in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Heldedig van Gilgamesj
is ’n epiese gedig uit antieke
Mesopotamie
. Dit dateer uit die
Derde Dinastie van Ur
(omstreeks
2100 v.C.
) en word dikwels beskou as die eerste groot letterkundige werk.
[1]
Die letterkundegeskiedenis van
Gilgamesj
begin met vyf
Sumeriese
gedigte oor "Bilgamesj" (die Sumeries vir Gilgamesj), die koning van
Uruk
. Die onafhanklike stories is later saamgevoeg as een heldedig. Die eerste weergawe wat behoue gebly het, bekend as die "Oud-Babiloniese weergawe", dateer van die
18de eeu v.C.
. Net ’n paar kleitablette daarvan bestaan nog. Die latere "standaardweergawe" dateer van die
13de
tot
10de eeu v.C.
Sowat twee derdes van die langer weergawe (12 tablette) is al ontdek: van die beste eksemplare in die ruines van die
Biblioteek van Assurbanipal
uit die
7de eeu v.C.
Die eerste helfte van die heldedig bespreek Gilgamesj, die koning van Uruk, en
Enkidu
, ’n wilde man wat deur die gode geskep is om Gilgamesj se verdrukking van die mense van Uruk stop te sit. Na ’n aanvanklike stoeigeveg raak Gilgamesj en Enkidu groot vriende. Saam reis hulle na Berg Cedar en verslaan Humbaba, sy monsteragtige bewaker. Later maak hulle die Bul van die Hemel dood wat die godin
Isjtar
stuur om Gilgamesj te straf omdat hy haar toenaderings verwerp het. As straf vir die dade veroordeel die gode Enkidu ter dood.
In die tweede helfte van die heldedig onderneem Gilgamesj, wat treur oor die dood van Enkidu, ’n lang en gevaarlike reis om die geheim van die ewige lewe te ontdek. Hy leer eindelik: "Die lewe, waarvoor jy soek, sal jy nooit vind nie. Want toe die gode die mens geskape het, het hulle die dood deel van hom gemaak, en die lewe in hul eie hande weerhou."
[2]
[3]
Danksy sy groot bouprojekte, sy weergawe van ’n wyse man se advies en wat ’n onsterflike man vir hom vertel het oor die
Groot Vloed
, oorleef Gilgamesj se roem egter sy dood.
- ↑
Keys, David (16 November 1998).
"First lines of oldest epic poem found"
.
The Independent
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 30 Desember 2019
. Besoek op
20 Augustus
2014
.
- ↑
James Thrower "The Alternative Tradition: A Study of Unbelief in the Ancient World" 1980, Mouton Publishers, Den Haag, Nederland
- ↑
Jacobsen, T. (1949) Mesopotamia: The Good Life.
Before Philosophy; :The Intellectual Adventure of Ancient Man" by Frankfort, Wilson and Jacobsen, Penguin Books, Baltimore, Maryland
, hoofst. VII, bl. 226. URL besoek op 2013-09-11