Portugees

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Portugese .
Portugees
portugues , lingua portuguesa  
Uitspraak: [pu?tu??e?] of [po?tu??es]
Gepraat in: Vlag van Angola  Angola
Vlag van Brasilië  Brasilie
Vlag van Guinee-Bissau  Guinee-Bissau
Vlag van Kaap Verde  Kaap Verde
Vlag van Macau  Macau
Vlag van Mosambiek  Mosambiek
Vlag van Oos-Timor  Oos-Timor
Vlag van Portugal  Portugal
Vlag van São Tomé en Príncipe  Sao Tome en Principe  
Gebied: Afrika , Suid-Europa , Suid-Amerika
Totale sprekers: 250 miljoen (moedertaal)
20 miljoen (tweede taal) 
Rang: 6
Taalfamilie : Indo-Europees
  Romaans
   Wes-Romaans
    Gallo-Iberies
     Iberoromaans
      Wes-Iberies
       Galicies-Portugees
        Portugees  
Skrifstelsel: Latynse alfabet  
Amptelike status
Amptelike taal in: Afrika-unie
Flag of Europe  Europese Unie
Vlag van Angola  Angola
Vlag van Brasilië  Brasilie
Vlag van Ekwatoriaal-Guinee  Ekwatoriaal-Guinee
Vlag van Guinee-Bissau  Guinee-Bissau
Vlag van Kaap Verde  Kaap Verde
Vlag van Macau  Macau
Vlag van Mosambiek  Mosambiek
Vlag van Oos-Timor  Oos-Timor
Vlag van Portugal  Portugal
Vlag van São Tomé en Príncipe  Sao Tome en Principe
Gereguleer deur: Instituut van Portugees
Taalkodes
ISO 639-1 : pt
ISO 639-2 : por
ISO 639-3 : por  
Verspreiding van Portugees
Verspreiding van Portugees

Portugees ( portugues [pu?tu??e?] of [po?tu??es]) is 'n plurisentriese Romaanse taal wat in Portugal , Brasilie , Angola , Guinee-Bissau , Sao Tome en Principe , Oos-Timor , Mosambiek , op die Kaap Verde en in ander gebiede soos Goa en Malakka (Cristao) deur sowat 250 miljoen sprekers gepraat word. 'n Verdere twintig miljoen het Portugees as vreemde taal aangeleer. Dit is ook die taal van 'n minderheid in Macau , waar dit 'n amptelike taal is. In Galicie , 'n gebied in Spanje ten noorde van Portugal , word Galego ( Galicies ) gepraat; amptelik 'n ander taal, maar baie naby aan Portugees.

Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000

Suid-Afrika het ook 'n beduidende Portugese bevolking, bestaande uit kleiner groepe immigrante van die Portugese vasteland en die eiland Madeira , asook groter groepe Portugeessprekende blankes uit die voormalige kolonies Angola en Mosambiek wat hulle na die gebiede se onafhanklikwording in 1975 aan die Kaap hervestig het.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco , het Portugees as die snelsgroeiende taal in Europa (na Engels) beskryf, terwyl dit die potensiaal het om die snelsgroeiende tweede of vreemde taal in Suider-Afrika en Suid-Amerika te word. Dit is 'n amptelike taal van die Europese Unie , die Afrika-unie , Mercosul, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander organisasies. 'n Twintigtal kreooltale het Portugees as basis. [1]

Danksy die groot Brasiliaanse bevolking van meer as 200 miljoen is Portugees die mees gesproke taal in Suid-Amerika en die hele Suidelike Halfrond . [2] Sy status word weerspieel deur die feit dat dit 'n verpligte skoolvak is in aangrensende Spaanssprekende lande soos Argentinie en Uruguay . Die taal word daarnaas op 'n vrywillige basis onderrig in Venezuela , die Republiek Kongo , Senegal , Zambie , Suid-Afrika en Namibie .

Brasiliaanse Portugees wyk effens af van die Portugees in die ander gebiede, nie alleen wat uitspraak en idioom betref nie, maar ook in spelling , as gevolg van 'n spellingshervorming (die Acordo Ortografico uit 1990, gewysig in 1998). Die was wel ooreengekom met Portugal en die ander Portugeestalige lande, en in 2009 geratifiseer met die gevolg dat die spelling van Portugees nou universeel is in al die Portugeessprekende lande. Brasiliaanse Portugees se uitspraak bly egter nog verskillend van die van ander Portugeessprekende lande, alhoewel dit, weens die spellingshervorming, op skrif identies is.

Gebiede waar Portugees gepraat word [ wysig | wysig bron ]

Freddie praat Portugees
Sara praat Portugees
Portugees gepraat

As nasionale taal:

As amptelike taal:

Met minderheidstatus

  • Suid-Afrika ? word saam met 'n aantal ander tale deur die Grondwet beskerm

Sonder enige vorm van erkenning:

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Portugees


Indo-Europese tale : Kentum-tale : Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil : Frans | Gallo | Lorreins | Normandies ( Auregnais | Guernesiais | Jerriais | Sercquiais ) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans : Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piemontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies ( Campidanies , Galluraans , Logudories , Sassaries ) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova