in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
kortverhaal
is nie soos sy naam aandui, bloot 'n korter
verhaal
nie; dit is 'n
prosawerk
met 'n besonder strak bou. In die kortverhaal gaan dit nie soseer om die gebeure nie; dit gaan om
karakteronthulling
, om die
openbaring
van 'n bepaalde aspek van die menslike bestaan. Die
hoofkarakter
word gewoonlik op 'n bepaalde oomblik in sy
lewe
getoon, waarop hy tot 'n dieper insig in die lewe kom. Die kortverhaal is
dramaties
eerder as epies.
In terme van lengte, is die
woordtelling
tipies tussen 1 000 en 4 000 vir kortverhale; sommige het egter 15 000 woorde en word steeds as kortverhale geklassifiseer. Verhale met minder as 1 000 woorde word soms na verwys as "kort-kortverhale", of "
blitsfiksie
".
[1]