederasie
(
Deutscher Turn- und Sportbund
, DTSB), wat oorgeskik was aan die DRSV, meermale aangeklop vir toetswedstryde tussen albei nasionale spanne, wat deur die DTSB egter elke keer van die hand gewys is. Nadat ’n gesamentlike keurspan van BSG Lok Berlyn en
BSG Post Berlyn
in 1985 tydens ’n toernooi in
Olomouc
teen die
Berlynse Sportklub
gespeel het, het die DTSB sy geaffilieerde spanne verbied om aan internasionale toernooie met Wes-Duitse spanne deel te neem.
[33]
In November 1988 het die DRV as 38 lid by die Internasionale Rugbyraad (IRR, sedert 2014
Wereldrugby
) aangesluit, waarvolgens Duitsland een jaar later aan die
Rugbywereldbeker 1991
-kwalifisering kon deelneem. Hulle het hul enigste kwalifiseringswedstryd, wat deel was van die FIRA-beker 1989/90, op 17 September 1989 in Heidelberg teen Nederland met 6?12 verloor, waarmee hulle uitgeskakel is.
[34]
Die laaste toetswedstryd voor die Duitse hereniging was in Julie 1990 weg in
Windhoek
teen die span van die onlangs onafhanklike
Namibie
en het in ’n swak 9?54-nederlaag geeindig. In Desember dieselfde jaar het die DRSV homself ontbind en die Oos-Duitse klubs het aangesluit by die DRV, wat tot die stigting van die Tweede Bundesliga gelei het.
[11]
Aan die FIRA-beker 1990?1992 het Duitsland deelgeneem met ’n herenigde nasionale span, wat in die eerste vyf wedstryde daarin geslaag het om onoorwonne te bly. Ondanks ’n wegnederlaag teen Belgie het hulle die eerste plek in hul groep behaal.
[35]
Pleks van ’n gewone regstreekse bevordering na die FIRA-beker 1992?1994 se eerste afdeling moes Duitsland aan ’n kwalifisering deelneem. Op ’n oorwinning oor Belgie het nederlae teen
Rusland
, Marokko en die Franse reserwespan gevolg, waarvolgens die span in die daaropvolgende fase nie om die titel meegeding het nie, maar om die sesde plek. Dit het hulle na ’n nederlaag in die eerste wedstryd teen
Tunesie
, maar ook oorwinnings oor Belgie, Marokko en
Portugal
bespreek.
[36]
Die Duitsers het in Mei 1993 die
Rugbywereldbeker 1995
-kwalifisering in die tweede rondte met oorwinnings oor
Litaue
en
Letland
begin. Een jaar later het hulle in die derde rondte egter swak nederlae teen beide Roemenie en Rusland gely.
[37]
Die goeie resultaat in die FIRA-beker 1992?1994 se tweede fase het egter niks meegebring nie, aangesien die FIRA die Europese toernooi weereens herstruktureer het, waarvolgens Duitsland tydens die FIRA-beker 1994?1997 in die tweede afdeling aangebly het. Hul wenrekord was gebalanseerd: Op oorwinnings oor
Tsjeggie
en
Denemarke
het nederlae teen
Georgie
en Nederland gevolg, waarmee hulle die derde plek beklee het.
[38]
Die jare van 1997 tot 1999 was ’n tyd van veranderinge in Europese rugby, aangesien FIRA homself onder die IRB as vastelandse beheerliggaam geskik en gelyktydig die nie-Europese lede ontslaan het. Buitendien het met Frankryk en Italie die twee sterkste spanne nie meer aan die Europese kampioenskappe deelgeneem nie. Om die redes is ander toernooie beslis, wat nie as vastelandse kampioenskappe geag is nie. In die FIRA-toernooi 1996/97 se eerste rondte het die Duitsers in groep A na Spanje en Belgie die derde plek beklee. Daarna het hulle om die negende plek meegeding, wat hulle na oorwinnings oor Denemarke en Tsjeggie behaal het. Tydens die aansluitende
Rugbywereldbeker 1999
-kwalifisering, wat in die
wintersemester
1997/98 beslis is, kon die Duitsers die eerste rondte vryspring. In die tweede rondte het hulle eers
Andorra
en Tsjeggie geklop, maar toe teen beide Portugal en Spanje verloor, waarvolgens hulle met hul derde plek die volgende rondte misgeloop het.
[39]
Tydens die FIRA-toernooi 1998/99 het Duitsland sy wedstryde teen Tunisie,
Luxemburg
en Belgie gewen, terwyl die wedstryd teen
Joego-Slawie
weens die
Kosovo-oorlog
afgelas moes word. Daarmee het die span sy groep gewen, waarmee hulle die Europese Nasiesbeker 1999/2000 se tweede afdeling gehaal het, die eerste toernooi van die Europese toernooi se nuwe formaat. Duitsland het die eerste wedstryd teen
Oekraine
gewen, maar hulle het die ander wedstryde teen Rusland,
Kroasie
en Denemarke verloor.
