Stavanger
(
Noors
: [st??v??ŋː?r],
luister
(
hulp
·
inligting
)
) is die vierde grootste stad in
Noorwee
na
Oslo
,
Bergen
en
Trondheim
met 'n oppervlakte van 71,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 146 011 (soos op 31 Desember 2022). Die metropolitaanse gebied van Stavanger-
Sandnes
is die derde grootste in die land met 'n bevolking van 350 000.
Stavanger le op 'n
skiereiland
in die noorde van die tradisionele Jæren-distrik in die Wes-Noorse provinsie (
fylke
)
Rogaland
en vorm 'n stedelike munisipaliteit (
kommune
).
Stavanger het al vroeg 'n belangrike rol in die Noorse geskiedenis gespeel. Naby die Hafrsfjord het koning Harald I Harfagre in 872 'n oorwinning oor sy mededingers behaal en die Koninkryk Noorwee sodoende verenig.
Die stad het sy ekonomiese welvaart oorspronklik aan olyfolie te danke gehad ? dit was sedert die vroee 20ste eeu 'n belangrike bestanddeel vir ingeblikte
sprotte
en het van Stavanger sowat 'n eeu lank 'n beduidende sentrum van die visverwerkingsbedryf gemaak.
Nadat die
Amerikaanse
oliemaatskappy Phillips in 1969 Ekofisk, die destyds grootste
olieveld
van
Europa
sowat 300 kilometer voor die Suidwes-Noorse kus met tans omstreeks dertig olieplatforms ontdek het, is Stavanger se
ekonomie
deur die oliebedryf oorheers, en die stad staan intussen as die "Oliehoofstad van Noorwee" bekend. Die grootste maatskappy in Noord-Europa,
Statoil
, het hier sy hoofkwartier. Stavanger dien as die ekonomiese basis en vervoersentrum vir olieplatforms en tenkskepe, maar ook as die vermaaklikheidsentrum vir die werkers van die oliebedryf.
Stavanger is saam met
Liverpool
(
Verenigde Koninkryk
) aangewys as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2008.
Stavanger het danksy sy ligging aan die
Atlantiese Oseaan
'n tipiese seeklimaat. Die stad kry dwarsdeur die jaar baie
reen
, tog bereik die jaarlikse neerslae nie die gemiddelde van Vestlandet nie. Van die neerslae val as sogenaamde "nat lug" (Noors:
fløyelsregn
). Stavanger is vanwee sy onbeskermde geografiese ligging in die
herfs
en in Januarie dikwels aan aansienlike Noordseestorms blootgestel. Die
winters
is relatief mild met min sneeuvalle, terwyl die
kwik
in die
somer
bo die gemiddelde van Noorwee styg. Wintertemperature daal nouliks benede -4 °C, en in die somer word daar selde temperature van meer as 24 °C aangeteken. Die klimatiese gegewens van Stavanger se weerkundige instituut word op 'n weerstasie op die Sola-lughawe aangeteken en verskil ietwat van die stadsgebied se klimaat.
[2]
Die gemiddelde jaarlikse temperatuur in Stavanger is 7,4 °C met 'n gemiddelde jaarlikse reenval van 1 180 millimeter. Hierdie gegewens is in die tydperk tussen 1961 en 1990 op die Sola-lughawe aangeteken.
[3]
Die klimaat langs die kus van Nord-Jæren word deur die
Golfstroom
getemper en is aansienlik warmer as die van ander plekke op dieselfde
breedtegraad
soos byvoorbeeld die suidpunt van
Groenland
. Op die langste dag van die jaar gaan die
son
eers enkele minute voor elf uur saans onder, terwyl dit om een uur snags donker word en die dag reeds om drie uur breek. In die winter is die daglig beperk tot tussen nege uur soggens en vier uur namiddags.
Stavanger is dekades lank met gepreserveerde
vis
vereenselwig. Reeds vanaf die middel van die 19de eeu is hier nywerhede gestig waar gerookte sprotte in olyfolie op groot skaal ingeblik en as sardiene na ander lande uitgevoer is. Die plaaslike visbedryf het selfs 'n jarelange regstryd oor die naam
sardiene
gevoer wat al vroeer deur ander visprodusente gebruik is. Uiteindelik is Stavanger se sprotte as "haringsardiene" en "sprottesardiene" verkoop.
