Letterkunde
of
literatuur
(Latyn "
Litterae
" mv. van "
letter
") is
geskrewe
taalkunswerke wat op grond van gemeenskaplike
taal
of verwantskap,
kultuur
, periode, styl, lewensbeskouing of ander faktore met mekaar saamhang. Die
estetiese
waarde van letterkunde le in die skoonheid van taalgebruik en/of die gevoel wat dit by die leser aanwakker.
[1]
[2]
Literatuur word onderskei van lektuur of leesstof, wat alle geskrewe werk insluit, deur die estetiese universele waarde wat dit besit.
'n
Letterkundige
bestudeer tekste wat tot die literatuur gereken word, dus die fenomeen van literatuur in die bree sin. Iemand wat as letterkundige werksaam is, word ook 'n literator genoem, wat ook breedweg die betekenis kan dra van iemand wat homself algeheel aan die lettere wy. Ook kan 'n toegewyde
skrywer
, dus nie 'n ondersoeker nie maar 'n beoefenaar van die letterkunde, bekend staan as 'n letterkundige of literator.
[3]
Literatuur kan algemeen opgedeel word in twee tegnieke,
prosa
en
poesie
en twee vorme,
fiksie
en
nie-fiksie
. Nie-fiksie as kategorie sluit onder andere
polemiese
werke,
biografiee
en nadenkende essays in terwyl verbeeldingswerke tekste insluit soos fiksie,
drama
of poesie). Literatuur in poesie benadruk die estetiese en ritmiese kwaliteite van
taal
? soos klank, simboliek, en metrum ? om betekenisse op te roep addisioneel tot, of in stede van die oorspronklike betekenis, terwyl literatuur in prosa-formaat gewone
grammatikale
strukture en die natuurlike vloei van spraak gebruik. Letterkunde kan ook geklassifiseer word volgens historiese tydperke,
genres
en politieke invloede. Terwyl die konsep van genre oor die eeue heen verbreed het, bestaan 'n genre oor die algemeen uit kunswerke wat binne 'n spesifieke sentrale tema val; voorbeelde van genre sluit onder meer die
ridderroman
,
raaiselroman
,
misdaadfiksie
,
fantasie
,
hygliteratuur
en
avontuurroman
in.
Vername historiese tydperkte in die
Nederlandse literatuur
, sluit in die
Middeleeue
,
Laatmiddeleeue
, die
Renaissance
, die
Frans-klassisisme
en
barok
, die 18de-eeuse
verligting
, die
oorgangsfase
, die
romantiek
van die vroeg 19de eeu, die later 19de-eeuse
realisme
en 20ste-eeuse
Modernistiese
en
Postmodernistiese
tydperke.
[4]
Belangrike intellektuele bewegings wat die literatuurstudie beinvloed het sluit in
feminisme
,
postkolonialisme
,
psigoanalise
,
poststrukturalisme
, postmodernisme,
romantiek
en
Marxisme
.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Literatuurgeskiedenis
.
Die
Heldedig van Gilgamesj
is een van die oudste bekende literere werke. Die Babiloniese heldedig se ontstaan spruit voort uit stories in
Sumeries
. Hoewel die Sumeriese stories ouer is (waarskynlik rondom 2100 v.C.), is die epiese gedig na skatting rondom 1900 v.C. saamgestel. Die epos behandel temas van heldemoed, vriendskap, verlies en die soeke na ewige lewe.
Verskillende geskiedkundige tydperke word in letterkunde weergegee. In die era voor verstedeliking oorheers nasionale en stamverwante sages, rekenskap van gebruike en die oorsprong van die wereld, en mites wat soms morele en geestelike boodskappe vervat.
Homeros
se eposse dateer terug na die middel van die
ystertydperk
, en 'n groot aantal Indiese eposse van 'n effens latere periode bevat meer bewyse van doelbewuste literere outeurskap wat vir lang periodes deur middel van mondelinge tradisies oorleef het voor dit neergepen is.
Met die ontwikkeling van 'n meer stedelike kultuur onder vroee beskawings het akademies 'n platform geskep vir die oordrag van spekulatiewe en filosofiese literatuur, met die blywende vestiging van letterkunde in
Antieke China
,
Persie
,
Antieke Griekeland
en
Rome
tot gevolg. Baie werke uit die oudheid, selfs in verhalende vorm, bevat verborge morele of didaktiese doelstellings, soos die Sanskrit
Panchatantra
of
Metamorfoses
van Ovidius.