[40]
Ter geleentheid van die Duitse Rugbybond se 100ste verjaarsdag het die nasionale span op 12 Augustus 2000 op die
Eilenriedestadion
in
Hannover
te staan gekom teen die
Barbarians
, die wereld se bekendste uitnodigingspan; die wedstryd het in ’n 19?47-nederlaag geeindig. Die Europese Nasiesbeker 2001/02 was gelyktydig die
Rugbywereldbeker 2003
-kwalifisering se tweede fase. Na oorwinnings oor Denemarke en Letland, maar ook nederlae teen
Swede
en Pole het hulle die tweede plek behaal, waarmee hulle egter die volgende rondte misgeloop het.
[41]
Ook tydens die Europese Nasiesbeker 2002?2004 het die Duitsers die tweede plek behaal.
Die Europese Nasiesbeker 2004?2006 het gelyktydig as die
Rugbywereldbeker 2007
-kwalifisering se eerste deel gedien. Duitsland het na oorwinnings oor
Moldowa
, Luxemburg, Denemarke en
Oostenryk
die eerste plek in hul groep behaal en daarmee die derde rondte bespreek. Hulle het dit na oorwinnings oor
Malta
, Serwie en Montenegro, Kroasie en Belgie ook beklink. Daarna het die Duitsers teen Spanje om die bevordering na die eerste afdeling gespeel. Hulle het die tuiswedstryd in Heidelberg met 18?6 gewen. Die wegwedstryd in
Madrid
het egter in ’n 10?36-nederlaag geeindig, waarmee hulle uit die rugbywereldbekerkwalifisering geskakel is. Daarmee is ook ’n wenreeks van nege wedstryde beeindig, tot op hede die Duitse nasionale span se langste wenreeks.
[42]
Tydens die Europese Nasiesbeker 2006?2008 het Duitsland Belgie, Moldowa, Oekraine en Nederland ontmoet. Op twee wegnederlae teen die Moldawiers en Belge het ses oorwinnings gevolg. Die Duitsers het die toernooi op die eerste plek afgesluit en hulle is sodoende na die eerste afdeling bevorder.
[43]
Op 28 April 2007 het die tuiswedstryd teen Nederland op
Rudolf-Kalweit-stadion
in Hannover 8 123 toeskouers gelok, die hoogste gehoor vir ’n rugbywedstryd in Duitsland sedert die Tweede Wereldoorlog.
[44]
Mislukte saamwerking met die WRA
[
wysig
|
wysig bron
]
In Oktober 2007 het die Switsers-Duitse entrepreneur
Hans-Peter Wild
, die eienaar van die drankhandelsmerk
Capri-Sun
, die niewinsgewende
WILD Rugby Academy ? Stiftung zur Forderung des Rugbysports
(WRA) gestig. Deur kennisoordrag sou rugby in Duitsland bevorder word en meer gewildheid verkry, waarvoor hy oor die jare heen sowat 20 miljoen euro bele het.
[45]
Aanvanklik was die fokus op die ontwikkelling van junior- en massasport, vergesel deur verskeie skool- en klubprojekte.
[46]
Deur doelgerigte ontwikkelingswerk sou die Duitse nasionale span by die wereldklas aansluit. Aanvanklik is op die aanbly in die afdeling tydens die Europese Nasiesbeker 2008?2010 gemik, wat ook deel gevorm het van die
Rugbywereldbeker 2011
-kwalifisering.
[47]
Hierdie voorneme was egter moeilik, aangesien die eerste vyf wedstryde almal in nederlae geeindig het. Nogtans was daar ook vordering sigbaar, byvoorbeeld in ’n oorwinning tydens ’n vriendskaplike wedstryd teen
Hongkong
in November 2009.
[48]
Met die erkenning van
Sewesrugby
as ’n
Olimpiese sportsoort
het die DRV nou ook federale ondersteuning geniet. Buitendien het die
Bundeswehr
ingestem, om agt tot tien spelers in sy sportbevorderingsgroep in te skryf.
[49]
In die toernooi se verdere verloop het Duitsland weer al sy wedstryde verloor en is afgeskakel, waarvolgens die hoofafrigter
Rudolf Finsterer
na tien jaar bedank het.
[50]
Onder sy opvolger
Torsten Schippe
het Duitsland die Europese Nasiesbeker 2010?2012 in afdeling 1B begin. Na ’n teleurstellende eerste helfte van die toernooi, waartydens die span slegs een van sy vyf wedstryde kon wen, het hulle in die tweede helfte aansienlik verbeter en drie wedstryde gewen, waardeur hulle die toernooi in die vierde plek afgesluit het.
