한국   대만   중국   일본 
Salvador Dali - Wikipedia Gaan na inhoud

Salvador Dali

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Salvador Dali
Salvador Dali in 1939
Gebore
Salvador Domingo Felipe Jacinto Dali i Domenech

11 Mei 1904
Sterf 23 Januarie 1989 (op 84)
Figueres, Katalonie, Spanje
Nasionaliteit Vlag van Spanje  Spanje
Beroep Skilder, grafiese kunstenaar, skrywer, beeldhouer en setontwerper
Bekend vir Surrealistiese werke
Eggenoot Gala Dali (Elena Ivanovna Diakonova)
Ouer(s) Salvador Dali i Cusi
Felipa Domenech Ferres

Salvador Domingo Felipe Jacinto Dali i Domenech ( 11 Mei 1904 ? 23 Januarie 1989 ), algemeen bekend as Salvador Dali , was 'n Spaanse kunstenaar en een van die belangrikste skilders van die 20ste eeu. Hy was 'n bekwame tekenaar en die bekendste vir die opmerklike, bisarre en beeldskone beelde in sy surrealistiese werk. Sy vakkundigheid rakende sy skilderwerk word dikwels toegeskryf aan die invloed van die meesters uit die Renaissance -tydperk. [1] Een van sy bekendste werke, " Die volharding van herinnering " ( La persistencia de la memoria ), is in 1931 voltooi. Sy kunssinnige repertorium het ook rolprente, beeldhouwerk en fotografie ingesluit. Hy het saam met Walt Disney gewerk aan die Oscar-benoemde kort animasierolprent Destino , wat postuum in 2003 uitgereik is. Alhoewel hy in Katalonie , Spanje gebore is, het Dali op sy Arabiese afkoms aangedring en beweer dat sy voorouers afkomstig was van die More wat Spanje in 711 binnegeval het. Volgens Dali is sy liefde vir "alles wat verguld en oormatig is, [sy] passie vir luuksheid en [sy] liefde vir Oosterse drag" te danke aan sy Arabiese afkoms. [2]

Dali was bekend vir sy vreemde lewe en gedrag, en ook vir sy lang krulsnor. [3] Die opvatting word wyd gehuldig dat sy oor 'n ryk verbeelding beskik het en hy het 'n voorliefde daarvoor gehad om ongewone dinge te doen om aandag te trek. Hierdie voorliefde het egter liefhebbers van sy kuns net soveel as sy kritici vererg, aangesien sy eksentrieke gedrag soms meer openbare aandag as sy kunswerk getrek het. [4] Hierdie doelbewuste soeke na bekendheid en berugtheid het daartoe gelei dat hy wyd bekend was en mense vanuit alle sfere van die samelewing sy werk gekoop het.

Biografie [ wysig | wysig bron ]

Vroee lewe [ wysig | wysig bron ]

Die Dali-gesin in 1910 (van links): tant Maria Teresa, moeder, vader, Salvador, tant Catherine (later tweede vrou van die Vader), suster Ana Maria en ouma Ana

Dali is gebore op 11 Mei 1904 , 08:47 v.m. (MGT) [5] in die dorp Figueres , in die Emporda-streek naby die Franse grens in Katalonie , Spanje . [6] Dali se ouer broer, ook genaamd Salvador (*12 Oktober 1901), het nege maande tevore op 1 Augustus 1903 aan gastro-enteritis gesterf. Sy vader, Salvador Dali i Cusi , was 'n middelklas-advokaat en notaris. [7] Salvador Dali i Cusi is op 29 Desember 1900 met Dali se moeder Felipa Domenech getroud in Barcelona in die Nuestra Senora de la Merced kerk. [8] Op vyfjarige ouderdom het Dali se ouers hom na sy broer se graf geneem en aan hom vertel dat hy die reinkarnasie van sy broer was, [9] iets wat Dali mettertyd begin glo het. [10] Van sy broer het Dali gese: "...[ons] het op mekaar gelyk soos twee druppels water, maar ons het verskillende weerkaatsings gehad" en "hy was tien teen een 'n eerste weergawe van myself, maar te veel in die absolute voorgestel". [11]

Dali het ook 'n suster gehad, Ana Maria, wat drie jaar ouer as hy was. [7] Sy het in 1949 'n boek gepubliseer met die titel Salvador Dali, Visto Por Su Hermana ("Salvador Dali, soos gesien deur sy suster). [12] Dali se jeugvriende het die toekomstige sokkerspelers Emilio Sagi Linan en Josep Samitier ingesluit: tydens vakansies by die Katalaanse oord Cadaques , het die drie gereeld saam sokker gespeel.

Dali het as kind 'n tekenskool bygewoon. In 1916 het hy ook moderne skilderkuns ontdek tydens 'n somervakansie by Cadaques saam met die familie van Ramon Pichot , 'n plaaslike skilder wat gereelde uitstappies na Parys onderneem het. [7] In die volgende jaar, 1917 , het Dali se pa 'n uitstalling van sy houtskooltekeninge by hul familiehuis gereel. Sy eerste openbare uitstalling was in die Munisipale Teater in Figueres in 1919 .

