한국   대만   중국   일본 
Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms - Wikipedia Gaan na inhoud

Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms
Lidlande van die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms
Lidlande van die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms: ??  Huidige lidlande ??  Voormalige lidlande

Die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms ( SEVO , Engels : Central European Free Trade Agreement , CEFTA ) is 'n vryhandelssone van agt Europese lande met politieke en ekonomiese samewerkingsooreenkomste. Die SEVA is op 21 Desember 1992 in Krakow , Pole , deur Hongarye , Pole en die voormalige Tsjeggo-Slowakye gestig. Op 1 Januarie 1996 het Slowenie , op 1 Januarie 1997 Roemenie , op 1 Januarie 1999 Bulgarye , op 1 Januarie 2003 Kroasie , op 1 Januarie 2006 Masedonie en op 1 Januarie 2007 Albanie , Bosnie-Herzegowina , Kosowo , Moldowa , Montenegro en Serwie by die SEVO aangesluit. Op 1 Mei 2004 het Hongarye , Pole , Slowakye , Slowenie en Tsjeggie , op 1 Januarie 2007 Bulgarye en Roemenie en op 1 Julie 2013 het Kroasie die SEVO verlaat. Huidige lidlande is Albanie , Bosnie-Herzegowina , Kosovo , Masedonie , Moldowa , Montenegro en Serwie en voormalige lidlande is Bulgarye , Hongarye , Pole , Roemenie , Slowakye , Slowenie en Tsjeggie , wat by die Europese Unie aangesluit het.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]