Drama
en
satire
, vir literere produksie, het ontwikkel namate die stedelike kultuur 'n groterwordende openbare gehoor, en later lesers, verskaf het.
Liriek
was in teenstelling met epiek oor die algemeen die fokus van die howe en elite kringe, vernaam in Oos-Asie waar liedere deur die Chinese aristokrasie as gedigte versamel is, veral belangrik die
Shih-ching
of
Boek van odes
. Poesie van voorbeskawing ballades en liedere het oor 'n lang tydperk die literere medium binnegedring en mettertyd beinvloed.
In antieke China het vroee letterkunde primer gefokus op filosofie,
geskiedskrywing
,
krygswetenskappe
, landbou en
digkuns
. China, die oorsprong van papiervervaardiging en
blokdruk
, het een van die wereld se eerste drukkerskulture opgelewer.
[5]
'n Groot hoeveelheid van die Chinese literatuur dateer uit die
Honderd skole van denke
periode gedurende die Oostelike
Zhou Dinastie
(769-269 v.C.). Die belangrikste hiervan sluit die klassieke werke in van
Konfusianisme
,
Taoisme
, Mohisme,
Legalisme
en werke van krygswetenskappe (byvoorbeeld
Sun Tzu
se
Die kuns van oorlogvoering
) en Chinese geskiedenis (byvoorbeeld
Sima Qian
se
Optekeninge van die hofgeskiedskrywer
). Antieke Chinese letterkunde het geweldig klem gele op geskiedskrywing, met soms uiters gedetailleerde hofrekords. 'n Uitstaande stuk verhalende geskiedenis oor Antieke China is die
Zuo Zhuan
, wat nie later as 389 v.C. saamgestel kon gewees het nie, en toegedeel word aan die blinde 5de eeu v.C. historikus Zuo Qiuming.
In Antieke Indie ontstaan letterkunde uit stories wat oorspronklik mondelings oorgedra is. Vroee genres sluit in drama, fabels,
soetras
en heldedigte. Sanskrit-literatuur begin met die
Vedas
wat terugdateer na 1500-1000 v.C., en gaan voort met die Sanskrit-eposse van Ystertydperk-Indie. Die Vegas tel onder van die oudste heilige geskrifte. Die Samhitas (Vediese versamelings) dateer rofweg terug na 1500-1000 v.C., en die “sirkum-Vediese” tekste, asook die redigering van die Samhitas, dateer terug na circa 1000-500 v.C. wat gevolglik uitloop op 'n Vediese periode, wat strek vanaf die middel 2de tot middel 1ste eeu v.C., of die
Laat-Bronstydperk
en
Ystertydperk
.
[6]
In die tydperk van ongeveer die 6de tot die 1ste eeu v.C. geskied die samestelling en redigering van die twee invloedrykste Indiese eposse, die
Mahabharata
en die
Ramayana
, met latere redigering wat volg tot die 4de eeu n.Ch.
In Antieke Griekeland is die eposse van
Homeros
, wat die
Ilias
en
Odussee
geskryf het, asook
Hesiodos
se
Werke en dae
en
Theogonia
, van die vroegste en mees invloedryke Antieke Griekse literatuur. Klassieke Griekse genres sluit in filosofie,
poesie
, historiografie,
komedie
en
drama
.
Plato
en
Aristoteles
het filosofiese tekste neergepen wat die fondament van Westerse filosofie geword het,
Sappho
en
Pindaros
was invloedryke
liriese digters
en
Herodotos
en
Thukydides
was vroee Griekse historici. Hoewel dramas baie populer was bestaan van die honderde
tragedies
wat geskryf en opgevoer is in die
klassieke oudheid
, nog slegs 'n beperkte aantal opvoerings deur drie skrywers:
Aeschylus
,
Sophokles
en
Euripides
.
Aristophanes
se opvoerings verskaf die enigste werklike voorbeelde van 'n genre van komedie bekend as
Ou komedie
, die vroegste vorm van Griekse komedie, en word as’t ware gebruik om die genre te definieer.