[51]
Tydens die Europese Nasiesbeker 2012?2014 het die Duitsers alles in die stryd gewerp vir ’n bevordering na die afdeling 1A. Ondanks wegnederlae teen Pole en Moldowa het hulle daarin geslaag. Hulle het al die agt ander wedstryde gewen en die toernooi in die eerste plek afgesluit.
[52]
Schippe het in April 2013 as hoofafrigter bedank en beroepsverpligtinge aangevoer.
[53]
Hy is opgevolg deur sy adjunkafrigter, die Suid-Afrikaner
Kobus Potgieter
wat by die WRA aangestel was.
[54]
Hierdie verbintenis was nou verwant aan die groter betrokkenheid van die WRA, wat deur die voormalige hoofafrigter
Robert Mohr
aangevoer is en van 2014 af die DRV se “premiumvennoot” was.
[46]
[55]
As wenner van sy groep is Duitsland toegelaat om in die
Rugbywereldbeker 2015
-kwalifisering se uitspeelwedstryd te speel. Op 10 Mei 2014 het die span weg teen Nederland te staan gekom en met 17?7 geseevier. Twee weke later het hulle die kans gehad om teen Rusland vir die laaste uitspeelrondte te kwalifiseer. In
Hamburg
het hulle ietwat verrassend tot in die 77ste minuut met 20?17 voorgeloop, maar hulle het toe kort voor die wedstryd se einde twee
driee
afgestaan en met 20?31 verloor, waarmee hulle uitgeskakel is.
[56]
Tydens die Europese Nasiesbeker 2014?2016 was hulle van voorneme om in die afdeling aan te bly. Die Duitsers het in Februarie en Maart 2015 al hul vyf wedstryde verloor en voorlopig die laaste plek beklee. Met finansiele bystand deur die WRA het hulle aan die einde van die jaar ’n kort toer na Suid-Amerika aangepak. Hulle het twee wegwedstryde teen
Brasilie
gespeel in
Blumenau
en
Sao Paulo
, wat hulle albei kon wen.
[57]
Tydens die tweede helfte van die Europese Nasiesbeker in Februarie en Maart 2016 het die Duitsers swak nederlae teen Georgie, Rusland en Roemenie gely, maar hulle kon ook Portugal klop en het teen Spanje gelykop gespeel, waarvolgens hulle met hul vyfde plek in die hoogste afdeling aangebly het.
[58]
Tydens die
2016 eindjaarrugbytoetsreeks
het hulle
Uruguay
en twee keer Brasilie gehuisves, en kon al drie wedstryde wen. In die eerste wedstryd tydens die Europese Rugbykampioenskap 2016/17 het die Duitsers in
Offenbach am Main
’n verrassende 41?38-oorwinning oor Roemenie aangeteken. Hulle is weer deur Georgie, Spanje en Rusland verslaan, maar hulle kon Belgie klop en het in die eerste afdeling aangebly.
[59]
Naas die WRA het Hans-Peter Wild ook die
Heidelbergse Roeiklub
ondersteun, wat vir die Europese Rugby-uitdaagbeker gekwalifiseer het. In Junie 2017 het hy ook die Paryse tradisionele klub
Stade Francais
oorgeneem. Die Europese Professionele Klubrugby, wat toesig hou oor die Europese Bekertoernooie, het daarop aangedring, dat hy weens ’n moontlike belangebotsing van een tan die twee klubs afstand doen, waarna hy Stade Francais gekies het.
[45]
’n Kort rukkie later het die sedert ’n geruime tyd aanhoudende konflik tussen Wild en die beheerliggaam oor die nasionale span se bemarking geeskaleer, waarvolgens die WRA in Augustus die vennootskap met die beheerliggaam beeindig het. Vir die nasionale span het dit ingrypende gevolge gehad, aangesien amper al die spelers en afrigters by die WRA aangestel was en in die Rugby-Bundesliga vir die Heidelbergse Roeiklub gespeel het. Uit solidariteit met Wild, wat op ’n meer professionelle beheerliggaam aangedring het, het hulle in November begin staak.
[60]
Die DRV moes op kort kennisgewing ’n heeltemal nuwe span saamstel.
[61]
Die span was tydens die Europese Rugbykampioenskap 2018, wat saam met die vorige jaar se toernooi ook in aanmerking gekom het vir die
Rugbywereldbeker 2019
-kwalifisering, heeltemal oorlaai en het al hul vyf wedstryde swak verloor, hoewel hulle met die Uruguaan
Pablo Lemoine
’n internasionaal ervare voorlopige afrigter kon aanstel.
