Candice Swanepoel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Candice Swanepoel

Candice Susan Swanepoel (* 20 Oktober 1988 ) is ’n Suid-Afrikaanse mannekyn wat bekend is vir haar modelwerk vir Victoria’s Secret .

Lewe en modelloopbaan [ wysig | wysig bron ]

Candice Swanepoel is in Mooirivier , KwaZulu-Natal , gebore en is op 15 jarige ouderdom op ’n Durbanse vlooimark as potensiele model raakgesien. [1] Op 16-jarige ouderdom is Candice €5 000 (ZAR40 000) vir ’n dag se werk betaal. Swanepoel het onder andere vir die voorblaaie van Vogue (Griekeland & Italie), ELLE (Duitsland), en Ocean Drive (Verenigde State) [2] en reklame van Nike, Diesel, Guess? en Versus Eyewear geposeer. [2] Swanepoel het ook die loopplank betree vir Tommy Hilfiger, Dolce & Gabbana, Shiatzy Chen, Sass & Bide, Betsey Johnson, Diane von Furstenberg en vele ander ontwerpers, [2] sowel as vir Victoria's Secret in 2007 tot 2010. Behalwe haar modelwerk by onderkleremaatskappye se kommersiele advertensies, het sy ook gepryk in die 2010 -"SWIM" modelkatalogus, [3] saam met Lindsay Ellingson, Rosie Huntington-Whiteley en Erin Heatherton. In 2010 het Swanepoel ’n Victoria's Secret Angel geword. Swanepoel het ook Kardashian se 2010-reeks swemdrag gemodelleer. Op 12 Augustus 2010 het Swanepoel amptelik die eerste Victoria's Secret-winkel in West Edmonton Mall, Edmonton , Kanada, geopen. [4] Candice Swanepoel is as nommer 61 in die FHM-tydskrif se “100 Sexiest Women in the World” aangewys [5] en het ook op die voorblad van Vogue Italia gepryk. [2]

Swanepoel het ook op No. 10 in Forbes se “The World's Top-Earning Models”-lys geeindig; sy het tussen 2010 en 2011 ’n geraamde $3 miljoen verdien. [6]

Buite die kollig [ wysig | wysig bron ]

Swanepoel praat vlot Afrikaans en Portugees [7] [8] en gaan met die model Hermann Nicoli uit sedert sy 17 jaar oud is. [9] Hulle is tans verloof.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "Mooiriver magic" (in Engels). Carte Blanche . 29 Mei 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2007 . Besoek op 6 Januarie 2008 .
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "FMD Profile of Candice Swanepoel" (in Engels). Fashionmodeldirectory.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019 . Besoek op 3 Julie 2011 .
  3. "Go Behind the Scenes of the Victoria's Secret Swim Catalog!" (in Engels). ETonline.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2010 . Besoek op 23 Oktober 2011 .
  4. Supermodel to open Edmonton Victoria’s Secret . edmontonjournal.com.
  5. "Candice Swanepoel by FHM.com" (in Engels). 4 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2015 . Besoek op 23 Oktober 2011 .
  6. Blankfeld, Keren; Bertoni, Steven (5 Mei 2011). "The World's Top-Earning Models" (in Engels). Forbes . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018 . Besoek op 11 Mei 2011 .
  7. " 'Pretendo morar no Brasil', conta a angel Candice Swanepoel. Confira!" (in Portugees). 180graus. 29 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2012 . Besoek op 20 Augustus 2011 .
  8. "?Candice Swanepoel para WLM??" (in Engels). YouTube. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2014 . Besoek op 3 Julie 2011 .
  9. "GQ South Africa" (in Engels). Img208.imagevenue.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2018 . Besoek op 11 Julie 2011 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]