[7]
Romeinse geskiedenis en biografiee het die uitgebreide Middeleeuse literatuur oor die lewens van heiliges en wonderbaarlike kronieke vooruitgeloop, maar die mees kenmerkende vorm van die
Middeleeue
was die
ridderroman
, 'n avontuurbelaaide en soms magiese verhaal met 'n sterk populere inslag. Kontroversiele, religieuse, politieke en instruktiewe literatuur het tydens die Renaissance vermenigvuldig as gevolg van die drukpers, terwyl Middeleeuse ridderfiksie ontwikkel het in 'n meer karaktergebaseerde en sielkundige verhaalvorm, die
roman
, waarvan vroee vername voorbeelde die Chinese
Aap
en die Duitse
Faust
-boeke is.
Tydens die
verligting
is filosofiese verlope en spekulasies oor geskiedenis en die menslike natuur in die literatuur geintegreer saam met sosiale en politieke verwikkelinge. Die onvermydelike gevolg was die ontploffing van
Romantiek
in die latere helfte van die 18de eeu wat die verbeeldingryke en fantastiese subjektiwiteit van die ou romantiek en volksliteratuur teruggebring het, en die voortreflikheid van individuele ondervinding en emosie bevestig het. Soos die 19de eeu uitgeloop het, het Europese fiksie egter ontwikkel tot
realisme
en
naturalisme
, die noukeurige dokumentering van die werklike lewe en sosiale neigings. Heelwat van die naturalistiese uitsette was implisiet polemies en het sosiale en politieke verandering beinvloed. 20ste-eeuse fiksie en drama het weer teruggetree na die subjektiewe, met fokus op onderbewuste dryfvere en sosiale en omgewingsdruk op die individu. Skrywers soos
Proust
,
Elliot
,
Joyce
,
Kafka
en
Pirandello
vergestalt die neiging om interne eerder as eksterne realiteite neer te pen.
Genre-fiksie, ten spyte van sy vaste formules, bewys ook dat dit die werklikheid kan bevraagteken in sy 20ste-eeuse formaat, deur die ondersoeke en vrae van die skeptiese
speurder
en die alternatiewe realiteite van
wetenskapsfiksie
. Die skeiding tussen “hoofstroom”- en genrevorms (joernalistiek ingesluit) gaan voort om te vervaag tydens die periode tot vandag.
William S. Burroughs
, in sy vroee werke, en
Hunter S. Thompson
verbreed dokumentere verslaggewing tot sterk subjektiewe verklarings na die
Tweede Wereldoorlog
, en
postmoderne
kritici bekritiseer oor die algemeen objektiewe realisme.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Poesie
.
'n
Gedig
is 'n komposisie wat in vers geskryf is (hoewel epiek en dramatiese fiksie ook al van die formaat gebruik gemaak het). Gedigte gebruik die estetiese aard van taal om veelvuldige betekenisse te belig en emotiewe reaksie te ontlok. Gedigte steun sterk op beeld en
metafoor
, en kan 'n ritmiese struktuur besit gebaseer op beklemtoonde patrone (
metrum
) of patrone van wisselvallige lettergreeplengtes (soos met klassieke prosodie); en kan van
rym
gebruik maak. Vanwee die uiteenlopendheid van poetiese vorme en strukture, is
poesie
moeilik om te karakteriseer en omskryf. As 'n literatuursoort maak poesie egter tipies gebruik van die
formele
eienskappe van die woorde waarmee dit werk ? die eienskappe van die
geskrewe
en
gesproke
vorms van die woorde, onafhanklik van hul betekenis. So byvoorbeeld kan ritme vasgele word deur die aantal lettergrepe in die woorde, of hoe die lettergrepe beklemtoon word; rym en
alliterasie
is afhanklik van die klanke van die woorde.
Bes moontlik gaan digkuns enige ander vorme van literatuur vooruit. Vroee voorbeelde sluit in die
Sumeriese
Gilgamesjepos
(rondom 2700 v.C.), dele van die
Bybel
, die oorblywende werke van
Homeros
(die
Ilias
en die
Odussee
), en die Indiese eposse
Ramayana
en
Mahabharata
. By kulture wat vernaam van
mondelinge tradisies
gebruik maak het die formele eienskappe van digkuns baie maal 'n
mnemoniese
(geheuevaslegging) funksie, en belangrike tekste: regtelik,
genealogies
of moreel kan byvoorbeeld eerste in versvorm verskyn.
