한국   대만   중국   일본 
Laayoune - Wikipedia Gaan na inhoud

Laayoune

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Laayoune

??????
?????
El Aaiun
Vlag van Laâyoune
Vlag
Laâyoune is in Wes-Sahara
Laâyoune
Laayoune
Koordinate: 27°9′13″N 13°12′12″W  /  27.15361°N 13.20333°W  / 27.15361; -13.20333 Koordinate : 27°9′13″N 13°12′12″W  /  27.15361°N 13.20333°W  / 27.15361; -13.20333
Omstrede gebied Wes-Sahara
Opgeeis deur Vlag van Marokko  Marokko
Vlag van Arabiese Demokratiese Republiek Sahara  Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
Gekontroleer deur Vlag van Marokko  Marokko
Streek Laayoune-Sakia El Hamra
Provinsie Laayoune
Gevestig 1934
Gestig 1938 [1]
Oppervlak
 ? Totaal 21 km 2 (8 vk. myl)
Bevolking
 ? Totaal 217 732
Tydsone UTC+01:00 (MET)

Laayoune of El Aaiun ( Arabies : ?????, La?y?n ?; Spaans : El Aaiun ; Frans : Laayoune ; Berbers : ?????, Le?yun ; letterlik "die fonteine") is die de jure hoofstad en grootste stad van Wes-Sahara , 'n omstrede gebied in Noord-Afrika wat deur Marokko beset en die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara opgeeis word. Die stad het in 2014 'n bevolking van 217 732 gehad en is in die noordweste van die gebied net oos van die Atlantiese Oseaan gelee. Laayoune is in 1934 gevestig en in 1938 amptelik gestig. Dit het vanaf 1940 as hoofstad van die kolonie Spaans-Wes-Afrika gedien.

Laayoune is weerskante van die droe rivier Saguia el Hamra gelee. In die suidelike gedeelte is die ouer stadsdeel gelee, opgerig deur Spaanse koloniste. 'n Katedraal uit die tydperk word nog steeds gebruik; sy priesters bedien hierdie stad en Dakhla verder suid. Die meerderheid van die bevolking bestaan uit Sahrawis .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Francisco Lopez Barrios (23 Januarie 2005). "El Lawrence de Arabia Espanol" (in Spaans). El Mundo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2019 . Besoek op 11 Februarie 2013 .
  2. "POPULATION LEGALE DES REGIONS, PROVINCES, PREFECTURES, MUNICIPALITES, ARRONDISSEMENTS ET COMMUNES DU ROYAUME D'APRES LES RESULTATS DU RGPH 2014" (in Arabies). High Commission for Planning, Morocco. 8 April 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 . Besoek op 29 September 2017 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]