[62]
Wild het die beheerliggaam van “diepste amateurisme” en ’n gebrek aan wil en vaardighede beskuldig. Hy moes glo selfs die DRV met 80 000 euro help om dit teen bankrotskap te beskerm. Wild het die WRA in Junie 2018 gelikwideer, en hy het ook die beplande uitbreiding van die opvoedingsentrum in Heidelberg gekanselleer.
[63]
Drie maande na die einde van die Europese Rugbykampioenskap 2018 het die Duitsers die onverwagte kans gehad om wel vir die Rugbywereldbeker 2019 te kwalifiseer. Nadat die nasionale rugbyspanne van Belgie, Roemenie en Spanje tydens hul kwalifiseringsrondtes ontoelaatbare spelers ingespan het, is hulle op 15 Mei 2018 deur
Rugby Europa
vir elke wedstryd met hierdie spelers beboet met puntaftrekking.
[64]
[65]
Vervolgens het Rusland onmiddellik vir die Rugbywereldbeker 2019 gekwalifiseer, terwyl Duitsland, ondanks redelik hoe nederlae, die volgende rondte gehaal het.
[66]
Die gereelde spelers het op baie kort kennisgewing na die nasionale span teruggekeer en hulle ’n 16?13-oorwinning oor Portugal in Heidelberg laat aanteken.
[67]
In die daaropvolgende uitspeelwedstryd het die Duitsers
Samoa
ontvang. Die meermalige rugbywereldbekerdeelnemer het aan sy status as gunsteling voldoen; hulle het die tuiswedstryd in
Apia
en die wegwedstryd in Heidelberg maklik gewen.
[68]
Vervolgens kon Duitsland slegs vir die hooftoernooi kwalifiseer tydens die uitspeelrondte, wat in November 2018 in
Marseille
beslis is. In voorbereiding daarop het die DRV die Engelse
Mike Ford
as nuwe hoofafrigter aangestel.
[69]
Die Duitsers kon die gunsteling Hongkong met 26?9 klop. Met die daaropvolgende 10?29-nederlaag teen
Kanada
is hulle egter uitgeskakel. Na die 43?6-oorwinning oor
Kenia
in die laaste wedstryd kon hulle nietemin die toernooi in die tweede plek afsluit.
[70]
Tydens die Europese Rugbykampioenskap 2019 het die Duitsers al hul vyf wedstryde verloor, waarvolgens hulle op 15 Junie 2019 in die relegasie teen Portugal moes speel. In Frankfurt het hulle ’n 32?37-nederlaag gely en is vervolgens afgeskakel.
[71]
Gevolglik het die beheerliggaam, wat steeds finansieel siek was, in September 2019 die hoofafrigter Ford tydelik vervang deur die voormalige nasionale spelers
Mark Kuhlmann
en
Alexander Widiker
.
[72]
Reeds in Januarie 2020 is altwee deur die Suid-Afrikaners Melvine Smith en Byron Schmidt vervang,
[73]
toe in September dieselfde jaar Kuhlmann as hoofafrigter aangestel is.
[74]
As gevolg van die baie veranderinge is die afwaartse neiging ook in die laer Rugby Europa Trofee 2019/20 voortgesit. Op ’n oorwinning het twee nederlae gevolg (waaronder vir die eerste keer teen
Switserland
),
[75]
voordat die toernooi in Maart 2020 weens die wereldwye
Covid-19-pandemie
afgelas moes word. Die internasionale speelprogram is toe tot in Oktober 2021 gekniehalter. Tydens die Rugby Europa Trofee 2021/22 het Duitsland slegs die derde plek behaal, maar baat gevind by ’n herstrukturering van die toernooi, waarvolgens hulle in die 2022/23-seisoen kon deelneem aan die Europese Rugbykampioenskap, waartydens die span die sesde plek onder agt deelnemers beklee het. Tydens die Europese Rugbykampioenskap 2023/24 het die Duitsers weer die sesde plek behaal, waarmee hulle in die afdeling aangebly het.
Trui, kenteken en bynaam
[
wysig
|
wysig bron
]
Duitsland speel tradisioneel in ’n swart trui met swart broeke en swart sokkies. Hul alternatiewe trui is wit met wit broeke en wit sokkies.
Die huidige truiverskaffer is die Italiaanse sportuitruster
Macron
[76]
en die truiborg is die Duitse logistieke maatskappy
DHL
.
[77]
Die beheerliggaam se kenteken verskyn op die regterbors, die truiverskaffer se kenteken links en die borgkenteken in die middel.
Die beheerliggaam
Duitse Rugbybond
se kenteken toon die woord rugby met die belettering
Deutscher Rugby Verband
in Duitse onder die nasionale kleure
swart-rooi-goud
, met die afkorting DRV links aan in ’n gestileerde rugbybal. Die nasionale span se bynaam is “swart arende” (
Schwarze Adler
), ontleen aan die wapendier van die land, die Bondsarend.
