Nauru
(
Nauruaans
:
Naoero
), amptelik die
Republiek Nauru
(
Engels
:
Republic of Nauru
, Nauruaans:
Ripublik Naoero
), voorheen
Pleasant Island
(letterlik: "aangename eiland"), is 'n klein
eilandstaat
in die
Stille Oseaan
en
Oseanie
net suid van die
ewenaar
. Die koraaleiland van 21 km² is deur
fosfaatmynbou
erg verwoes, en fosfaatreserwes is nou byna uitgeput. Nauru, wat jare gelede een van die welvarendste nasies wereldwyd was, kon die bates van die fosfaatmynbou nie winsgewend bele nie en is vandag weer een van die
ontwikkelende lande
. Die eiland het 'n bevolking van 10 084 in 2021 gehad. Engels en Nauruaans is die twee amptelike tale en die
Australiese dollar
is die amptelike geldeenheid. Klein hoeveelhede fosfaat,
piesangs
en
kokosprodukte
is die hoofsaaklike uitvoerprodukte.
Australie
se ambassades neem die diplomatieke verteenwoordiging vir Nauru in die buiteland waar.
De jure
het Nauru geen
hoofstad
of stede nie; die parlement en regering van Nauru is in
Yaren
gesetel, wat
de facto
as hoofstad beskou word.
Met 'n oppervlakte van net 21 km² is Nauru die derde kleinste land na die
Vatikaanstad
en
Monaco
, die kleinste land in die Stille Oseaan en Oseanie, die kleinste land buite
Europa
, die kleinste eilandstaat, en die kleinste
republiek
. Daarbenewens het dit met 'n bevolking van 10 084 (in 2021) die wereld se derde kleinste bevolking, na die Vatikaanstad en
Tuvalu
.
As gevolg van sy sterk afhanklikheid van Australie word Nauru dikwels as 'n soort satellietstaat beskou.
[7]
[8]
[9]
Nauru bestaan uit net een
atol
van sowat 21 km² met 'n omvang van 19 km en 'n middellyn van 6 km. Die eiland le slegs 51 km suid van die ewenaar, halfweg tussen
Honolulu
en
Sydney
. Die eiland se kuslyn word hoofsaaklik deur 'n sandstrand gevorm. 'n Binnelandse
landbougordel
van enkele honderd meter breedte lewer piesangs,
pynappels
, kokospalms en
groente
op. 'n Plato van rotse vorm die hartland van Nauru, waar fosfaat in oop myne ontgin word. Die
mynbou
laat 'n verwoeste landskap agter.
Nauru le in die ooste van
Papoea-Nieu-Guinee
, in die suide van die
Gefedereerde State van Mikronesie
, in die weste van
Kiribati
en in die noorde van die
Salomonseilande
.
Nauru se klimaat is tropies, met 'n gemiddelde temperatuur van 27,5 °C en 'n gemiddelde
reenval
van 1 500 mm (met uiterstes tussen sowat 100 en 4 500 mm). Die reenseisoen tussen November en Februarie gaan gepaard met 'n hoe lugvogtigheid van tot by 85%.
Van die bevolking van 10 084 (2021) is slegs sowat die helfte inheemse Nauruers. Die res is Europese en Chinese werknemers betrokke by die fosfaatmynbou en mense van ander eilande in die Suidelike Stille Oseaan, veral van
Kiribati
en Tuvalu. Die inwoners is hoofsaaklik
Protestante
, sowat 30% is
Rooms-Katoliek
. Die groot welvaart, wat die Nauruers danksy die fosfaatmynbou dekades lank kon geniet, het ook 'n nadelige invloed op die gesondheid van die bevolking, waarvan sowat 30% nou
diabeetlyers
is.
Die geskiedenis van die eerste
menslike
nedersettings is tans nie bekend nie. Waarskynlik is skipbreukelinge die eerste bewoners van die eiland. Die eerste Europese ontdekker van Nauru is die
Engelse
kaptein John Fearn wat hier in die jaar 1798 voet aan wal sit. Hy noem dit vanwee sy natuurskoon
Pleasant Island
("aangename eiland") en eers sowat negentig jaar later word hierdie naam ten gunste van Nauru verander. Vanaf 1830 doen
walvisvaarders
gereeld by Nauru aan om vars proviand te kry en saam met hulle kom ontvlugte strafgevangenes en deserteurs na die eiland om hier 'n bestaan as strandgoedjagters te vind.
In die sewentigerjare van die 19de eeu stig Duitse handelaars die eerste handelsposte; hulle slaag daarin om Nauru in die jaar 1888 by die Duitse protektoraat van die
Marshalleilande
te laat inlyf. Duitse en Amerikaanse sendelinge begin in 1899 met die kerstening van die inwoners.
Met die ontdekking van Nauru se ryke fosfaatafsettings in 1900 begin 'n nuwe tydperk op die eiland. Die
Duitsers
en Britte stig in 1906 'n maatskappy wat met die fosfaatmynbou begin. Die inheemse bevolking baat baie min by hierdie ekonomiese aktiwiteite, en die swaar werk in die myne word deur buitelanders, veral Gilberteilanders en Chinese, gedoen.