Dali se moeder het in 1921 aan borskanker gesterf. Volgens Dali was sy moeder se dood "die grootste terugslag wat ek in my lewe ervaar het. Ek het haar aanbid . . . ek kon myself nie versoen met die verlies van 'n wese op wie ek staatgemaak het om die onvermydelike vlekke op my siel onsigbaar te maak nie". [13] Na haar dood het Dali se pa met sy oorlede vrou se suster getrou (Dali se tante dus). Dali het nie wrokgevoelens jeens die huwelik gekoester nie, aangesien hy 'n groot liefde en respek vir sy tante gehad het. [7]

Madrid en Parys [ wysig | wysig bron ]

Die groot-oog gesigte van Dali en mede-surrealistiese skilder, Man Ray , in Parys op 16 Junie, 1934. Foto deur Carl van Vechten.

Dali het in 1922 na die Residencia de estudiantes ("studentewoning") in Madrid verhuis [7] en daar aan die San Fernando-skool vir skone kunste gestudeer. Met 'n slanke figuur en 'n lengte van 1,72 meter is Dali as eksentriek beskou met sy lang hare en die dra van 'n jas, sykouse en kniebroeke wat 'n eeu terug in die mode was. Dit was egter sy skilderye, waarin hy met kubisme geeksperimenteer het, wat sy medestudente se aandag die meeste getrek het. In hierdie vroee kubistiese werke blyk dit egter dat hy die beweging nie heeltemal verstaan het nie. Die teorie word ondersteun deurdat sy enigste inligting rakende die kubistiese beweging afkomstig was van 'n paar artikels uit tydskrifte en 'n katalogus wat aan hom gegee is deur Pichot. Daar was ook geen ander kubistiese skilders in Madrid in hierdie tyd nie.

Dali het ook met Dada geeksperimenteer en sou vir die res van sy lewe daardeur beinvloed word. By die San Fernando-skool vir Skone Kunste het hy 'n noue vriendskap met die filmmaker Luis Bunuel en die digter Federico Garcia Lorca aangeknoop. Daar word ook geglo dat daar moontlik 'n romantiese verhouding tussen Dali en Lorca ontstaan het. [14]

Dali is in 1926 geskors van die akademie, kort voor sy eindeksamens, na hy verklaar het dat geen lid van die fakulteit bekwaam genoeg is om hom te eksamineer nie. [15] Uit die foutlose, realistiese Mandjie met brood (1926), blyk dit dat Dali egter teen die tyd reeds sy verfvaardighede bemeester het. [16] Hy het in dieselfde jaar sy eerste besoek aan Parys gebring, waar hy Pablo Picasso ontmoet het. Dali het Picasso aanbid en was self ook reeds gunstig aan Picasso beskryf deur Joan Miro. Namate Dali sy eie styl ontwikkel het, is 'n aantal van sy werke die daaropvolgende paar jaar sterk deur Picasso en Miro beinvloed.

'n Selfportret deur Diego Velazquez. Dali het sy ikoniese snor op die van Velazquez gebaseer.

Sommige aspekte van Dali se werk wat hom sy hele lewe sou by bly was reeds merkbaar in die 1920's. Dali het enige en alle invloede van alle kunsstyle wat hy kon vind, verorber en dan werke geproduseer wat strek van akademies klassieke werke tot die werke wat as avant-garde beskryf is, [17] somtyds in verskillende werke en somtyds gekombineerd. Uitstallings van sy werke in Barcelona het baie aandag getrek en 'n mengsel van lof en verwarde debatte van die kritici.

Dali het 'n flambojante snor gekweek, wat deel van sy ikoniese beeld sou word: 'n invloed van die snor van die sewentiende-eeuse Spaanse meesterskilder Diego Velazquez .

1929 tot die Tweede Wereldoorlog [ wysig | wysig bron ]

Dali het in 1929 saam met die surrealistiese filmregisseur Luis Bunuel gewerk aan die kort film, Un chien andalou ("'n Andalusiese hond"). Hy was hoofsaaklik verantwoordelik om Bunuel te help skryf aan die draaiboek. Dali sou later beweer dat hy meer betrokke was by die verfilming, maar die bewering word nie ondersteun deur ander destydse vertellings omtrent die projek nie. [18] Hy het ook in daardie jaar sy muse, inspirasie en toekomstige vrou, Gala, ontmoet. [19] Gala is gebore as Helena Dmitrievna Deluvina Diakonova, 'n Russiese immigrant wat elf jaar ouer as Dali was. Met hul ontmoeting was sy egter reeds getroud met die surrealistiese digter Paul Eluard. Dali het ook in 1929 belangrike professionele uitstallings gehad en het homself amptelik by die surrealistiese groep kunstenaars in die Montparnasse -kwartier in Parys aangesluit (alhoewel sy werk reeds swaar deur surrealisme beinvloed was vir die afgelope twee jaar). Die surrealiste was opgewonde oor wat Dali die "paranoiese-kritiese metode" genoem het: om toegang tot die onderbewussyn te verkry vir beter kunssinnige kreatiwiteit. [7] [20]

In 1931 het Dali een van sy bekendste werke geskep, La persistencia de la memoria of " Die volharding van herinnering ". [21] Die werk is bekend vir sy surrealistiese beelde van sagte, verwelkte sakhorlosies. Die algemene interpretasie van die werk is dat die sakhorlosies die nosie dat tyd rigied en deterministies is, afkraak. Hierdie denkwyse word ook ondersteun deur ander beelde in die skildery, soos 'n wyd-uitgebreide landskap en die miere en vlieg wat die ander horlosies verorber. [22]

Dali en Gala, wat sedert 1929 saamgewoon het, trou in 1934 tydens 'n burgerlike seremonie (hulle sou in 1958 tydens 'n Katolieke seremonie hertrou).

Dali het ook in die tydperk 'n vriend van die geskiedkundige en wetenskaplike Alexandre Deulofeu geword.