Duitsland se tuiswedstryde word oorwegend in die rugbyvestings
Hannover
en
Heidelberg
gespeel. In die Hannoverse
Rudolf-Kalweit-stadion
en die Heidelbergse
Fritz-Grunebaum-sportpark
is ongeveer dieselfde aantal tuiswedstryde gespeel, baie meer as in al die ander Duitse stede.
Op 10 Mei 2013 is in die Heidelbergse Duitse Rugbysportmuseum die niewinsgewende vereniging
Freunde der deutschen Rugby-Nationalmannschaft e.V.
gestig en ’n raad van drie lede gekies. Die vereniging ondersteun die
Duitse Rugbybond
se nasionale spanne (mans, o/19 en o/23) se sportiewe aktiwiteite in die nie-Olimpiese vyftienrugby op verskeie maniere. Dit samel fondse in deur lidmaatskapfooie, skenkings en borgskapondersteuning om hierdie spanne te help finansier wat betrokke is by die
Rugby Europa
en
Wereldrugby
-toernooie.
[78]
Duitsland het 163 van sy 347 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 46,97%. Duitsland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Maart 2024):
[79]
Opponent
|
Gespeel
|
Gewen
|
Verloor
|
Gelykop
|
% Gewen
|
Andorra
|
1
|
1
|
0
|
0
|
100,00
|
Belgie
|
33
|
23
|
9
|
1
|
69,70
|
Brasilie
|
5
|
5
|
0
|
0
|
100,00
|
Bulgarye
|
1
|
1
|
0
|
0
|
100,00
|
Chili
|
1
|
0
|
1
|
0
|
0,00
|
Denemarke
|
9
|
8
|
1
|
0
|
88,89
|
Frankryk
|
16
|
2
|
14
|
0
|
12,50
|
Georgie
|
10
|
0
|
10
|
0
|
0,00
|
Hongkong
|
5
|
3
|
0
|
2
|
60,00
|
Italie
|
21
|
5
|
15
|
1
|
23,81
|
Joego-Slawie
|
7
|
6
|
0
|
1
|
85,71
|
Kanada
|
1
|
0
|
1
|
0
|
0,00
|
Kenia
|
2
|
2
|
0
|
0
|
100,00
|
Kroasie
|
3
|
1
|
1
|
1
|
33,33
|
Letland
|
2
|
2
|
0
|
0
|
100,00
|
Litaue
|
2
|
2
|
0
|
0
|
100,00
|
Luxemburg
|
3
|
3
|
0
|
0
|
100,00
|
Malta
|
1
|
1
|
0
|
0
|
100,00
|
Marokko
|
9
|
2
|
7
|
0
|
22,22
|
Namibie
|
3
|
0
|
3
|
0
|
0,00
|
Nederland
|
47
|
29
|
17
|
1
|
61,70
|
Oekraine
|
8
|
5
|
2
|
1
|
62,50
|
Oostenryk
|
1
|
1
|
0
|
0
|
100,00
|
Pole
|
23
|
9
|
14
|
0
|
39,13
|
Portugal
|
11
|
4
|
7
|
0
|
36,36
|
Roemenie
|
20
|
5
|
15
|
0
|
25,00
|
Rusland
|
11
|
0
|
11
|
0
|
0,00
|
Samoa
|
3
|
0
|
3
|
0
|
0,00
|
Sowjetunie
|
6
|
1
|
5
|
0
|
16,67
|
Spanje
|
26
|
8
|
16
|
2
|
30,77
|
Swede
|
10
|
7
|
3
|
0
|
70,00
|
Switserland
|
8
|
7
|
1
|
0
|
87,50
|
Tsjeggie
|
10
|
8
|
2
|
0
|
80,00
|
Tsjeggo-Slowakye
|
15
|
5
|
9
|
1
|
33,33
|
Tunisie
|
4
|
2
|
2
|
0
|
50,00
|
Uruguay
|
1
|
1
|
0
|
0
|
100,00
|
Verenigde State
|
1
|
0
|
1
|
0
|
0,00
|
Totaal
|
347
|
163
|
175
|
9
|
46,97
|
Duitsland kon tot dusver nog nie vir ’n rugbywereldbekertoernooi kwalifiseer nie.
Jaar
|
Uitslag
|
1987
|
Nie genooi nie
|
1991
|
Nie gekwalifiseer nie
|
1995
|
Nie gekwalifiseer nie
|
1999
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2003
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2007
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2011
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2015
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2019
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2023
|
Nie gekwalifiseer nie
|
2027
|
N.v.t.
|
2031
|
N.v.t.
|
Vyftienrugby was slegs vier keer ’n Olimpiese sportsoort. Tydens die eerste toernooi het die Duitse span die tweede plek behaal.
