in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die VIIe Olimpiade
|
|
Die
Olimpiese Somerspele 1920
(
Frans
:
Les Jeux olympiques d'ete de 1920
), amptelik bekend as die
Spele van die VIIde Olimpiade
, is tussen 20 April en 12 September 1920 in
Antwerpen
,
Belgie
, aangebied. Die Spele word aan Belgie toegeken vanwee die lyding wat die Belgiese volk tydens die
Eerste Wereldoorlog
verduur het.
Atlanta
,
Amsterdam
,
Boedapest
,
Cleveland
,
Havana
,
Lyon
en
Philadelphia
het ook aansoek gedoen om die Spele aan te bied.
[4]
Lyon trek egter hulle nominasie terug voor die stemming plaasvind. Atlete vanuit 29 lande het aan die Spele deelgeneem.
Duitsland
,
Oostenryk
,
Hongarye
,
Bulgarye
en
Turkye
is nie uitgenooi nie.
Rusland
bly weg omdat dit deur 'n
burgeroorlog
verskeur is.
Die Spele was nie 'n reuse sukses nie. Die hoe toegangsgelde het die publiek afgeskrik. Een toegangskaartjie kos byvoorbeeld 3 frank, 'n baie hoe prys vir die tyd. Dit was nie net die hoe pryse nie, maar slegte weer hou ook die volk weg. Die organisasiekomitee aanvaar skuld hiervoor, maar weier elke ekstra uitgawe, selfs die publikasie van 'n gedenkboek.
22 Olimpiese sportsoorte in 156 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 156 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in een demonstrasiesport beslis.
- Korfbal
is as demonstrasiesport aangebied.
17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1920 gebruik:
Stadion
|
Sporte
|
Kapasiteit
|
Antwerpen
|
Fietsry
(pad)
|
Nie gelys nie
|
Antwerpen-dieretuin
|
Boks
,
Stoei
|
Nie gelys nie
|
Beerschot Tennis Club
|
Tennis
|
Nie gelys nie
|
Kamp van Beverlo
|
Skyfskiet
(pistool/geweer)
|
Nie gelys nie
|
Meerkanaal Brussel?Schelde
|
Roei
|
Nie gelys nie
|
Buiten Y (
Amsterdam
)
|
Seilvaart
(12 voet sloep)
|
Nie gelys nie
|
Tuine van die Egmontpaleis (
Brussel
)
|
Skermsport
|
Nie gelys nie
|
Hoogboom Militere Kamp
|
Skietsport (lokvalskiet, hardloopteiken)
|
Nie gelys nie
|
Jules Ottenstadion (
Gent
)
|
Sokker
(
Italie
?
Egipte
-wedstryd)
|
Nie gelys nie
|
Nachtegalenpark
|
Boogskiet
|
Nie gelys nie
|
Olimpiese Stadion Antwerpen
|
Atletiek
,
Ruitersport
,
Veldhokkie
, Sokker (eindstryd),
Gimnastiek
,
Moderne vyfkamp
,
Rugby
,
Toutrek
,
Stoei
|
30 000
|
Oostende
|
Polo
, Seilvaart
|
Nie gelys nie
|
Palais de Glace d'Anvers
|
Kunsskaats
,
Yshokkie
|
Nie gelys nie
|
Joseph Marienstadion (
Brussel
)
|
Sokker
|
Nie gelys nie
|
Seevaartstadion Antwerpen
|
Sierduik
,
Swem
,
Waterpolo
|
Nie gelys nie
|
Broodstraat-stadion
|
Sokker
|
Nie gelys nie
|
Velodrome d'Anvers Zuremborg
|
Fietsry (baan)
|
Nie gelys nie
|
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die
Nasionale Olimpiese Komitees
wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
-
Newfoundland
het een atleet, Eric Robertson, gestuur, maar omdat die dominium geen amptelike Olimpiese komitee gehad het nie, kon sy nasionaliteit nie bevestig word nie en hy moes die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.
[5]
Suid-Afrikaanse deelname
[
wysig
|
wysig bron
]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
.
Clarence Walker
wen die goudmedalje in boks in die kapokgewig-afdeling.
Henry Kaltenbrunn
wen silwer in die
fietsry
pad tydtoets terwyl
Suid-Afrika
silwer in die Tandem-2000 m wen en brons in die 4000 m span kompetisie.
Suid-Afrika wen ook silwer in die 600 m skietkompetisie terwyl
Louis Raymond
en
Charles Winslow
goud en brons onderskeidelik in die
tennisenkelspel
wen.
Bevil Rudd
wen goud en brons in die 400 m en 800 m en Suid-Afrika wen silwer in die 400 m mans aflos.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
- (
en
)
David Wallechinsky (2004).
The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition
. SportClassic Books.
ISBN
978-1-894963-32-9
.
- (
en
)
Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).
Encyclopedia of the Modern Olympic Movement
. Greenwood Publishing Group.
ISBN
0-313-32278-3
.
OCLC
52418065
.
- (
de
)
Volker Kluge (1997).
Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 ? Berlin 1936
. Berlin: Sportverlag.
ISBN
3-328-00715-6
.
- (
en
)
Roland Renson (1996).
The Games Reborn. The VIIth Olympiad Antwerp 1920
. Antwerpen: Pandora.
ISBN
9789053250518
.