In 1936 het Dali deelgeneem aan die London International Surrealist Exhibition . Sy lesing, getiteld Fantomes paranoiaques authentiques , was gelewer met Dali geklee in 'n duikpak. [23] Na Francisco Franco aan bewind gekom het in die nasleep van die Spaanse Burgeroorlog , was Dali een van die min Spaanse intellektuele wat die nuwe regering ondersteun het. Wat politiek betref, het dit het hom oneens gemaak met sy hoofsaaklik Marxistiese mede-surrealistiese skilders en het dit gelei tot sy uiteindelike amptelike skorsing uit hierdie groep. [19] Dali se reaksie? Le surrealisme, c'est moi : "ek is (die) surrealisme". [15] Andre Breton het vervolgens die anagram "avida dollars" (van "Salvador Dali") geskep wat min of meer vertaal na "gretig vir dollars". [24] Breton het hierdie term gebruik om na Dali te verwys na sy skorsing; die res van die groep het van Dali slegs in die verlede tyd gepraat, asof hy dood is. Die surrealistiese beweging en die verskeie lede wat daaraan behoort het (soos Ted Joans), het volgehou met uiters brutale polemiek teen Dali tot en met sy dood en selfs daarna. Met die ingang van die Tweede Wereldoorlog in Europa in 1940 , het Dali en Gala na die Verenigde State verhuis, waar hulle vir agt jaar gewoon het. In Amerika het Dali teruggekeer na die beoefening van 'n Katolieke geloof. In 1942 het hy sy outobiografie, The Secret Life of Salvador Dali , gepubliseer.

Latere jare in Katalonie [ wysig | wysig bron ]

Die Dali Teater en Museum in Figueres .

Met die ingang van 1949 het Dali na sy geliefde Katalonie teruggekeer en die res van sy lewe daar spandeer. Dat hy in Spanje gewoon het terwyl Franco aan bewind was, het kritiek uitgelok van progressiewes en baie ander kunstenaars. [25] Op grond hiervan is dit moontlik dat sommige van die algemene verwerping van Dali se latere werke as gevolg van politiek was, eerder dan die eintlike meriete van die werke self. In 1959 het Andre Breton 'n uitstalling georganiseer, getiteld Homage to Surrealism ("Huldebetuiging aan surrealisme"), ter viering van die 40-jarige herdenking van surrealisme. Die uitstalling het werke deur Salvador Dali, Joan Miro, Enrique Tabara en Eugenio Granell ingesluit. Met die International Surrealism Exhibition ("Internasionale surrealisme-uitstalling") in New York in 1960, het Breton driftig geveg teen die insluiting van Dali se Sistine Madonna . [26]

Later in sy loopbaan het Dali hom nie beperk tot skilder nie, maar geeksperimenteer met talle ongewone of nuwe media en prosesse: hy het bulletistiese werke gemaak, 'n proses waartydens ink op 'n blanko doek geskiet word, [27] en was onder die eerste kunstenaars wat holografie in kuns gebruik het. [28] Verskeie van sy werke sluit optiese illusies in. In sy latere jare het jonger kunstenaars soos Andy Warhol beweer dat Dali 'n belangrike invloed op popkuns uitgeoefen het. [29] Dali het ook ywerig belanggestel in die natuurwetenskappe en wiskunde. Dit word in verskeie van sy skilderye verbeeld, vernaamlik in die 1950's toe hy sy onderwerpe geskilder het bestaande uit renosterhorings, wat op gewyde geometrie dui (aangesien die renoster se horing volgens 'n logaritmiese spiraal groei) en kuisheid (aangesien Dali die renoster met die Maagd Maria verbind het). [30] Dali was ook gefassineer deur DNS en die hiperkubus, 'n 4-dimensionele kubus wat in die skildery Kruisiging (Corpus Hypercubus) voorkom.

Die werke wat Dali na die Tweede Wereldoorlog geskep het, het die kentekens van tegniese vaardigheid en 'n belangstelling in optiese illusies getoon. Dali se Katolieke geloof het steeds sterker geword en hy was tot so 'n mate geinspireer deur die skok van Hirosjima , dat hy na hierdie periode as "Kernmistiek" verwys het. In skilderye soos "Die Madonna van Port-Lligat" (eerste weergawe) van 1949 en "Corpus Hypercubus" van 1954 het Dali probeer om Christelike ikonografie te vermeng met beelde van disintegrerende materiaal wat deur kernfisika geinspireer was. [31] Die tydperk het dan ook die noemenswaardige werke "Die stasie van Pergignan", 1965 , en "Hallusinogeniese Stiervegter", 1968?1970 ingesluit.

In 1960 het Dali begin aan die Dali-teater en Museum in sy geboortestad, Figueres : dit was sy grootste enkele projek en die hooffokus van sy energie in 1974. Hy het steeds tot in die mid-1980's aangehou om veranderings en toevoegings aan die museum aan te bring. Hy het egter wel tyd gevind om die Chupa Chups-kenteken in 1969 te ontwerp en 'n groot metaalstandbeeld vir die operahuis Teatro Real in Madrid ontwerp. In dieselfde jaar was hy ook verantwoordelik vir die advertensie-aspek van die 1969- Eurovision Song Contest .

In 1982 het Koning Juan Carlos I van Spanje aan Dali die titel "Markies van Pubol" toegeken. (Die koning het Dali op sy doodsbed besoek, waar Dali sy dank betuig het deur die koning die tekening "Kop van Europa" te gee. Dit was dan ook Dali se laaste tekening voor sy dood.)

