in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Zweledinga Pallo Jordan
(gebore op
22 Mei
1942
te
Kroonstad
) is 'n voormalige
Suid-Afrikaanse
politikus en kabinetsminister (1994?2009). Hy was 'n lid van die
African National Congress
se Nasionale Uitvoerende Komitee. Hy het as die minister van kuns en kultuur (2004?2009), minister van omgewingsake (1996?1999), en die minister van pos, telekommunikasie en uitsaaiwese (1994?1996) gedien.
Volgens sy CV het hy aan die Universiteit van Wisconsin-Madison in die
Verenigde State van Amerika
en die London School of Economics studeer. Sy amptelike biografie beweer dat hy 'n PhD ontvang het, maar 'n koerantondersoek het in Augustus 2014 aan die lig gebring dat hy oor geen tersiere kwalifikasies hoegenaamd beskik nie.
[1]
[2]
Hy het hierna oneervol bedank uit die ANC en aktiewe politiek.
Hy was by verskeie naamveranderings (of pogings daartoe) betrokke, onder andere die omstrede
Pretoria-Tshwanenaamverandering
. In Junie 2006 is aangekondig dat hy
Lydenburg
se naam na
Mashishing
verander het. Die naam het egter nog nie posgevat nie en padtekens en besighede (soos die "Lydenburg Museum") gebruik steeds die ou naam.
[3]
|
---|
President
| |
---|
Adjunkpresident
| |
---|
Ministers
| |
---|