Sekere poesie gebruik baie spesifieke vorme, soos die
haikoe
,
limeriek
en
sonnet
. 'n Tradisionele haikoe in Japannees geskryf hou verband met die
natuur
, bevat sewentien
onji
(lettergrepe) wat oor drie reels versprei is in groepe van vyf, sewe en vyf, en besit 'n
kigo
, 'n spesifieke woord wat seisoen aandui. 'n Limeriek het vyf versreels, met 'n AABBA rymskema, en lengtes van 3,3,2,2,3 beklemtoonde lettergrepe. Dit het tradisioneel 'n minder eerbiedige houding jeens die natuur. Digkuns wat nie by die formele poetiese strukture hou nie word “
vrye vers
” genoem.
Taal en tradisie dikteer sekere poetiese norme. Persiese digkuns rym altyd, terwyl Griekse digkuns selde rym. Sekere tale bevat meer rymwoorde as ander. Italiaans is byvoorbeeld ryk aan rymstrukture wat 'n beperkte stel van rym toelaat deur 'n lang gedig. Die oorvloed is die gevolg van woorduitgange wat reelmatige vorms volg. Tale met ongereelde woorduitgange, soos Engels met sy baie aangenome woorde, is minder talryk in rym. Moontlik is die mees
paradigmatiese
styl van Engelse digkuns die lee vers, soos dit voorkom in die werke van
Shakespeare
en
Milton
, wat bestaan uit nie-rymende jambiese pentameters. Sekere tale verkies langer versreels; ander weer korter reels. Van die konvensies is die gevolg van die gemak waarmee sekere tale se woordeskat en grammatika in sekere strukture pas eerder as in ander; dit kan byvoorbeeld voorkom as 'n taal tipies langer woorde het as ander, soos Grieks en Duits. Ander strukturele konvensies ontstaan weer as gevolg van historiese toeval, waar baie sprekers van 'n taal goeie poesie assosieer met 'n verssoort wat deur 'n baie goeie digter verkies is.
Teaterwerk (sien ondertoe) het tradisioneel versvorm aangeneem. Dit kom vandag egter byna glad nie buite
opera
en
blyspele
voor nie, hoewel baie sal argumenteer dat dramatiese taal intrinsiek poeties gebly het.
In die laaste jare het digitale poesie sy opwagting gemaak wat voordeel trek uit die artistieke, publisering en sintetiese waardes van die digitale media.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Essay
.
'n
Essay
bestaan uit 'n bespreking van 'n onderwerp vanuit die skrywer se persoonlike oogpunt, soos vergestalt deur die werke van
Michel de Montaigne
of Charles Lamb.
"Essay" is afgelei van die Franse woord vir "om te probeer"
essayer
. Dus kan mens, oop, uitlokkende en onoortuigende essays kry. Die term “essay” is aanvanklik gebruik vir die nadenkende gemymer van
Michel de Montaigne
, wat die reputasie dra as die vader van die tipe literatuur.
[8]
Die essay kom in verskillende vorme en style voor wat deur verskeie skrywers, studente en professionele essayiste gebruik word. Van die vernaamste vorme sluit in:
- oorsaak en gevolg: gekenmerk deur gemaklike skakels wat van 'n oorsaak na 'n gevolg lei, sorgsame taal met 'n nadruklike of chronologiese volgorde
[9]
- vergelyk en kontrasteer: bestaande uit 'n basis vir vergelyking, punte van vergelyking en analogiee, volgens onderwerp of punt gegroepeer
[10]
- beskrywend: gekenmerk deur sintuiglike detail wat tot die fisiese, emosionele en intellektuele wese van die leser spreek
[11]
- familier: waar die essayis spreek asof tot 'n enkele leser
[12]
- geskiedenis: wat 'n bewering of argument oor 'n historiese gebeurtenis beskryf
[13]
- narratief: wat deur terug- of vorentoe-flitse tot 'n klimaks opbou
[14]
- krities: gemik op objektiewe analise van die onderwerp
- ekonomies: wat 'n ekonomiese verskynsel of begrip aan die leser duidelik maak.
Filosofiese
,
historiese
,
joernalistieke
en
wetenskaplike
skryfwerk word tradisioneel as letterkunde beskou. Dit bied sommige van die oudste prosageskrifte wat nog in bestaan is; romans en stories het die naam "fiksie" verwerf om dit te onderskei van feitlike skryfwerk of
nie-fiksie
, wat skrywers tradisioneel as prosa neergepen het.