Gala het op 10 Junie 1982 gesterf. Na haar dood het Dali self die wil om te lewe verloor. Hy het probeer selfmoord pleeg deur homself te dehidreer, moontlik in die hoop om in 'n skyndood te verval (hy het gelees dat daar sommige mikro-organismes was wat dit kon doen). Hy het verhuis van Figueres na die kasteel in Pubol: die kasteel het hy oorspronklik vir Gala gekoop en dit was ook daar waar sy gesterf het. In 1984 het Dali se slaapkamer aan die brand geslaan, terwyl hy daar in was, [32] maar die omstandighede waaronder dit plaasgevind het is onduidelik: moontlik was dit nog 'n selfmoordpoging deur Dali of slegs as gevolg van die roekeloosheid van sy personeel. [15] Hoe dit ook al sy, Dali was gered en het teruggekeer na Figueres. Daar het 'n groep van sy vriende, begunstigers en mede-kunstenaars na hom omgesien, terwyl hy sy laaste jare in gemak in sy teatermuseum gewoon het.

Dali se grafkelder in Teatro Museo in Figueres.

Daar is aantygings gemaak dat Dali se voogde hom geforseer het om blanko skilderdoeke te onderteken, wat dan later (selfs na sy dood) beskilder kon word en as oorspronklike Dali-skilderye verkoop kon word. [33] As gevolg hiervan is kunshandelaars behoedsaam wanneer hul gekonfronteer word deur latere werke wat aan Dali toegeken word. Dali oorly op 89-jarige ouderdom aan 'n hartverlamming in Figueres op 23 Januarie 1989 . Hy is in die grafkelder van die Dali Teater en Museum begrawe.

Simboliek [ wysig | wysig bron ]

Dali het uitgebreide gebruik gemaak van simboliek in sy werk. Die kenmerkende sagte horlosies wat vir die eerste keer in Die volharding van herinnering het Einstein se teorie dat tyd relatief is voorgestel. [22] Die idee vir horlosies wat op die manier simbolies dien het by Dali opgekom toe hy besig was om op 'n warm dag in Augustus na 'n loperige stukkie Camembertkaas te staar. [34]

Olifantbeelde kom ook telkens in Dali se werk voor en verskyn vir die eerste keer in sy 1944 -werk "Droom veroorsaak deur die vlug van 'n by om 'n granaat 'n sekonde voor ontwaking" ( Spaans : Sueno Causado por el Vuelo de una Abeja en Torno a una Granada un Segundo antes de Despertar ). Die olifante, geinspireer deur Gian Lorenzo Bernini se beeldbasis in Rome waarin 'n olifant 'n antieke obelisk dra, [35] word uitgebeeld "met lang, veel-ledige, byna onsigbare bene van begeerte" [36] tesame met obeliske op hulle rue. Saam met hulle tingerige bene skep die belemmerings, met hulle falliese ondertone, 'n gevoel van skimrealiteit. "Die olifant is 'n verdraaiing in ruimte," verduidelik een analis, "die spykerbene kontrasteer die idee van gewigloosheid met struktuur." [36] Volgens Dali het hy beelde geskilder wat "[hom] van die genot wil laat sterf, [hy] is besig om met 'n absolute natuurlikheid te skep, sonder die geringste estetiese sorg, [hy] maak dinge wat [hom] inspireer met 'n diepgaande emosie en [hy] probeer om dit eerlik te skilder. [37]

Die eier is 'n ander algemene Dali-agtige beeld. Hy verbind die eier met die voorgeboortelike en intra-uteriene (dit wat binne die uterus is) om dus hoop en liefde te simboliseer; [38] dit kom voor in Die Groot Masturbeerder en Metamorfose van Narsissus . Verskeie diere kom ook deurgaans in sy werk voor: miere dui op die dood, verval en ontsettende seksuele begeerte; die slak word verbind met die menslike hoof (hy het 'n slak op 'n fiets gesien buite Freud se huis toe hy hom vir die eerste keer ontmoet het) en sprinkane is 'n simbool van vermorsing en vrees. [38]

Ondernemings buiten skilder [ wysig | wysig bron ]

Dali was 'n veelsydige kunstenaar wat hom nie tot skilder beperk het in sy kunsondernemings nie. Sommige van sy meer gewilde kunswerke is beeldhouwerke en ander voorwerpe, en hy is ook bekend vir sy bydraes tot ondermeer die teater, mode en fotografie.

Twee van die gewildste voorwerpe van die surrealistiese beweging was die Kreeftelefoon en die Mae West-lippebank , wat onderskeidelik in 1936 en 1937 deur Dali voltooi is. Beide die werke is in opdrag van die Skotse kunsbegunstiger Edward James deur Dali gemaak; James, 'n eksentrieke karakter wat 'n groot Engelse landgoed geerf het toe hy vyf was, was een van die vernaamste ondersteuners van die surrealiste in die 1930's. [39] Volgens die galerybyskrif in die Tate-galery het "krewe en telefone sterk seksuele konnotasies vir [Dali]" gehad en het hy "'n noue analogie tussen kos en seks getrek". [40] Die telefoon was funksioneel en James het vier daarvan by Dali gekoop om die telefone in sy oordhuis te vervang. Een word nou in die Tate-galery uitgestal; die tweede in die Duitse Telefoonmuseum in Frankfurt ; die derde behoort aan die Edward James-stigting en die vierde is in die Nasionale Galery van Australie. [39]

Gala in die venster (1933), Marbella, Spanje

Die hout en satyn Mae West-Lippebank is gevorm volgens die lippe van die aktrise Mae West , wie Dali oenskynlik bekoorlik gevind het. [19] West was tevore die onderwerp van Dali se 1935 skildery Die gesig van Mae West . Die Mae West-lippebank word tans gehuisves in die Brighton and Hove Museum in Engeland .