- 1900
: Tweede plek
- 1908
:
Geen deelname nie
- 1920
:
Geen deelname nie
- 1924
:
Geen deelname nie
Europese Rugbykampioenskap
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Duitse nasionale span neem sedert 1952 aan die Europese Rugbykampioenskap deel, meestal in die tweede afdeling. Hulle het sedertdien nog nie ’n toernooi gewen nie en twee keer in die derde plek geeindig.
In teenstelling met die meeste ander rugbylande het die Duitsers gedurende die amateurtydperk min oorsese toere onderneem. Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Suidelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks reis Duitsland na die Suidelike Halfrond en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks tree Duitsland as gasheer op. In teenstelling met die meeste ander rugbylande speel Duitsland nie vir enige trofee teen sy opponente nie.
Die volgende spelers het die Duitse span gevorm tydens die
Europese Rugbykampioenskap
2024:
[80]
Vervolgens die belangrikste statistieke van Duitsland se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.
(Korrek teen: September 2023)
Die volgende persone het al as hoofafrigters van die Duitse nasionale rugbyspan gedien:
- ↑
(
en
)
"Most matches"
. ESPNscrum
. Besoek op
21 Maart
2023
.
- ↑
(
en
)
"Most points"
. ESPNscrum
. Besoek op
21 Maart
2023
.
- ↑
(
en
)
"Most tries"
. ESPNscrum
. Besoek op
21 Maart
2023
.
- ↑
(
en
)
"World Rankings"
.
Wereldrugby
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Germany"
.
Wereldrugby
. Besoek op
21 Maart
2023
.
- ↑
(
en
)
"About us"
.
Rugby Europa
. 2020
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"World Rugby U20 Championship"
.
Wereldrugby
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Philipp Heineken (1930).
Erinnerungen an den Cannstatter Fußball-Club
. Heidelberg: Verlag Hermann Meister. p. 10.
- ↑
(
en
)
"Das Rugby-Sportmuseum prasentiert sich auf dem DRT"
.
Duitse Rugbybond
. 10 Julie 2014
. Besoek op
11 Mei
2018
.
- ↑
11,0
11,1
11,2
11,3
11,4
11,5
(
de
)
"Geschichte"
.
Duitse Rugbybond
. 2014. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Maart 2014
. Besoek op
19 Maart
2014
.
- ↑
(
de
)
"Die große Tat eines 15 jahrigen Pennalers"
.
Hannover 78
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 Julie 2016
. Besoek op
11 Julie
2016
.
- ↑
13,0
13,1
13,2
(
en
)
Richard Bath (1997).
The Complete Book of Rugby
. Seven Oaks Ltd. p. 67.
ISBN
1-86200-013-1
.
- ↑
(
de
)
"Wo sind Deutschlands Rugby-Hochburgen"
. Total Rugby. 19 Mei 2020
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Rugby at the Olympics"
. Rugby Football History
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Die Zeit vor den Landerspielen"
.
Duitse Rugbybond
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Oktober 2007
. Besoek op
25 Oktober
2007
.
- ↑
17,0
17,1
17,2
(
en
)
Paul Rouse (23 November 2018).
"Why Germany went from European rugby royalty to paupers"
.
Irish Examiner
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
18,0
18,1
(
de
)
"Rugby zwischen den beiden Weltkriegen"
.
Duitse Rugbybond
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Augustus 2008
. Besoek op
6 Augustus
2008
.
- ↑
(
de
)
"Teil 5: 1933 bis 1945 ? Rugby findet den Weg in die Schulen und wird von den Nationalsozialisten missbraucht"
.
RC Leipzig
. 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"About us"
.
Rugby Europa
. 2020
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1936 FIRA Tournament"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1937 FIRA Tournament"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1938 FIRA Tournament"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Scratchy win for "Kiwis" in Germany"
. Nieu-Seelandse Rugbymuseum. 13 Maart 1946. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Februarie 2018
. Besoek op
1 Februarie
2018
.
- ↑
(
de
)
"DRSV ? Deutscher Rugby Sport Verband der DDR"
. sport-record.de
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1952 European Cup"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1956 West Germany tour to England and Wales"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1965/66 FIRA Nations Cup"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Wiederaufbau der Vereine und Landesverbande"
.
Duitse Rugbybond
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Oktober 2007
. Besoek op
25 Oktober
2007
.
- ↑
(
de
)
"Der DRV in Europa und der Welt"
.
Duitse Rugbybond
. 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Oktober 2007
. Besoek op
25 Oktober
2007
.
- ↑
(
en
)
"1973/74 FIRA Trophy ? Division 2"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1984 Soviet Rugby Federation Trophy"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Chronik 30 Jahre ? Geschichte des Post SV Berlin Rugby"
. Post SV Berlin Rugby. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 Februarie 2012
. Besoek op
20 Februarie
2012
.
