in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Salle du Jeu de paume
is 'n kaatsbaan in die rue du Jeu de paume in
Versailles
(
Yvelines
). Die saal is deur Nicolas Crete in
1686
in opdrag van
Lodewyk XIV
opgerig as 'n baan vir die kaatsspel,
Jeu de paume
, 'n voorganger van moderne tennis, wat deur die koning en ander persoonlikhede uit die Franse hof gespeel is.
[1]
Jeu de paume was op daardie stadium baie gewild en daar was tweehonderd sulke sale in
Parys
. Die Salle du Jeu de paume het bekendheid verwerf vir die
Eed op die Kaatsbaan
wat op
20 Junie
1789
deur die afgevaardigdes van die Derde Stand daar onderneem is en in 'n groot muurskildery deur
Jacques-Louis David
verewig is. 'n Gedenkplaat is ook bokant die deur aangebring.
Tydens die heerskappy van Juillet is die gedenkplaat herstel en Horace Vernet het toestemming verkry om sy ateljee daar in te rig na sy terugkeer uit
Afrika
.
[1]
Met die proklamasie van die Tweede Republiek op
25 Februarie
1848
het 'n glorieryke tydperk vir die saal aangebreek. " 'n Groot banket is op
14 Maart
1848
daarin gehou. Tydens die Tweede Ryk is die Salle du Jeu de paume aan 'n amptenaar van die prefektuur verhuur wat dit as 'n dobbelhuis vir die offisier van die wag gebruik. Dit het kort daarna bankrot gespeel. Tydens die
Derde Republiek
is die saal aan sy lot oorgelaat voor dit in
1883
deur
Jules Ferry
omskep is aan 'n museum van die
Franse Rewolusie
. Tydens die Vyfde Republiek is dit geheel en al gerestoureer in
1988
.
[1]
Vandag is die saal die eiendom van die
Nasionale Vergadering
.
Koordinate
:
48°48′3.64″N
02°07′26″O
/
48.8010111°N 2.12389°O
/
48.8010111; 2.12389