In die jare 1941 en 1970 was Dali ook verantwoordelik vir die skep van 'n ensemble van juwele, altesaam 39. Die juwele wat hy geskep het is ingewikkeld en baie bevat selfs bewegende dele. Die beroemdste juweel wat deur Dali geskep is, is "Die Koninklike Hart". Die besondere juweel is uit goud gemaak en is versier met ses-en-veertig robyne, twee-en-veertig diamante en vier smaragde. Die merkwaardige kunswerk word uitgelig deur die feit dat die juweel op so manier geskep is dat die middelpunt "klop", amper soos 'n regte hart. [41] Dali self het hom as volg uitgespreek: "sonder 'n gehoor, sonder die teenwoordigheid van toeskouers, sou die juwele nie die funksie vervul het waarvoor hulle tot stand gebring is nie. Die toeskouer is dan die finale kunstenaar." (Dali, 1959.) Die Dali?Joies ("Die Juwele van Dali")-versameling kan gesien word by die Dali-teatermuseum in Figueres, Spanje, waar dit permanent uitgestal word.

Rinoceronte vestido con puntillas (1956), Marbella, Spanje.

Dali word in die teaterwereld onthou vir die vervaardiging van die toneeldekor vir Garcia Lorca se 1927 romantiese toneelstuk, Mariana Pineda . [42] Vir Bacchanale (1939), 'n ballet wat gebaseer is en getoonset is volgens Richard Wagner se opera Tannhauser (1845), het Dali die verhoogontwerp en die libretto verskaf. [43] Bacchanale was gevolg deur dekorontwerp vir Labyrinth in 1941 en The Three-Cornered Hat in 1949. [44]

Dali het hom ook in filmvervaardiging begewe. In die opsig is sy vernaamste werk die groot rol wat hy gespeel het in die produksie van Un Chien Andalou , 'n 17-minute Franse kunsfilm wat hy saam met Luis Bunuel geskryf het en wat onthou word vir die grafiese openingstoneel waar die sny van 'n menslike oogbal met 'n lemmetjie gesimuleer word. Dali het weer met Luis Bunuel saamgewerk op die 1930 film, L'Age d'Or . Hy het verder 'n aantal draaiboeke geskryf waarvan nie veel verder as die ideestadium gevorder het nie. Die bekendste van sy filmprojekte is waarskynlik die droomtoneel in Alfred Hitchcock se Spellbound , wat diep psigoanalitiese temas ondersoek het. Hy het ook aan 'n Disney -strokiesfilmproduksie Destino gewerk wat in 2003 deur Baker Bloodworth en Roy Disney voltooi is. Dit bevat droomagtige beelde van vreemde figure wat rond vlieg en loop. Dali het slegs een ander film in sy lewe voltooi: Impressions of Upper Mongolia (1975), waarin hy as verteller opgetree het in 'n verhaal oor 'n tog om hallusinogene sampioene te vind. Die beelde was gegrond op mikroskopiese urinesuurvlekke op die koper band van 'n balpuntpen waarop Dali verskeie weke lank geurineer. [45]

Dali het ook 'n repertoire in die mode- en fotografie-industriee opgebou. In die modewereld is sy samewerking met die Italiaanse modeontwerper Elsa Schiaparelli baie bekend. Dali is deur Schiaparelli gehuur om 'n wit rok met 'n kreefpatroon te skep. Ander ontwerpe wat Dali vir haar gemaak het sluit 'n skoenvormige hoed en 'n pienk gordel met lippe as gespe in. Hy was ook betrokke by die skep van tekstielontwerpe en parfuumbottels. In 1950 het Dali 'n spesiale "kostuum vir die jaar 2045" geskep. [43] Fotograwe met wie hy saamgewerk het sluit Man Ray , Brassai, Cecil Beaton en Philippe Halsman in.

Saam met Man Ray en Brassai het Dali die natuur gefotografeer, terwyl hy met ander fotograwe 'n verskeidenheid obskure onderwerpe afgeneem het, insluitende die Dali Atomica -reeks (1948) saam met Halsmandie. Die reeks was geinspireer deur sy skildery Leda Atomica en in een foto word 'n skilder se esel, drie katte, 'n emmer water en Dali self wat in die lug sweef uitgebeeld." [43]

In terme van die wetenskap was Dali gefassineer met die paradigmaskuif wat gepaard gegaan het met die geboorte van kwantummeganika in die twintigste eeu. Geinspireer deur Werner Heisenberg se Onsekerheidsbeginsel , het hy in 1958 sy "Anti-Materie Manifesto" geskryf: "in die Surrealistiese periode wou ek die ikonografie van die interne wereld en die wereld van die fantastiese van my vader Freud skep. Vandag het die eksterne wereld en die van fisika die een van die sielkunde oortref. My vader vandag is Dr. Heisenberg." [46]

Dali se erkenning van die nuwe wetenskap was opgesom in "Die disintegrasie van die volharding van herinnering" ( La desintegracion de la persistencia de la memoria ), wat in 1954 verskyn het. Die skildery was 'n terugblik op die eertydse "Die volharding van herinnering", maar die keer was die oorspronklike beelde as versplinter en gedisintegreer uitgebeeld. [46]