- ↑
(
en
)
"1991 Rugby World Cup ? European qualifiers"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1990/92 FIRA Trophy ? Division 2"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1992/94 FIRA Trophy"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1995 Rugby World Cup ? European qualifiers"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1994/96 FIRA Trophy ? Division 2"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"1999 Rugby World Cup ? European qualifiers"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2000 European Nations Cup ? Division 2"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2001/02 European Nations Cup ? Division 2"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2004/06 European Nations Cup ? Division 2"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2006/08 European Nations Cup ? Division 2A"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Spielbericht ? 4. Spieltag"
. TotalRugby.de. 28 April 2007
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
45,0
45,1
(
en
)
Andy Bull (7 November 2018).
"Juice billionaire's backing runs dry for Germany's RWC bid"
.
The Irish Times
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
46,0
46,1
(
de
)
"Uber die WRA"
. WILD Rugby Academy. 2019
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Christian Duncher (11 November 2008).
"Finsterer: "Werden andere deutsche Mannschaft sehen"
"
. TotalRugby.de
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Deutschland besiegt Hongkong mit 24:14 (16:0)"
. Rugby Journal. 12 Desember 2009
. Besoek op
21 Februarie
2010
.
[dooie skakel]
- ↑
(
de
)
Christian Duncher (26 Februarie 2010).
"DRV XV: Bundeswehr lost die großen Rugby-Probleme"
. TotalRugby.de
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Christian Duncher (20 Maart 2010).
"Deutschland steigt ab / Finsterer tritt zuruck"
. TotalRugby.de
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2010/12 European Nations Cup ? Division 1B"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Deutsche 15er-Herren mit Kantersieg gegen Schweden"
. TotalRugby.de. 6 April 2013
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"15er-Nationaltrainer Torsten Schippe tritt zuruck"
. TotalRugby.de. 18 April 2013
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"DRV-Nationaltrainer Kobus Potgieter: Polen ist der Favorit"
. TotalRugby.de. 6 November 2013
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"DRV-Partner Wild Rugby Academy will das deutsche Rugby der europaischen Spitze naher bringen"
. TotalRugby.de. 14 April 2014
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"WM-Qualifikation: DRV XV verliert nach großem Kampf gegen Russland"
. TotalRugby.de. 24 Mei 2014
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Ruckblick auf die DRV Brasilien-Tour 2015"
. WILD Rugby Academy. 14 November 2016
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"ENC 2016: DRV XV schafft nach Unentschieden gegen Spanien den EM-Klassenerhalt"
. TotalRugby.de. 20 Maart 2016
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2017 Rugby Europe Championship"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Die deutsche Rugby-Nationalmannschaft befindet sich im Streik"
.
Die Welt
. 22 November 2017
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Christian Duncher (27 November 2017).
"Zur Not mit dem Zug nach Russland"
.
Offenbach-Post
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"2018 Rugby Europe Championship"
. rugbyarchive.net. 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Rainer Seele (14 Junie 2018).
"?Es ist tiefstes Amateurtum"
"
.
Frankfurter Allgemeine Zeitung
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain"
.
Wereldrugby
. 6 Junie 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Russia handed 2019 World Cup spot"
. ESPNscrum. 15 Mei 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Russia into Rugby World Cup as Romania are punished"
.
RTE
. 16 Mei 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Deutsches Rugby-Team wahrt WM-Chance: 16:13 gegen Portugal"
.
Suddeutsche Zeitung
. 17 Junie 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Fremdgehen mit ovalem Ball: Rugby-WM-Quali Deutschland vs Samoa 28:42 ? 14.7.2018"
. Der Ballreiter. 17 Julie 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Mike Ford takes Germany reins"
. Planet Rugby. 7 September 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Deutsches Rugby-Team mit 43:6-Sieg uber Kenia"
.
Frankfurter Rundschau
. 24 November 2018
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Deutsche Rugby-Nationalmannschaft nach Krimi abgestiegen"
.
Rheinische Post
. 15 Junie 2019
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Stefan Dinse (18 September 2019).
"Ex-Hannoveraner Mark Kuhlmann wird Trainer des deutschen Nationalteams"
. sportbuzzer.de. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 18 Mei 2023
. Besoek op
18 Mei
2023
.
- ↑
(
de
)
"Deutsches Rugby Team bekommt neue Trainer"
. Sport.de. 16 Januarie 2020
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Stephan Sonntag (24 September 2020).
"Kuhlmann ubernimmt erneut das Amt des Rugby-Bundestrainers"
.
Heilbronner Stimme
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
Peter Berger (3 Maart 2020).
"Luginbuhl erlebt beim Debut Historisches"
.