Met vooruitgang en spesialisering wat nuwe wetenskaplike navorsing minder toeganklik gemaak het vir die meeste toeskouers, het die “literere” wese van wetenskaplike skryfwerk deur die laaste twee eeue minder beslissend geraak. Deesdae verskyn wetenskap meestal in joernale. Wetenskaplike werke van
Aristoteles
,
Copernicus
en
Newton
besit nog steeds groot waarde, maar omdat die wetenskap daarin verouderd is, dien dit nie meer as wetenskaplike leerstof nie. Tog bly dit te tegnies om gemaklik in te pas by meeste letterkundige studieprogramme. Buite “wetenskapsgeskiedenis”programme lees studente nie sommer sulke werke nie.
Filosofie het ook toenemend 'n akademiese vakgebied geword. Meer van die rigting se beoefenaars betreur egter die feit as in die geval van die wetenskappe; nieteenstaande verskyn meeste nuwe filosofiese werke in akademiese joernale. Vername filosowe deur die eeue ?
Plato
,
Aristoteles
,
Sokrates
,
Augustinus
,
Descartes
,
Kierkegaard
,
Nietzsche
? het net so kanonies geraak soos enige skrywer. Sekere onlangse filosofiese werke word argumentsonthalwe beskou as “letterkunde”, soos sommige van Simon Blackburn se werk, maar meeste daarvan nie, en sekere rigtings soos logika het uiters tegnies geraak tot 'n mate gelyk aan
wiskunde
.
'n Groot hoeveelheid geskiedskrywing tel as letterkunde, veral die genre bekend as kreatiewe nie-fiksie, so ook 'n groot deel van joernalistiek, soos literere joernalistiek. Die gebiede het egter geweldig groot geraak en het merendeels primer 'n prakties nuttige doel: om data vas te vang of vars inligting oor te dra. As resultaat hiervan skiet die skryfwerk in die velde dikwels tekort aan literere kwaliteit, hoewel dit dikwels in sy beter gedaante die nodige kwaliteit besit. Grootse “literere” historici sluit in
Herodotus
,
Thukydides
en Procopius, wat almal as kanoniese literere figure gereken word.
Die
reg
le 'n minder duidelike saak voor. Sekere van
Plato
en
Aristoteles
se skryfwerk, die wettablette van
Hammurabi
van
Babilon
, of selfs die ouer dele van die
Bybel
kan as regsliteratuur beskou word. Romeinse reg soos gekodifiseer in die
Corpus Juris Civilis
onder heerskappy van
Justinianus I
van die
Bisantynse ryk
besit 'n reputasie as gewigtige literatuur. Die stigtingsdokumente van verskeie lande, insluitend
Grondwette
en wetboeke kan as letterkunde gereken word; meeste geregtelike skryfwerk dra egter selde enige literere meriete aangesien dit neig tot onnodige omslagtigheid.
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Drama
en
Toneelstuk
.
'n
Toneelstuk
of
drama
bied nog 'n klassieke literere vorm wat voortgegaan het om deur die eeue te ontwikkel. Dit bestaan gewoonlik uit
dialoog
tussen
Karakter (kunste)karakters
, en is merendeels gemik op dramatiese/teatrale vertoning (sien
teater
) eerder as op leeswerk. Gedurende die 18de en 19de eeu het
opera
ontwikkel as 'n kombinasie tussen poesie, drama en
musiek
. Meeste drama het tot relatief onlangs vers as formaat gebruik.
Romeo en Juliet
is 'n voorbeeld van klassieke romantiese drama wat algemeen as literatuur beskou word.
Griekse drama
dien as voorbeeld vir die vroegste vorme daarvan en waaroor ons vandag beduidende kennis besit.
Tragedie
het as
genre
van drama ontwikkel as 'n toneelstuk wat geassosieer word met
religieuse
en publieke
feeste
, en tipies ontwikkel het uit bekende
historiese
of
mitologiese
temas. Tragedies het gewoonlik baie ernstige temas verteenwoordig. Met die koms van nuwer tegnologie is manuskripte geskryf vir nie-teater media, tot die kunsvorm bygevoeg. War of the Worlds (radio) in 1938, word beskou as die begin van die radiodrama en verskeie dramas is al verwerk vir rolprente en televisie. Omgekeerd is televisie, rolprent en radio-literatuur ook al verwerk vir gedrukte of elektroniese media.