Dali het ook met argitektuur geeksperimenteer en van sy prestasies in hierdie gebied sluit sy huis, Port Lligat, naby Cadaques, in, asook die "Droom van Venus": 'n surrealistiese paviljoen by die 1939 "Wereld se tentoonstelling" (" World's Fair ") in New York , wat self ook 'n aantal ongewone standbeelde en ander beeldhouwerke bevat het. Sy letterkundige werke sluit The Secret Life of Salvador Dali (1942), Diary of a Genius (1952?1963), en Oui: The Paranoid-Critical Revolution (1927?1933) in. Die kunstenaar het ook in die wereld van grafiese kuns gewerk en het baie etse en litograwe geskep. Alhoewel sy vroee werke in die drukkerswereld die gelyke is van sy hooggeagste skilderye (met betrekking tot kwaliteit), het Dali die regte tot die beelde verkoop en was hy nie self betrokke by die drukproses nie. Daar was ook 'n groot aantal vervalste beelde wat in die tagtigerjare hul verskyning gemaak het en die mark vir Dali se gedrukte werke verwar het.

Politiek en persoonlikheid [ wysig | wysig bron ]

Salvador Dali met kat en kierie

Salvaldor Dali se politiek het 'n belangrike rol gespeel in sy ontwaking as 'n kunstenaar. Hy was met tye uitgebeeld as 'n ondersteuner van fascisme. [25] [47] Andre Breton, spesifiek, het na hom verwys as "Avida Dollars" ('n anagram) en het gepoog om afstand te plaas tussen Dali se naam en die "egte" surrealistiese kunstenaars. Die werklikheid is egter meer kompleks, maar dit is onwaarskynlik dat Dali anti-semieties was, aangesien hy 'n vriendelike kennis van die bekende Joodse argitek en ontwerper, Paul Laszlo was. In sy skrywes maak hy sy bewondering vir Sigmund Freud (wat hy ontmoet het) bekend, asook Albert Einstein , wat beide Jode was. In sy kritiese resensie van Dali se outobiografie ( Secret Life ), het George Orwell geskryf dat "Mens behoort in gedagte te kan hou dat Dali tegelykertyd 'n goeie tekenaar was, asook 'n walglike menslike wese". [48]

In sy jeug het Dali vir 'n tydperk beide anargisme en kommunisme aangehang. Sy skrywes bevat relase en verskeie staaltjies oor hoe hy radikale politiese verklarings gemaak het, meer om sy gehoor te skok as omdat hy self daarin geglo het. Hierdie gedrag was in ooreenstemming met Dali se trouheid aan die Dada -beweging. Soos hy ouer geword het, het sy politiese sienings verander, veral soos die Surrealitiese beweging 'n gedaanteverwisseling ondergaan het onder die leiding van die Trotsky -aanhanger, Andre Breton . Daar word beweer dat Breton Dali ingeroep het om sy politiese sienings te bevraagteken. In sy 1970 boek, "Dali deur Dali", verklaar Dali homself 'n anargis en 'n monargis.

Terwyl hy in 1942 in New York was, veroordeel hy sy surrealistiese kollega, die filmmaker Luis Bunuel , as 'n ateis , wat veroorsaak dat Bunuel ontslaan word uit sy pos by die Museum van Moderne Kuns ( Engels : Museum of Modern Art ) en vervolgens deur die Amerikaanse filmbedryf geswartlys word. [49]

Met die uitbreek van die Spaanse Burgeroorlog het Dali voor die gevegte gevlug en geweier om hom by enige van die groepe te skaar. Na die Tweede Wereldoorlog het George Orwell Dali gekritiseer omdat hy "soos 'n rot weghol sodra Frankryk in gevaar is", nadat Dali vir jare daar voorspoed gehad het: "Wanneer die Europese Oorlog nader kom, het hy slegs een bemoeienis: hoe om 'n plek te vind wat goeie kookkuns het en van waar hy vinnig op die vlug kan slaan as gevaar te naby kom." [48] Na sy terugkeer na Katalonie na die Tweede Wereldoorlog het Dali nader aan die Franco regime geraak. Sommige van Dali se stellings het die Franco regime ondersteun en hy het Franco geluk gewens vir sy aksies wat gemik was daarop om "Spanje skoon te maak van destruktiewe magte". Dali het telegramme aan Franco gestuur waarin hy hom geprys het vir die ondertekening van doodsvonnise vir politieke gevangenis." [25] Dali het selfs 'n portret van Franco se kleindogter geskilder. Dit is onmoontlik om te bepaal of sy lof aan Franco ernstig of wispulturig van aard was; hy het ook eenkeer 'n telegram gestuur waarin hy die Conduc?tor , Roemeense Kommuniste leier Nicolae Ceau?escu , geprys het vir sy aanneming van 'n septer as deel van sy regalia. Die Roemeense dagblad, Scinteia , het dit gepubliseer sonder om die spottende aspek daarvan te vermoed. Dali se eksentrisiteite is deur die Franco-regime verdra aangesien nie baie wereldberoemde kunstenaars op daardie stadium in Spanje sou woon nie. Een van Dali se min moontlik openlike ongehoorsaamhede was sy voortdurende lof vir Federico Garcia Lorca ; selfs in die tydperk toe Lorca se werk verban is. [14]

Dali is ook gekenmerk deur uiterste gulsigheid, 'n eienskap wat daartoe gelei het dat Breton hom die bynaam "Avida Dollars" ('n anagram) gegee het.