Berner Zeitung
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Neues Macron-Trikot fur 15er-Rugbynationalteams"
.
Duitse Rugbybond
. 24 Februarie 2023
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
"DRV und DHL stellen Partnerschaft auf neue Beine"
.
Rugby-Verband Rheinland-Pfalz
. 14 April 2022
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Freunde der deutschen Rugby-Nationalmannschaft gegrundet"
. scrum.de. 22 Junie 2013. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 April 2014
. Besoek op
30 April
2014
.
- ↑
(
en
)
"International Rugby Union Statistics ? Belgium"
. ESPNscrum
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
de
)
"Erfahrener Kader fur Heimspiel gegen Georgien nominiert"
.
Duitse Rugbybond
. 22 Januarie 2024
. Besoek op
31 Januarie
2024
.
- ↑
(
en
)
"Total matches played (descending)"
. ESPNscrum
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Total points scored (descending)"
. ESPNscrum
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- ↑
(
en
)
"Total tries scored (descending)"
. ESPNscrum
. Besoek op
19 Maart
2024
.
- (
en
)
Huw Richards (2007).
A Game for Hooligans: The History of Rugby Union
. Edinburg: Mainstream Publishing.
ISBN
978-1-84596-255-5
.
- (
en
)
Richard Bath (1997).
The Complete Book of Rugby
. Seven Oaks.
ISBN
1-86200-013-1
.
- (
de
)
Claus-Peter Bach:
100 Jahre Deutscher Rugby-Verband
. vermoedelik uitgegee deur: Gehrden-Leveste (Schroeder-Verlag), 2000. (statistieke en afrigters tot in 1999).
|
---|
Vlak 1-spanne
(11)
| | |
---|
Vlak 2-spanne
(12)
| |
---|
Vlak 3 (Ontwikkeling Een) spanne
(9)
| |
---|
Vlak 4 (Ontwikkeling Twee) spanne
| Amerikaans-Samoa ? Andorra ? Armenie ? Azerbeidjan ? Bahamas ? Barbados ? Bermuda ? Bosnie en Herzegowina ? Botswana ? Britse Maagde-eilande ? Broenei ? Bulgarye ? Burundi ? China ? Chinees-Taipei ? Colombia ? Cookeilande ? Costa Rica ? Denemarke ? Eswatini ? Filippyne ? Finland ? Ghana ? Griekeland ? Guam ? Guyana ? Hongarye ? Indie ? Indonesie ? Iran ? Israel ? Jamaika ? Kaaimanseilande ? Kambodja ? Kameroen ? Kasakstan ? Kirgisie ? Kroasie ? Laos ? Letland ? Litaue ? Luxemburg ? Madagaskar ? Maleisie ? Mali ? Malta ? Marokko ? Mauritanie ? Mauritius ? Meksiko ? Moldowa ? Monaco ? Mongolie ?
Nederland
? Nigerie ? Niue ? Noorwee ? Oekraine ? Oesbekistan ? Oostenryk ? Pakistan ? Papoea-Nieu-Guinee ? Paraguay ? Peru ? Pole ? Rwanda ? Salomonseilande ? Senegal ? Serwie ? Singapoer ? Sint Lucia ? Sint Vincent en die Grenadines ? Siprus ? Slowenie ? Sri Lanka ? Swede ? Switserland ? Tahiti ? Tanzanie ?
Thailand
? Togo ? Trinidad en Tobago ?
Tsjeggie
? Tunisie ? Uganda ? Vanuatu ? Venezuela ? Verenigde Arabiese Emirate ? Zambie
|
---|
Franse Rugbyfederasie
| Mayotte ? Reunion ? Guadeloupe ? Martinique ? Nieu-Kaledonie ? Wallis en Futuna
|
---|
Nie geaffilieer by Wereldrugby
| Algerie ? Benin ? Burkina Faso ? Curacao ? Demokratiese Republiek van die Kongo ? Dominikaanse Republiek ? Ecuador ? El Salvador ? Egipte ? Estland ? Gaboen ? Gibraltar ? Guatemala ? Jordanie ? Katalonie ? Katar ? Kongo ? Libanon ? Libie ? Macau ? Montenegro ? Niger ? Panama ? San Marino ? Sentraal-Afrikaanse Republiek ? Slowakye ? Sint Kitts en Nevis ? Tsjad ? Turkye ? Turks- en Caicoseilande ? Tuvalu
|
---|
Saamgestelde spanne
| |
---|
Voormalige spanne
| Arabiese Golf ? Gemenebes van Onafhanklike State ? Joego-Slawie ? Njassaland (Malawi) ? Oos-Afrika ? Oos-Duitsland ? Sowjetunie ? Tsjeggo-Slowakye ? Wes-Duitsland
|
---|