한국   대만   중국   일본 
Nkosazana Dlamini-Zuma - Wikipedia Gaan na inhoud

Nkosazana Dlamini-Zuma

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nkosazana Dlamini-Zuma
Nkosazana Dlamini-Zuma
Nkosazana Dlamini-Zuma in 2014

Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede
Ampsbekleer
Termynaanvang
30 Mei 2019
Vise Parks Tau , Obed Bapela
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Zweli Mkhize

Minister in die Presidensie vir die Nasionale Beplanningskommissie
Ampstermyn
28 Februarie 2018  –  29 Mei 2019
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Jeff Radebe
Opgevolg deur Jackson Mthembu

Voorsitter van die Afrika-unie
Ampstermyn
15 Oktober 2012  –  30 Januarie 2017
Vise Erastus Mwencha
Voorafgegaan deur Jean Ping
Opgevolg deur Moussa Faki

Minister van Binnelandse Sake
Ampstermyn
10 Mei 2009  –  3 Oktober 2012
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula
Opgevolg deur Naledi Pandor

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
14 Junie 1999  –  10 Mei 2009
President Thabo Mbeki
Kgalema Motlanthe
Voorafgegaan deur Alfred Nzo
Opgevolg deur Maite Nkoana-Mashabane
(Internasionale Betrekkinge en Samewerking)

Minister van Gesondheid
Ampstermyn
10 Mei 1994  –  14 Junie 1999
President Nelson Mandela
Voorafgegaan deur Rina Venter
Opgevolg deur Manto Tshabalala-Msimang

Persoonlike besonderhede
Gebore 27 Januarie 1949 ( 1949-01-27 ) (75 jaar oud)
Natal , Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Jacob Zuma (1982?1998; geskei)
Alma mater Universiteit van Zululand
Universiteit van Natal
Universiteit van Bristol
Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne
Nkosazana Dlamini-Zuma in 2009

Nkosazana Clarice Dlamini-Zuma (gebore 27 Januarie 1949 ) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n voormalige aktivis teen apartheid . Sy was Suid-Afrika se Minister van Gesondheid van 1994 tot 1999, onder president Nelson Mandela , daarna die Minister van Buitelandse Sake vanaf 17 Junie 1999 tot 10 Mei 2009, onder presidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe . Sy is op 10 Mei 2009 as die Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van president Jacob Zuma , haar gewese man, aangestel. Sy het die posisie tot haar bedanking op 2 Oktober 2012 beklee.

Op 15 Julie 2012 is Dlamini-Zuma tot voorsitter van die Afrika-unie verkies. Sy word dus die eerste vrou om die organisasie (insluitend sy voorganger, die Organisasie vir Afrika-eenheid ) te lei. [1] Sy het van 15 Oktober 2012 tot 30 Januarie 2017 gedien, en is deur Moussa Faki opgevolg. [2]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. African Union chooses first female leader , The Guardian 16 Julie 2012.
  2. "AU swears in new officers, Moroccan king 'happy to be back home' " (in Engels). Africanews.com. 30 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 . Besoek op 31 Januarie 2017 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]