Dali was 'n kleurvolle en indrukwekkende figuur in sy alomteenwoordige lang mantel, kierie, neusoptrekkerige gesigsuitdrukking en opwaarts gedraaide gewasde snor, beroemd daarvoor dat hy gese het dat "elke oggend wanneer ek ontwaak, ondervind ek 'n geweldige vreugde: die van Salvador Dali wees.". [50] Die vermaaklikheidspersoonlikheid, Cher, en haar man, Sonny Bono, het toe hulle jonk was na 'n partytjie by Dali se weelderige woning in New York se Plaza Hotel gekom waar hulle oorbluf was toe Cher op 'n seksuele vibrator met 'n vreemde vorm wat in 'n gemakstoel gelaat is plaasgeneem het. Wanneer Dali sy handtekening aan aanhangers uitgedeel het, het hy altyd hulle penne gehou. Toe hy Mike Wallace op die Sixty Minutes -televisieprogram 'n onderhoud met hom gevoer het, het Dali die hele tyd na homself in die derde persoon verwys, en 'n verdwaasde Mr. Wallace, sonder om doekies om te draai, vertel dat "Dali is immortal and will not die" ("Dali is onsterflik en sal nie dood gaan nie"). Tydens 'n ander televisievertoning, op die Tonight Show, het Dali 'n leerrenoster saam gebring en geweier om op enige iets ander te sit.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Aantekeninge en verwysings [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is groottendeels 'n vertaling van die Engelse Wikipedia artikel "Salvador Dali" .
  1. Dali, Salvador. (2000) Dali: 16 Art Stickers , Courier Dover Publications. ISBN 0-486-41074-9 .
  2. Ian Gibson (1997). The Shameful Life of Salvador Dali. W. W. Norton & Company. Gibson het vasgestel "Dali" (en verskeie weergawes) is 'n baie algemene van in Arabiese lande soos Marokko, Algerie, Tunisie en Egipte. Volgens Gibson het Dali se familie aan sy moederskant, die Domenech van Barcelona, egter weer Joodse wortels gehad. Oorspronklike aanhaling, soos dit in die teks verskyn: "my love of everything that is gilded and excessive, my passion for luxury and my love of oriental clothes."
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  4. Saladyga, Stephen Francis. "The Mindset of Salvador Dali" Geargiveer 19 Maart 2008 op Wayback Machine . lamplighter (Niagara University) . Vol. 1 Nr. 3, Summer 2006. Retrieved 22 Julie 2006 .
  5. Volgens sy geboorte sertifikaat. Salvador Dali astrological chart by astrotheme.fr. Laaste besoek op 30 September 2006.
  6. Dali, The Secret Life of Salvador Dali, 1948, London: Vision Press, bl.33
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 7,5 Llongueras, Lluis. (2004) Dali , Ediciones B ? Mexico. ISBN 84-666-1343-9 .
  8. The New York Times , Books: The Shameful Life of Salvador Dali By IAN GIBSON , besoek op 16 Junie 2007
  9. Salvador Dali . SINA.com . Laaste besoek op 31 Julie 2006.
  10. Salvador Dali biografie by astrodatabank.com. Laaste besoek op 30 September 2006.
  11. Oorspronklik aanhalings: "...[we] resembled each other like two drops of water, but we had different reflections." en " [he] was probably a first version of myself but conceived too much in the absolute." uit: Dali, Secret Life. Bl.2
  12. "Dali Biography 1904?1989 ? Part Two" (in Engels). artelino.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2009 . Besoek op 30 September 2006 .
  13. Dali, Secret Life, bl.152?3. Die oorspronklike aanhaling lui: "[it] was the greatest blow I had experienced in my life. I worshipped her... I could not resign myself to the loss of a being on whom I counted to make invisible the unavoidable blemishes of my soul."
  14. 14,0 14,1 Bosquet, Alain, Conversations with Dali , 1969. bl. 19. (PDF-leer)
  15. 15,0 15,1 15,2 Salvador Dali: Olga's Gallery . Laaste besoek op 22 Julie 2006.
  16. Die portret, "A Basket of Bread", kan hier Geargiveer 27 Augustus 2010 op Wayback Machine besigtig word (www.dali-gallery.com).
  17. Hodge, Nicola, en Libby Anson. The A?Z of Art: The World's Greatest and Most Popular Artists and Their Works . Kalifornie: Thunder Bay Press, 1996. Online citation Geargiveer 21 September 2006 op Wayback Machine .
  18. Koller, Michael. Un Chien Andalou Geargiveer 25 Desember 2010 op Wayback Machine . senses of cinema Januarie 2001. Laaste besoek op 26 Julie, 2006.
  19. 19,0 19,1 19,2 Shelley, Landry. "Dali Wows Crowd in Philadelphia" . Unbound (The College of New Jersey) Lente 2005. Laaste besoek op 22 Julie 2006.
  20. Rojas, Carlos. Salvador Dali, Or the Art of Spitting on Your Mother's Portrait , Penn State Press (1993). ISBN 0-271-00842-3 .
  21. Clocking in with Salvador Dali: Salvador Dali’s Melting Watches (PDF) van die Salvador Dali Museum. Laaste besoek op 19 Augustus 2006.
  22. 22,0 22,1 Salvador Dali, La Conquete de l’irrationnel (Parys: Editions surrealistes, 1935), bl. 25.
  23. Jackaman, Rob. (1989) Course of English Surrealist Poetry Since the 1930s , Edwin Mellen Press. ISBN 0-88946-932-6 .
  24. Artcyclopedia: Salvador Dali . Laaste besoek op 4 September 2006.
