Die
Oosseevloot
of
Baltiese Vloot
(
Russies
: Балтийский флот,
Baltijiski flot
) van Rusland se hoofkwartier is in
Kaliningrad
. Die vloot het ’n lang geskiedenis as deel van die Sowjetvloot en is nou deel van die
Russiese Vloot
.
Die ondergang van die
Sowjetunie
het die Oosseevloot van sleutelbasisse in
Letland
,
Litaue
en
Estland
ontneem en Kaliningrad-
oblast
is nou die vloot se enigste ysvrye basis in die Oossee. Verder word Kaliningrad deur
Pole
en Litaue van die res van Rusland afgesny.
Toe
Rusland
daarop aandring om Kaliningrad as ’n swaar gewapende garnisoen te behou, het dit aansienlike internasionale kritiek ontlok, veral van Pole.
Konigsberg
is in
1945
as deel van die Potsdam-ooreenkoms aan die Sowjetunie toegeken, maar die
Russiese Federasie
het geen wettige titelregte tot die
enklawe
nie.
Gewapende magte wat net so groot is soos die hele Poolse Weermag is in die Kaliningrad-oblast gestasioneer.
Toe Rusland tussen
1992
en
1994
al sy voormalige Warskouverdrag-magte uit Pole en die
Baltiese lande
onttrek het, is sommige lug-, vloot- en landmagte na Kaliningrad verskuif, oenskynlik omdat daar behuisingstekorte elders in Rusland was.
Ontwikkelings in
Rusland
se federale regeringstelsel het in die afgelope paar jaar daartoe gelei dat sommige gebiede in Rusland aansienlike outonomiteit verkry het, veral Kaliningrad, waar die vrye ekonomiese gebied Jantar opgerig is.
Die ander groot basis van die Oosseevloot is by
Kronstadt
, ’n satellietdorp van
Sint Petersburg
. Dit is gelee op die Kotlin-eiland in die
Golf van Finland
, sowat 29 km noordwes van Sint Petersburg.
In
1996
het die vloot 9
duikbote
, 23 oppervlak-vegskepe, 3
kruisers
, 2
torpedojaers
, 18
fregatte
en ongeveer 65 kleiner vaartuie gehad. In die middel van
2000
was daar sowat 100 verskillende tipes gevegskepe, terwyl sy maritieme lugvaartgroepeenhede toegerus was met 112 vliegtuie.
In 1904 is die vloot na die
Stille Oseaan
gestuur om in die Russies-Japannese Oorlog van
1904
?
1905
te veg en in
1905
is dit tydens die
Slag van Tsushima
vernietig. Die geskiedkundige slag het die Russiese mag in
Oos-Asie
’n ernstige knou toegedien.
In 1936 het ’n deel van die Oosseevloot die
Noordelike Seeroete
na die Stille Oseaan onderneem waar ’n gewapende konflik met Japan gedreig het.
Admiraals van die Vloot:
- Zinowi Petrowitsj Rozjdestwenski
Skepe en duikbote benoem tot die vloot:
- Sowjetduikboot M-256, ’n Projek 615-kortafstand-aanvalsduikboot (
diesel
) van die Sowjetvloot.