Die term mondelinge letterkunde verwys nie na geskrewe nie maar mondelinge tradisies, wat verskillende soorte
epiek
,
poesie
,
drama
,
folklore
en
ballades
insluit. Die gebruik van hierdie
oksimoron
is egter kontroversieel en word nie algemeen deur de akademie aanvaar nie. Sommiges vermy die
etimologiese vraagstuk
deur na "
mondelinge verhalende tradisie
", "mondelinge heilige tradisie" of "mondelinge poesie" te verwys of direk na epiek of poesie (terme wat nie noodwendig skryfkuns insluit nie). Ander verkies weer om neologismes soos "oratuur" te skep.
- Elektroniese literatuur, 'n genre wat bestaan uit werke met die digitale omgewing as oorsprong
- Rolprente
, video’s en uitgesaaide
strooisages
(sepies) het 'n nis oopgekerf wat dikwels kan vergelyk met funksionaliteit van prosa-fiksie.
- Grafiese romans
en strokiesprentboeke verteenwoordig verhale oorgedra deur 'n kombinasie van opeenvolgende kunswerk, dialoog en teks.
Literere genre
is 'n metode vir die kategorisering van letterkunde. Die term se oorsprong is Frans, en dui op 'n voorgestelde tipe of klas.
[15]
Sulke klasse is egter oorgelewer aan verandering, en is al op verskillende maniere gebruik in ander tye tradisies.
Die hoofartikels vir hierdie afdeling is:
Literere tegniek
en
Literere middel
.
'n
Literere tegniek
of
literere middel
kan deur skrywers gebruik word om die geskrewe raamwerk van 'n literere stuk te verbeter, en spesifieke effekte te skep. Dit omarm 'n wye reeks van benaderings tot die komposisie van 'n werk: of dit in die
eerste persoon
of vanuit 'n ander perspektief vertel word, om tradisionele liniere of nie-lineere narratief te gebruik, of die keuse van literere genre, is alles voorbeelde van literere tegniek. Die tegniek kan aan die leser toon dat daar 'n bekende struktuur en voorstelling tot 'n werk is, soos 'n konvensionele
moordraaisel-roman
; of, die skrywer kan kies om te eksperimenteer met die tegnieke om die leser te verras.
Volgens die metode kan die gebruik van 'n tegniek lei tot die ontwikkeling van 'n nuwe genre, soos in die geval van een van die eerste moderne romans,
Pamela
deur
Samuel Richardson
.
Pamela
is geskryf as 'n versameling van briewekorrespondensie, genoem "brieftegniek"; die tegniek te gebruik het Pamela die tradisie rondom die
briefroman
versterk, 'n genre wat toe reeds al vir 'n tyd gebruik is maar sonder dieselfde toejuiging.
Literere tegniek word van
literere middel
onderskei, nes
militere strategie
onderskei word van
militere taktiek
. Middele is spesifieke konstruksies binne die narratief wat dit effektief maak. Voorbeelde sluit in
vergelyking
, woorduitlating of
ellips
, narratiewe
motiewe
en sinnebeeld of
allegorie
. Selfs 'n eenvoudige
woordspeling
kan as 'n literere middel dien. Die vertelperspektief kan as literere middel oorweeg word, soos met die gebruik van die
gedagtestroom
-narratief.
Literere kritiek impliseer 'n beoordeling en evaluasie van 'n letterkundestuk, en in sommige gevalle word dit gebruik om die onvoltooide werk of klassieke stuk te verbeter, soos 'n deurlopende teaterproduksie. Literere redakteure kan 'n soortgelyke rol vervul vir die skrywers saam met wie hulle werk. Daar is vele soorte letterkundige kritiek en elke soort kan aangewend word om 'n stuk op 'n verskillende manier, of om 'n ander aspek daarvan, te beoordeel.
Lyste
Verwante onderwerpe
- ↑
Odendaal, F.F.