  25. 25,0 25,1 25,2 Navarro, Vicente, Ph.D. "The Jackboot of Dada: Salvador Dali, Fascist" Geargiveer 11 April 2008 op Wayback Machine . Counterpunch . 6 December 2003. Laaste besoek 22 Julie 2006.
  26. Lopez, Ignacio Javier. The Old Age of William Tell (A study of Bunuel's Tristana ) . MLN 116 (2001): 295?314.
  27. The Phantasmagoric Universe?Espace Dali A Montmartre . Bonjour Paris . Besoek op 22 Augustus 2006 .
  28. The History and Development of Holography . Holophile . Besoek op 22 Augustus, 2006.
  29. Hello, Dali Geargiveer 27 September 2006 op Wayback Machine . Carnegie Magazine . Besoek op 22 Augustus 2006.
  30. Elliott King in Dawn Ades (ed.), Dali , Bompiani Arte, Milan, 2004, p. 456.
  31. Salvador Dali Bio, Art on 5th Geargiveer 4 Mei 2006 op Wayback Machine . Laaste besoek op 22 Julie 2006.
  32. "Dali Resting at Castle After Injury in Fire" . The New York Times . 1 September 1984 . Laaste besoek op 22 Julie 2006.
  33. Mark Rogerson, 1989. The Dali Scandal: An Investigation. Victor Gollancz. ISBN 0-575-03786-5
  34. Salvador Dali, The Secret Life of Salvador Dali (New York: Dial Press, 1942), p. 317.
  35. Michael Taylor in Dawn Ades (ed.), Dali (Milan: Bompiani, 2004), p. 342
  36. 36,0 36,1 Dali Universe Collection Geargiveer 1 Desember 2008 op Wayback Machine . County Hall Gallery . Besoek op 28 Julie 2006.
  37. Salvador Dali, in Dawn Ades: Dali and Surrealism .
  38. 38,0 38,1 "Salvador Dali's symbolism" Geargiveer 31 Maart 2008 op Wayback Machine . County Hall Gallery . Verkry op 28 Julie 2006
  39. 39,0 39,1 Lobster telephone Geargiveer 23 Julie 2021 op Wayback Machine . National Gallery of Australia . Besoek op 4 Augustus 2006 .
  40. Tate Collection | Lobster Telephone by Salvador Dali . Tate Online . Besoek op 4 Augustus 2006 .
  41. "Dali's Jewellery Creations" . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2010 . Besoek op 14 Mei 2009 .
  42. Federico Garcia Lorca. Geargiveer 10 Februarie 2015 op Wayback Machine Pegasos. Laaste besoek op 15 Junie 2007.
  43. 43,0 43,1 43,2 Dali Rotterdam Museum Boijmans . Paris Contemporary Designs . Laaste besoek op 8 Augustus 2006.
  44. Past Exhibitions . Haggerty Museum of Art . Laaste besoek op 8 Augustus 2006.
  45. Elliott H. King, Dali, Surrealism and Cinema , Kamera Books 2007, p. 169.
  46. 46,0 46,1 Dali: Explorations into the domain of science [dooie skakel] . The Triangle Online . Verkry op 8 Augustus 2006.
  47. Vicente Navarro (12 Desember 2003). "Salvador Dali, Fascist" . CounterPunch .
  48. 48,0 48,1 George Orwell (1944). "Benefit Of Clergy: Some Notes On Salvador Dali" . The Saturday Book for 1944 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2008 . Besoek op 21 Junie 2007 . . Oorspronklike aanhaling: "One ought to be able to hold in one’s head simultaneously the two facts that Dali is a good draughtsman and a disgusting human being."
  49. "In sy boek The Secret Life of Salvador Dali , I was described as an atheist, an accusation that at the time was worse than being called a Communist. Ironically, at the same moment that Dali's book appeared, a man named Prendergast who was part of the Catholic lobby in Washington began using his influence with government officials to get me fired. [At Bunuel's job at the Museum of Modern Art he was tasked with selecting and distributing anti-Nazi propaganda films to North and South America, and he was also supposed work on producing such films.] I knew nothing at all about it, but one day when I arrived at my office, I found my two secretaries in tears. They showed me an article in a movie magazine called Motion Picture Herald about a certain peculiar character named Luis Bunuel, author of the scandalous L'Age d'Or and now an editor at the Museum of Modern Art. Slander wasn't exactly new to me, so I shrugged it off, but my secretaries insisted that this was really very serious. When I went into the projection room, the projectionist, who'd also read the piece, greeted me by wagging his finger in my face and smirking, "Bad Boy!"
    Finally, I too became concerned and went to see Iris, who was also in tears. I felt as if I'd suddenly been sentenced to the electric chair. She told me that the year before, when Dali's book had appeared, Pendergast had lodged several protests with the State Department, which in turn began to pressure the museum to fire me. They'd managed to keep things quiet for a year; but now, with this article, the scandal had gone public, on the same day that American troops disembarked in Africa.
    Although the director of the museum, Alfred Barr, advised me not to give in, I decided to resign, and found myself once again out on the street, forty-three and jobless." Luis Bunuel (1984). My Last Sigh: The Autobiography of Luis Bunuel . Vintage. pp. 182?183. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2008 . Besoek op 8 Julie 2007 .
  50. The Surreal World of Salvador Dali . Smithsonian Magazine. 2005. Besoek op 31 Augustus 2006.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Gallerye