Tydens die
Eerste Wereldoorlog
beset Australiese troepe in 1914 Nauru en 1919 word die eiland 'n mandaatgebied van die
Volkerebond
. Australie is volgens 'n ooreenkoms met die
Verenigde Koninkryk
en
Nieu-Seeland
verantwoordelik vir die administrasie van Nauru. Ook tydens die
Tweede Wereldoorlog
beset vreemde troepe die eiland. Die
Japanners
land op die eiland, terwyl Duitse oorlogskepe dit al vroeer onder vuur bestook het. Naastenby die hele bevolking word as dwangarbeiders na die
Karoline-eilande
geneem, waar een derde van hulle beswyk. Die oorlewendes keer in 1946 terug.
Op 31 Januarie 1968 verkry Nauru, wat sedertdien die kleinste republiek ter wereld is,
onafhanklikheid
en word 'n spesiale lid van die
Britse Statebond
. Die fosfaatmynboumaatskappy word in 1970 genasionaliseer. In 1993 sluit Nauru en Australie 'n ooreenkoms wat Nauru AUS$ 107 miljoen skadevergoeding vir ekologiese verwoesting as gevolg van die fosfaatmynbou toeken.
In 1999 word Nauru 'n lid van die
Verenigde Nasies
en 'n gewone lid van die Britse Statebond.
Vandag huisves Nauru volgens 'n ooreenkoms met Australie 'n vlugtelingekamp vir asielsoekers wat nog geen verblyfsvergunning gekry het nie; die reeling is deel van Australie se "Pasifiese oplossing" vir die asielprobleem.
[10]
Administratiewe afdelings
[
wysig
|
wysig bron
]
No.
|
Distrik
|
Vroeere naam
|
Oppervlakte
(
ha
)
|
Bevolking
(2011)
|
Aantal dorpe
|
Bevolkingsdigtheid/ha
|
1
|
Aiwo
|
Aiue
|
110
|
1 220
|
8
|
11,1
|
2
|
Anabar
|
Anebwor
|
150
|
452
|
15
|
3,0
|
3
|
Anetan
|
Anetan
|
100
|
587
|
12
|
5,9
|
4
|
Anibare
|
Anybody
|
310
|
226
|
17
|
0,7
|
5
|
Baitsi
|
Beidi, Baiti
|
120
|
513
|
15
|
4,3
|
6
|
Boe
|
Boi
|
50
|
851
|
4
|
17,0
|
7
|
Buada
|
Arenibok
|
260
|
739
|
14
|
2,8
|
8
|
Denigomodu
|
Denikomotu
|
118
|
1 804
|
17
|
15,3
|
9
|
Ewa
|
Eoa
|
120
|
446
|
12
|
3,7
|
10
|
Ijuw
|
Ijub
|
110
|
178
|
13
|
1,6
|
11
|
Meneng
|
Menen
|
310
|
1 380
|
18
|
4,5
|
12
|
Nibok
|
Ennibeck
|
160
|
484
|
11
|
3,0
|
13
|
Uaboe
|
Ueboi
|
80
|
318
|
6
|
3,0
|
14
|
Yaren
|
Moqua
|
150
|
747
|
7
|
4,0
|
|
Nauru
|
Naoero
|
2 120
|
10 084
|
169
|
4,8
|
|
- ↑
(
en
)
"Nauru's Constitution of 1968 with Amendments through 2015"
(PDF)
. Constitute Project
. Besoek op
2 November
2023
.
- ↑
(
en
)
"World Population Prospects 2022"
. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division
. Besoek op
2 November
2023
.
- ↑
(
en
)
"World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950-2100"
(XSLX)
(Total Population, as of 1 July (thousands)). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division
. Besoek op
2 November
2023
.
- ↑
(
en
)
"National Report on Population ad Housing"
(PDF)
. Nauruaanse Statistiekkantoor. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 24 September 2015
. Besoek op
24 September
2015
.
- ↑
5,0
5,1
5,2
5,3
(
en
)
"Nauru"
.
Internasionale Monetere Fonds
. Oktober 2023
. Besoek op
2 November
2023
.
- ↑
(
en
)
"Gini index ? Nauru"
.
Wereldbank
. Besoek op
2 November
2023
.
- ↑
(
en
)
"Pacific correspondent Mike Field"
.
Radio New Zealand
. 18 Junie 2015.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020
. Besoek op
28 Augustus
2019
.
- ↑
(
en
)
"Nauru's former chief justice predicts legal break down"
.
SBS News
. Special Broadcasting Service. 13 Maart 2014.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020
. Besoek op
28 Augustus
2019
.
- ↑
(
en
)
Ben Doherty (28 Oktober 2015).
"This is Abyan's story, and it is Australia's story"
.
The Guardian
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2020
. Besoek op
28 Augustus
2019
.
- ↑
(
en
)
"Nauru refugees: The island where children have given up on life"
.
BBC
. 1 September 2018.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020
. Besoek op
28 Augustus
2019
.
- Algemeen
- (
en
)
Gowdy, John M.; McDaniel, Carl N. (2000).
Paradise for Sale: A Parable of Nature
. University of California Press.
ISBN
978-0-520-22229-8
.
- (
en
)
Williams, Maslyn; Macdonald, Barrie (1985).
The Phosphateers
. Melbourne University Press.
ISBN
0-522-84302-6
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Nauru
.
|