; Gouws, R.H., eds. (2009),
Handwoordeboek van die Afrikaanse taal
, Pinelands: Pearson,
ISBN
978-1-77025-665-1
- ↑
Botha, W.F.(Dr), ed. (2009),
Woordeboek van die Afrikaanse Taal
, Stellenbosch: Buro van die WAT, archived from
the original
on 28 Augustus 2013
,
https://web.archive.org/web/20130828174708/http://www.woordeboek.co.za/
, besoek op 28 Oktober 2013
- ↑
Van Gorp, H.; Ghesquiere, R. (1998),
Lexicon van literaire termen
, Groningen: Martinus Nijhoff,
ISBN
ISBN 9789001704957
- ↑
[[[:nl:Nederlandse literatuur]]
Nederlandse literatuur
]
,
nl:Nederlandse literatuur
, besoek op 23 Oktober 2013
- ↑
A Hyatt Mayor (1971),
Prints and People
, Princeton: Metropolitan Museum of Art,
ISBN
0-691-00326-2
- ↑
Flood 1996
, p. 37
- ↑
K.J.Dover, ed. (1970),
Aristophanes: Clouds
, Oxford University Press, pp. Intro. page X
- ↑
"Book Use Book Theory: 1500?1700: Commonplace Thinking"
(in Engels). Lib.uchicago.edu.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2017
. Besoek op
10 Augustus
2013
.
- ↑
Glenn, Cheryl (2005), "Chapter 7: Cause and Effect", in Denise B. Wydra, et al. Second ed.,
Making Sense: A Real World Rhetorical Reader
, Boston, MA: Bedford/St. Martin's
- ↑
Glenn, Cheryl (2005), "Chapter 6: Comparison and Contrast", in Denise B. Wydra, et al. Second ed.,
Making Sense: A Real World Rhetorical Reader
, Boston, MA: Bedford/St. Martin's
- ↑
Glenn, Cheryl (2005), "Chapter 2: Description", in Denise B. Wydra, et al. Second ed.,
Making Sense: A Real World Rhetorical Reader
, Boston, MA: Bedford/St. Martin's
- ↑
Fadiman, Anne
.
At Large and At Small: Familiar Essays
. pp. x?xi.
- ↑
History Essay Format & Thesis Statement
, Februarie 2010
- ↑
Glenn, Cheryl (2005), "Chapter 3: Narration", in Denise B. Wydra, et al. Second ed.,
Making Sense: A Real World Rhetorical Reader
, Boston, MA: Bedford/St. Martin's
- ↑
M. H. Abrams (1999),
Glossary of Literary Terms
, New York: Harcourt, pp. 108
- Rene Wellek
:
Literature and its Cognates
. In:
Dictionary of the History of Ideas. Studies of Selected Pivotal Ideas
. Band 3, ed. Philip P. Wiener, New York 1973, S. 81?89.
- Rene Wellek, Austin Warren:
Theorie der Literatur.
Athenaum Fischer Taschenbuch Verlag, Frankfurt am Main 1972,
ISBN 3-8072-2005-4
.
- Paul Hernadi:
What Is Literature?
London 1978,
ISBN 0-253-36505-8
Sammelband zum Begriff Literatur ? enthalt unter anderem von Rene Wellek: ?What Is Literature?“
- Helmut Arntzen:
Der Literaturbegriff. Geschichte, Komplementarbegriffe, Intention. Eine Einfuhrung.
Aschendorff, Munster 1984,
ISBN 3-402-03596-0
Kontrastiert verschiedene Literaturbegriffe miteinander, die samt und sonders als Begriffe des in unseren Augen literarischen Materials gewonnen werden.
- Wolf-Dieter Lange:
Form und Bewusstsein. Zu Genese und Wandlung des literarischen Ausdrucks
. In:
Meyers kleines Lexikon Literatur
. Mannheim 1986.
Ist ein typischer Aufsatz zum Thema ? Lange stellt Titel, die ihm Literatur sind zusammen und erkennt, dass Literatur schon immer besonders ausdrucksstark war (und darum, so seine Mutmaßung, auf den Schrei der ersten Menschen zuruckgehe).
- Gisela Smolka-Koerdt, Peter M Spangenberg, Dagmar Tillmann-Bartylla (Hrsg.):
Der Ursprung von Literatur. Medien, Rollen, Kommunikationssituationen 1450?1650
Wilhelm Fink, Munchen 1988,
ISBN 3-7705-2461-6
Sammlung von Aufsatzen zu in unseren Augen literarischen Genres am Beginn der fruhen Neuzeit.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Literature
.
|