In die periode tussen 1880 en 1920 het die visbedryf die plaaslike ekonomie oorheers. Daar is gewoonlik handarbeid gebruik om vis te piekel, te rook, te verpak en te verseel. Naas die sowat vyftig visfabrieke was daar nog 'n groter aantal ondersteunende nywerhede sodat ruim twee derdes van die plaaslike mannekrag op een of ander manier van die visbedryf afhanklik was.
Na die
Tweede Wereldoorlog
het die visprosesseringsbedryf vanwee strawwe mededinging van buitelandse produsente en verouderde masjinerie vinnig agteruit gegaan. Die verlies aan werkgeleenthede is slegs gedeeltelik deur die skeepsbou- en bootsboubedryf gekompenseer.
Die ekonomiese opswaai het eers met die begin van olie-ontginning in die Noordsee vanaf die 1960's gekom. Vanwee sy strategiese ligging digby die olievelde, sy uitstekende hawegeriewe en vliegverbindings het Stavanger onmiddellik voordeel uit die groeiende oliebedryf getrek. Teen die middel van die sewentigerjare was olieontginning en -produksie die belangrikste ekonomiese sektor in die stad, en danksy die inkomste uit die bedrywe het die ekonomiese en kulturele klimaat in Stavanger ingrypend verander.
Die grootste plaaslike oliemaatskappy, die staatsbeheerde
Statoil
, het sy hoofkwartier in die voorstad Forus tussen Stavanger en Sandnes. Ander belangrike instellings en maatskappye sluit die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (
NAVO
) se
Joint Warfare Centre
in Jatta en
Skagen Funds
in. Die laasgenoemde fondsmaatskappy, wat in 1993 in Stavanger gestig is, het tot een van die grootstes in die land gegroei en beheer reeds bates ter waarde van meer as 100 miljard Noorse kroner.
Stavanger staan in Noorwee vir sy ryk kulturele lewe bekend. Die stad is saam met Rogaland, Sandnes en
Liverpool
Europa se Kulturele Hoofstad in 2008. Stavanger beskik oor 'n aantal musea en versamelings van plaaslike en nasionale betekenis wat in 2005 altesaam 201 551 besoekers gelok het. Die Noorse Oliemuseum (Noors:
Norsk Oljemuseum
), die enigste van sy soort in Europa, was die gewildste museum met 67 400 besoekers. Die museum, wat oos van die stadsentrum gelee is, verduidelik met sy uitstalling hoe ruolie en gas miljoene jare gelede ontstaan het. Daarnaas word die eksplorasie, ontginning, verwerking en gebruik van ruolie asook die geskiedenis van die Noorse oliebedryf behandel.
Argeologiese vondse uit die hele provinsie word in die Argeologiese Museum (
Arkeologisk museum i Stavanger
) in Valand vertoon wat in 2005 39 529 besoekers gelok het.
Die Rogaland Kunsmuseum (
Rogaland Kunstmuseum
) naby Mosvannet beskik oor 'n aantal bekende kunswerke, waaronder die grootste versameling van werke deur die Noorse skilder Lars Hertervig (1830?1902), asook skilderye van ander beroemde skilders soos
Edvard Munch
, Christian Krogh, Eilif Peterssen en Harriet Becker. Die versameling sluit daarnaas talle werke van Kitty Kielland en ander Rogalandse kunstenaars soos Knud Baade, Nicolai Ulfsten, Carl Sundt-Hansen, Olaf Lange en Age Storstein. Die kunsmuseum het in 2005 31 997 besoekers gelok.
Die Stavanger Museum beskik naas sy hoofgebou in die Musegaten 16 oor verdere afdelings soos die Seevaartmuseum van Stavanger (
Stavanger Sjøfartsmuseum
), die Noorse Blikmuseum (
Norsk Hermetikkmuseum
), Ledaal, die Breidablikk-museum, die vroeere hospitaal en huidige museum
Den kombinerede Indretning
, die Noorse Grafiese Museum (
Norsk Grafisk Museum
) en die Noorse Kindermuseum (
Norsk Barnemuseum
).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Stavanger
.
|